Olga Leonard

Olga word groot op die plaas Kristalkop naby Kroonstad in die Vrystaat. Sy begin op vyfjarige ouderdom met klavierlesse by haar ouma, Olga Rademan. Sy matrikuleer aan die Afrikaanse Hoër Meisieskool in Pretoria en studeer BMus  aan die Universiteit van Pretoria. Olga voltooi haar MMus (Uitvoerende Kuns) aan die Universiteit van Pretoria in 2013. Olga is die stigter en mede-direkteur van BO Produksies. BO Produksies vervaardig musiek- en poësieproduksies soos KROG, ’n Eeu van Eybers, 60 Love: op Reis met Joan Hambidge, Totius: die rus is elders, God die digter en Skynskadu. Tydens Aardklop 2018 word KROG bekroon as die beste musiekgedrewe produksie. Olga werk as vryskutmusikant in Kaapstad.

Toyota Stellenbosch Woordfees 2024: Hoe het dit skielik laat geword? – 'n onderhoud

Naomi Meyer, Olga Leonard Toyota Stellenbosch Woordfees 2024-09-09

Olga Leonard praat met Naomi Meyer oor die woordkunsproduksie, Hoe het dit skielik laat geword? by die Toyota Stellenbosch Woordfees vanjaar: "Die temas wat voorkom in Olga Kirsch se werk is vandag nog relevant. Sy skryf breed oor geloof, liefde en om ’n buitestander te wees."

LitNet | STAND-teaterresensieslypskool: Olga Leonard se resensie van The promise (finale weergawe)

Olga Leonard Slypskole 2024-02-08

"Die neteligheid van leë beloftes skuif soos ’n wolk oor die gehoor en dié bedryf herinner aan die doellose deurmekaarspul waarin die reënboognasie tans verkeer." | Hierdie resensie is deur die deelnemer hersien en geskaaf. Dit is die finale weergawe van hierdie resensie, wat deel vorm van die LitNet | STAND-teaterresensieslypskool.

LitNet | STAND: Teaterresensie van The promise (weergawe 2)

Olga Leonard Slypskole 2023-11-21

"Die neteligheid van leë beloftes skuif soos ’n wolk oor die gehoor en dié bedryf herinner aan die doellose deurmekaarspul waarin die reënboognasie tans verkeer." | Hierdie resensie is deur die deelnemer hersien en geskaaf. Dit is die tweede weergawe van hierdie resensie, wat deel vorm van die LitNet | STAND-teaterresensieslypskool.

LitNet | STAND: Teaterresensie van The promise (weergawe 1)

Olga Leonard Slypskole 2023-10-25

"Salome se swye word byna die hardste stem op die verhoog. In haar alomteenwoordigheid lê die konstante herinnering van gebroke beloftes." Hierdie resensie vorm deel van die LitNet | STAND-teaterresensieslypskool.

Vrouedag-skryfkompetisie: moederaarde

Olga Leonard Skryfkompetisies 2019-08-18

LitNet se Vrouedag-kompetisie – Gedig deur Olga Leonard:

"haar weeklaag syfer deur aardkorse
swaar trosse belofte bot groen"

Top