Vrouedag-skryfkompetisie: Ma

  • 0
 
Grof is haar hande
Van baie gewerk
Heeldag in water
Jik is maar sterk 
 
Bruin die ou voete
Gebars by die hak
Geen geld vir goeie skoene
Die kind moet eers vol
Word by krip en bak
 
Krom is haar rug
Die wasgoed is swaar
Die vensters is vuil
Die vloer moet nog klaar
 
Kinders nou groot
Ma is al dood
Haar gesig het vervaag
Haar omgee, haar liefde
Hulle maatstaf
  • 0

Reageer

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


 

Top