Vrouedag-skryfkompetisie: Ritme

  • 0

ek ken die lyne om haar mondhoeke
wanneer hartseer haar oorweldig
die kreukel op die punt van haar wenkbrou
wanneer onregverdigheid haar ontstel
die sagte rasperhoes wat sy probeer wegsteek
wanneer sy besluit om haar woorde te sluk
die geel sfeer gevleg in die blou van haar oë
wanneer sy my toelaat om te kyk tot in haar siel
die goedheid en natuurlike vrygewigheid
wanneer iemand lyk asof hul te swaar aan die lewe dra
die ritme van haar hartklop in my are
wanneer ek aan ’n donker wêreld moet dink sonder die liefde van ’n ma

  • 0

Reageer

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


 

Top