Kode

  • 2

Die woorde van die regste
egste ek
spruit
nog net in font
en op papiere uit.

As jy wil hoor
hoe kom dit deur my mond
(al die binne-in kompleks)
sal jy my oë se konveks
keerom moet draai
om diep te sien,
nie bloot te raai.

Dan kan jy dalk
die sleutel speur
wat hierdie lippe
se pronte uiter,
haar pruttel
ontsluit.

Lees ook

Hoop is nie skryfbestand* nie

Sy dans

  • 2

Kommentaar

  • Reageer

    Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


     

    Top