NSRI

  • 13

Ek het gedog jy was my reddingsboei,
of my rubber duck,
maar jy’t gesê ek moes bly stoei,
ek sien verkeerd –
die water is vlak:

Ek moes in die arms van die stingray bly,
stekie vir stekie
se stadige dood bly ly,
myself en wie verkul,
want al is sy aard ook hoe,
kan die pyle in sy stert terugkrul.

En kognitief versteurd
het ek bly droom
ek sou uiteindelik
soos in ’n sprokie
van my kinderdae
op ’n dolfyn kon ry,

maar ek bly spartel

hidrofobies,
met borrels in my neus en mond,
tussen monsters van die see
en vrot vis rond.

Lees ook

Hoop is nie skryfbestand* nie

  • 13

Kommentaar

  • Ek moet sê, die gehalte van plasings hier het heelwat agteruit gegaan. Dit doen bietjie afbreuk aan LitNet in geheel. Kyk asb daarna.

  • Nicolaas, ek is nie heeltemal seker of dit toepaslik is om 'n aanmerking oor die gehalte van plasings in die algemeen onder een skrywer se werk te plaas nie. Ook glo ek nie dat hierdie 'n forum is vir afbrekende kritiek nie maar wel vir opbouende kritiek. Verder glo ek nie dat jou versoek aan LitNet noodwendig raakgesien gaan word deur dit hier te plaas nie - miskien liewer die nuwe skryfwerk afdeling direk kontak?

  • Jammer, Nicolaas, ek sien nou eers jou kommentaar. Ek is werklik jammer dat my gedig nie aan jou standaarde voldoen nie.

  • Mariska, ek is jammer dat my gedig nou die gehalte van die hele forum afgetrek het. Ek sal myself nou hier onttrek en plek maak vir beter digters.

  • Totaal onnodig. Vir Nicolaas: "Die beste stuurlui staan aan wal: - dis maklik om ander te kritiseer as jy nie in hul posisie is nie."

  • Henning Janse van Vuuren

    Kritiek, negatief of positief, is waardevoller as redes verskaf word. Anders hang daar maklik die geurtjie van moedswilligheid, afguns of onnoselheid in die lug, maar selfs daarvoor moet die skrywer bereid wees om die krokodilvelbaadjie aan te trek.

    Hier is drie gedugte digters se werk. Een stukkie poësie geval my, die ander twee is na my menig half krêp. Vervelig en gewoon. Gaap. Maar dis my smaak. Ek verkies die Breyten.

    https://www.litnet.co.za/lees-nuwe-gedigte-van-breyten-breytenbach-joan-hambidge-en-dominique-botha/

  • Ek weet wie Nicolaas is en ek weet hoekom hy my aspris wou bykom en my "digkuns" wou aftakel. Dis reg so, Eduan.
    Ek het genoeg bewyse dat my gedigte darem nie so erg vrot is nie - al is dit nou nie Breyten (van 'n vorige era) se gelyke nie, FC. Elkeen is geregtig op sy smaak en opinie, solank dit darem eg is en nie van 'n fake profile af kom nie.

  • Reageer

    Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


     

    Top