Skryfwerk
Lees oorspronklike kortverhale, gedigte, lirieke en essays hier. Stuur jou voorlegging na skryfwerk@litnet.co.za.
Slegs oorspronklike skryfwerk, wat nog nie voorheen in druk of op enige sosiale media platform verskyn het nie, sal oorweeg word.
LitNet aanvaar slegs ’n skrywer se oorspronklike, ongepubliseerde werk (insluitend sosiale media) vir publikasie. Wanneer jy jou skryfwerk aan LitNet voorlê, verseker jy LitNet dat die gedig/kortverhaal jou eie, oorspronklike werk is.
...
Read original short stories, poetry, lyrics and essays here. Submissions can be sent to skryfwerk@litnet.co.za.
Only original writing, which has not been published in print or on any social media platforms, will be considered.
LitNet only accepts an author’s original, unpublished work (including social media) for publication. When you submit your writing, you confirm to LitNet that it’s your own, original work.
Stellenbosch Poësiekring met Lina Spies
2019-07-04Op 5 Augustus word 'n feesvergadering gehou waartydens Lina Spies die spreker sal wees met die tema "Vroue in die Afrikaanse poësie met klem op Kirsch en Rousseau".
BSV-wennners 2019 bekend
2019-07-03Lees hier wie die wenners van die nasionale skryfwedstryd van Die Bloemfonteinse Skrywersvereniging is.
Imbongi: die skeepsklok van die SS Mendi
2019-07-03"Jy moes die nag,
toe seshonderd karosse na die seebodem gly,
vir oulaas die wagskof lui"
Die wit koppie
2019-07-03"Soos sy as kind met suikerklontjies gemaak het, haal sy handjie vol na handjie vol pille op ’n slag uit die kardoesie en sluk dit weg met water. Sit die koppie versigtig neer op die bedkassie. Klap haar hande: sy’t onthou! Die tafel is van rooshout."
Die Groot Garibaldi
2019-06-21"Shortie los sy voet en spring op sy rug. Die lug ontplof uit sy longe en deur sy bibberende lippe en hy krul ineen. Die man is mal. Dit was al die tyd ’n lokval van ’n psigopaat, flits dit deur sy brein."
Klein Klaas en Groot Klaas: ’n Sprokiesvehaal deu Hans Christian Andersen, deel 2
2019-06-20"Ommat Klein Klaas gestap het, het hy ʼn baie lang pad gehad wat hy moes geloep het. Hy’t toe besluit ommie kotpad deurie dik en donke woud te vat. Dit het toe iewe skielik had beginte rient, en hy’t vedwaal innie woud."
Josua 1
2019-06-19"Hou die Boek mettie Wette vi altyd op jou lippe, en meditate oppit dag en nag, soerat djy alles sal onthou ennit net soe sal doen."
’n Dosent wat die digkuns in die sneeuvlokkie raaksien: Dewald Koen deel sy studente se poësieplakkate
2019-06-13Dewald Koen, betrokke by die Fakulteit Opvoedkunde aan die Nelson Mandela Universiteit in Port Elizabeth (by die afdeling Aanvangsonderwysopleiding), se passie is Afrikaanse letterkunde en poësie. Hy het onlangs vir sy eerstejaarsklas gevra om plakkate van Afrikaanse digters en hul werk te maak.
LitNet is #opdielug!
2019-06-12LitNet is #opdielug! Kom luister saam: Robyn van de Rhede en Menán van Heerden voer onderhoude met mense wat passievol is oor hul taal. Net op Radio 786. Eerste aan die woord: Universiteit Kaapstad-student Riyaadh Lawrence.
Klein Klaas en Groot Klaas: ’n Sprokiesvehaal deu Hans Christian Andersen
2019-06-05"Klein Klaas het soe goed gevoel, en gedink maa hoe kwaai hy nie moet lyk om met vyf pêre sy veld te ploegie."
1 Johannes 1
2019-06-04"Nou die boodskap wat ôs van sy Seen af gehoorit, is dat God issie lig, en daa issie ees ʼn klein kolletjie donkete in hommie."
1 Johannes 2
2019-05-29"Die wêreld en alles wat oppit is, wattie mense soe na velang, gat vegaan, maa hulle wattie wil van God doen, liewe vi’ iewig."
Twee gedigte deur Deon Swanepoel
2019-05-27"my oë sien slegs lyne
in helder swart
en stukkies ligte blou."
kantoorpolitiek
2019-05-27"tussen mure van sekondes
word ons podium ʼn skavot
en greintjies rede uitgepars"
#politieklimeriek – Marieta McGrath is die wenner!
2019-05-07#politieklimeriek – Meer as 400 limerieke en 10 weke later, en ons het ’n wenner! Marieta McGrath is deur ons beoordelaars aangewys as algehele wenner van LitNet se #politieklimeriek-kompetisie.
Monumentaal
2019-05-06"En sonder hamer, sonder beitel
vind sy die krake tussen klip;
sy laat haar woorde en haar weelde
na nuwe wêrelde ontglip."
Bloed
2019-05-06"Suster Ana vind dit moeilik om met haar seer heup naby hom te kom. Sy word deur die groep uitgestoot tot sy uiteindelik aan die buitekring staan, met die biskop in die middel. Sy deel nie in die gejubel van die lidmate nie. Haar gesig is strak."
Dis stemtyd: Julio Agrella skryf ʼn sakvol politieke limerieke
2019-05-06"As jy steeds wonder hoe om te stem
Daar is ʼn formule wat jy moet tem
.25 persent van die totaal
sal jou ʼn sitplekkie behaal
minder as dit en jy is gerem"
