Sy dans

  • 3

Die dekseltjie lig stadig, tergend
en wys skelmpies, asemrowend,
die tintelende geheimenis
van waar die fynste engel-feëtjie
skuil as sy weg van die wêreld is.

Die plaatjies begin een-een pluk
aan tandjies van die orreltjie
en saam met die wyer oop
neem Für Elise soos ’n klokkie,
kristalklank, sy oorbekende loop.

Die kleinste, kleinste dansertjie
van goudfineer draai en draai
en swaai in ’n spinnedraadrokkie,
’n vergulde blommetjie wat fraai
skitterliggies uitflits soos die son.

Tower veredelde vlerkies
van eg verweefde filigraan
flonker ragfyn in die lig,
in die vervoering in haar oë –
die wonder op my kindjie se gesig.

Goud deur vuur geraffineer en rein,
is so louter soos háár hart se lied,
die smeltkroes van die aardse kruik
het haar broos en teer en skoon verfyn,
ook meesterlik, ’n kunswerk, suiwer op musiek.

Lees ook

NSRI

Hoop is nie skryfbestand* nie

  • 3

Kommentaar

  • Reageer

    Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


     

    Top