op ’n houthart teen ’n wiskundeklas leer ek jou ken –
"We are all pencils in the hand of God"
tussen jou stelling
en Pythagoras se teorie
moes ek myself kruisig:
deur elke mens skryf Hy ’n storie
jy het jou vreugde en verlies
met vriend en vreemdeling gedeel
maar dit was eendimensioneel
(houtskoolgrys)
toe word jy wys en jy bewys
Sy teorie:
jy lééf Sy Storie
en jy kleur driedimensioneel
’n reënboog in –
toe is jou lewensprent perfek
en ek?
Ek klou verbete aan daardie potlood vas.



Kommentaar
Hierdie is nie 'n beskeie bydrae nie; inteendeel. Afrikaanse poësie beleef 'n herlewing. Moderne poësie en substansie is hier ter sprake. Die keuring van Susanne Pike se gedig is 'n goeie keuse.
Berdéhan, jou kommentaar hier beteken vir my onmeetbaar baie. Baie dankie hiervoor.
Uitsonderlike gedig, Susanne.
Asemrowend!