Charleine Collins

Charleine is in Bellville gebore, het deur die platteland rondgetrek en uiteindelik die grootste deel van haar skoolloopbaan in Graaff-Reinet voltooi. Daarna het sy aan UPE, Unisa en NMU studeer (tale, vertaling en biblioteek- en inligtingkunde) en in ’n wye verskeidenheid biblioteke gewerk. In 2017 behaal sy ’n MA Mediastudiesgraad (navorsing) aan NMU. Charleine skryf en dig graag, ook as aktivis teen mishandeling en diskriminasie. Verskeie van haar gedigte is reeds in kompetisie- en versamelbundels opgeneem, oa deur die ATKV, LAPA, Pendoringdigters en Kreativ SA. Haar ander groot liefdes sluit haar dogter, haar katte en hartsvriende, musiek, die kunste en skeppende werk in. Sy woon tans in Port Elizabeth.

Kode

Charleine Collins Poësie 2020-02-25

"om diep te sien,
nie bloot te raai"

Sy dans

Charleine Collins Poësie 2020-01-08

“die smeltkroes van die aardse kruik
het haar broos en teer en skoon verfyn”

NSRI

Charleine Collins Poësie 2020-01-08

“met borrels in my neus en mond,
tussen monsters van die see”

Hoop is nie skryfbestand* nie

Charleine Collins Poësie 2019-11-21

“Maar dis so maklik
om te los en misluk,
uit te vee, te wis”

Vrouedag-skryfkompetisie – Vir Madelie: Dominus cum spiritu tuo

Charleine Collins Skryfkompetisies 2019-08-25

LitNet se Vrouedag-kompetisie – Gedig deur Charleine Collins:

"Spreek ’n profetiese seën oor jou kind,
sodat deur die lewe se mineur
sy tog vrede sal bly vind"

Top