onversierd in jou eenvoud
met jou wintervoete
plakkies
en bont-langbroeke
nes ek jou onthou
grasieus jou gesindheid
lieflik geaard
jou knopknieë
doelgerig deurgebid
met kinnerlike hoop
en geknakte nek versoeking
natuurlik, vrou
jou suiwerheid oortref dié van goud en silwer
jou edelsteen-hart
glansryk
diep-rooiwyn lippe
met oopmond geluk
wittand tevredenheid
weergalm jou skaterlag
jy is hart
jy is huis
dierbare vrou
vrou wat ek onthou


