Karin Mitchell

Karin se eerste nie-fiksieboek oor ’n bekende Suid-Afrikaanse hofsaak word eersdaags in North Carolina in Amerika gepubliseer. Met ’n agtergrond in joernalistiek in radio- en TV-nuuskamers, het sy drie jaar gelede besluit om haar mikrofoon voltyds vir die pen te verruil. Sy bly sedertdien in Hoedspruit saam met haar man, waar sy so pas ook ’n memoir as mede-skrywer voltooi het. Wanneer haar vingers nie oor die sleutelbord gly nie, speel sy gholf en geniet sy die betowerende eenvoud van die natuur.

Vrouedag-skryfkompetisie: Ritme

Karin Mitchell Skryfkompetisies 2019-08-24

LitNet se Vrouedag-kompetisie – Gedig deur Karin Mitchell:

"die geel sfeer gevleg in die blou van haar oë
wanneer sy my toelaat om te kyk tot in haar siel"

Top