Vrouedag-skryfkompetisie – Vir Madelie: Dominus cum spiritu tuo

  • 2

Spreek ’n profetiese seën oor jou kind,
sodat deur die lewe se mineur
sy tog vrede sal bly vind:

Sy is bestel as overteur
van ’n Oktober-lentegroei,
want ek kon dit self uitkies
en haar die mooiste maand so bied –
die een van oraloor viooltjies
(blomme, oë en orkes)
én die skoonste lied.

Nooit was my verwagting
sy sou oorloop van musiek,
om daardie toonsetting
soos ’n kokkewiet te sing
én met mate vol talent
een na die ander instrument
meesterlik te speel.
Sy’s geseën om ook ’n koor
tot jubelato aan te voor
as passievolle dirigent,
maar veral wil sy haar gawes
toegewyd begeesterd
met steroog-leerders deel.

Sy is gedoop Madelie Charlotte
(’n bietjie van haar ma
en die voorgeslag),
maar nie Madeleine,
soos haar ouma –
dit het nie gepas.
Sy’s wel ’n toring van God, ja,
vir ander ’n toevlug en ’n lig,
maar sagter en fyner,
soos baie sê, Madeliefie,
blommetjie, Deo Gratias!

Laudamus te!

Glorificamus te!

  • 2

Kommentaar

  • Charleine Olivier (Collins)

    Baie dankie, Loretta. Ek waardeer jou en jou saamlees! Ja, as die enigste een van drie kinders wat normaal gebore is en oorleef het, is sy beslis n wonderwerk en groot genade.

  • Reageer

    Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


     

    Top