Die rooi tekkies
2022-05-25"Elisa laat sak die mes en vee ’n straaltjie sweet langs haar neus met haar voorskoot se soom af. Sy is in elk geval te swak om te baklei. Die mens voor haar kon haar al lankal oorrompel het as hy wou. Hy lyk soos die branderplankryers wat gereeld hier verby haar huisie stap strand toe, verbleikte stuk hout onder een arm vasgeklem. Onskadelik."
As die klipdagga blom
2020-07-22"Dalk moet ek die plant tog droog en vir haar tee daarvan trek, dink hy. Sy kan haar dan verbeel sy reis deur Jamaika of een of ander eksotiese eiland."
Toyota US Woordfeesbundel 2020: ’n onderhoud met Hendie Grobbelaar
2020-02-11"Die tema van my verhaal, 'Moltrein', is bendegeweld en die impak daarvan op gesinne en veral jong kinders."
Vrouedag-skryfkompetisie: Ma
2019-08-25LitNet se Vrouedag-kompetisie – Gedig deur Hendie Grobbelaar:
"Bruin die ou voete
Gebars by die hak
Geen geld vir goeie skoene"
NouNet-mening: Beteken bo vyftig dat jy breindood is?
2019-08-23"Ons kan die internet 'surf' dat jou kop draai ... Ons reis alleen oorsee, ons klim Kilimandjaro en ons gaan stap die Camino ... Ons kan somme maak sonder ’n sakrekenaar of daai toepassinkie op jou slimfoon. Ons kan spel, ons kan ordentlik oor ’n telefoon praat ... Ons kan ’n debat voer in ’n raadsaal sonder om elke vyf minute op ’n selfoon te kyk."
Munesu
2019-03-06"Die slaappilletjie hou sy terug vir wanneer sy veilig in haar sitplek is, want daai ene klop haar vinnig uit. Gewoonlik wag sy net tot na aandete voordat sy hom drink en na ʼn vinnige draai in die piepklein badkamertjie is sy reg vir ʼn rustige nag waar sy droom van Barnie en saam met hom hand aan hand stap deur katedrale, markpleine, langs wilde rooi papawers en kobaltblou oseane."
Jonathan
2017-10-16"Nou, meer as ooit, het sy hierdie lysie-gewoonte van haar broodnodig. Dit help dat sy al die nodige aktiwiteite moet onthou vir die afhandel van Theuns se lewe en sommer om haar te help fokus sodat sy nie in ’n bondeltjie verdriet verval nie."