
Foto: Canva
Dowwe kiekies
op taai karton
voosgevatte sellofaan
verbleikte madeliefies
aan die buitekant
Hier is Jan
die bot soldaat
dood
gevries
op negentien
en
ʼn
half
Daar ’n bruid
in wit en pers
en smart
hand op buik
waar lewe
klop
en
klop
Twee seuns
’n hond
’n rugbybal
een kyk weg
verwonderd
na waar die
blomrangskikking
staan
En hierdie kind
Wie is sy?
Verlange om die
oumens-oë
diep kyk sy
dieper,
wyser nog
as nou
waar sy
hier in die spieël kom
staan

