Vrouedag-skryfkompetisie: Aan AnoNins

  • 0

Ek wonder soms hoe dit met jou gaan
En of jy weet wat my hart ervaar wanneer jy nie by my is nie
en my gedagtes hulle pad na jou gesiggie toe baan

Ek wens ek kon vir jou my hart uit my bors haal
Vir jou wys as hy opswel en wegkwyn sommer op dieselfde tyd
van verlange en opgewondenheid

Ek wonder soms hoe dit met jou gaan
Want die lewe het jou met ’n paar ompaaie verlei
Staan en gaan, herwaarts derwaarts
Leed en pyn, alhokol en self vir ’n rukkie cocaine

Ek wonder soms hoe dit met jou gaan
En die toekoms wat in jou oë skuil
Want hierdie toekoms is vir ’n baie hoë prys geruil
Van tweegemoedstryd en onskuld roof
Die verkleinering van die jeug en die mislukking van geloof

Maar elke keer het jy gewen
Deurgedruk en sterker geword
Jou eie menswees uitgemens

Ek wonder soms hoe dit met jou gaan
Want ek weet dat jy uitgeput regop staan
Reg om alles op te pak en huis se kant toe te staan

Ek wonder soms hoe dit met jou gaan
En of ek regtig verstaan wat in jou hart en gedagtes aangaan

  • 0

Reageer

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


 

Top