Seminare en essays
Web seminars, essays and conversations about topical subjects.
Die kompleksiteit van polio – en die belang van inenting
2022-08-30"Daarom kan die gevalle wat nou opgelet word, selfs die virus in die rioolwater, gesien word as mensgemaak, máár net omdat daar nie behoorlik voldoen word aan entstofprogramme nie. Vir virusse soos polio (onder meer masels ook) wat hoogs aansteeklik is, moet 90% of meer van die bevolking gevaksineer wees om voldoende dekking te kry."
Miniseminaar: Oor jeugverhale, Van Coller, en ek en Barrie Hough
2022-08-30"Dit beteken nie dat daar sprake van ’n sinistere, politiek korrekte of woke kabaal is nie, maar eerder dat ons te make het met ’n ingewikkelde proses waartoe baie mense bydra en waarin hulle ook ’n belang het." Lees Reinhardt Fourie se bydrae tot LitNet se miniseminaar, "Kinder- en jeugboeke vir ’n nuwe era".
Historiese relevansie en betekenisvolheid
2022-08-25"Gebeurtenisse wat tans as irrelevant beskou word, kan in die toekoms dalk as histories relevant met belangrike betekenisvolheid geag word. Solitaire se plaasskooltjie (sowel as ander skooltjies in die Overberg, byvoorbeeld Wolfkraal, Boontjieskraal, Waboomskloof en Jongensklip), beskik oor sluimerende of inherente historiese betekenisvolheid."
Omstredenheid en kleuter-, kinder- en jeugliteratuur
2022-08-24"In die konteks van die omstredenheid van die litererêre sisteem van die afgelope drie maande sou dit moontlik ook ’n opsie kon wees om dit te oorweeg dat die verskeidenheid sienings gekoördineer kan word om die literêre sisteem te versterk en te vernuwe." Lees Betsie van der Westhuizen se bydrae tot LitNet se miniseminaar, "Kinder- en jeugboeke vir ’n nuwe era".
Miniseminaar: Kinder- en jeugboeke vir ’n nuwe era
2022-08-24Om perspektief te kry oor die storms wat in 2022 rondom Afrikaanse kinder- en jeugliteratuur gewoed het, bied LitNet ’n miniseminaar oor die stand van sake in dié genre aan, met bydraes deur akademici en kundiges. Lees die eerste bydrae hier.
South African writing on Angola: The forgotten war
2022-08-23"All wars in history, from the Greek heroes onwards, spawn such intense memoirs, long and short. They are a bedrock of classic literature. We are fascinated by them. They invite us to eavesdrop on the confessional. They are a form of writing therapy, a way of laying the ghost, and a psychiatrist is not needed to tell us that. But there is also more to it. War memoirs involve all of us, including the bystanders. They make the reader complicit."
LitNet Akademies Weerdink: Die mens is sy liggaam – ’n semi-outobiografiese herwaardering van Johan Degenaar se filosofiese mensbeskouing
2022-08-11"Ek voel byna daagliks Lina Spies se ontswagteling uit die grafdoeke van leed en verlies aan my lyf. Dáármee moet ek saamleef, om in die lig van die hiermaals daagliks op te staan totdat die einde aanbreek. Al wéét ek dat, soos vir my medediere, die Vergetelheid, die Niksheid op ons wag."
LitNet Akademies Weerdink: ’n Perspektief op die Kairos Netwerk-NG Kerk-kontroversie
2022-08-03"Uit die berigte oor die byeenkoms word die groepering verenig in dit waarteen hulle beswaar maak. Hulle het dit teen besluite van die NG Kerk rakende selfdegeslagverhoudings en veral die Skrifbeskouing wat ten grondslag van die besluite lê."
Hennie van Coller’s politicisation of children’s literature polemic
2022-07-25"So to Anne-Marie Beukes. Rather than distance yourself from Van Coller’s article, which is inconclusive on the allegations of homophobic tendencies, in my humble opinion, distance yourself from the Snow White storyline of the organisation you head up."
SJ Naudé se toespraak by ontvangs van die Hertzogprys
2022-07-22"’n Seker manier om mense ontuis te laat voel in Afrikaans en om die taal in haar weerlose posisie skade aan te doen, is om onsensitiewe sentimente uit te druk rondom wie normaal of gewoon sou wees al dan nie, wie in die hoofstroom mag swem en wie in die systrome, wie in die kern hoort en wie maar op die rande moet bly beweeg. Dit is ’n gesindheid wat die huis van Afrikaans kan laat leegloop."
Wat beteken die eerste foto’s van die James Webb-ruimteteleskoop?
2022-07-20"Ons is die sterre en hulle is ons."
Boeke – verlies en toeverlaat
2022-07-20"Selfs in boeke en tussen woorde – wat in een sin tog ontsnapping bied – is verlies só dikwels voorop. Boeke verdwyn. Ook woorde, tongvalle, maniere van sê."
Jakes Gerwel: die wording van ’n legende
2022-07-18"'In honour of a legend,' lui die uitnodiging na ’n besonderse geleentheid wat hierdie week by die Universiteit van Wes-Kaapland gehou word. Hiertydens sal die universiteit se Hoofsaal hernoem word na ’n eertydse visekanselier en rektor, prof Jakes Gerwel, wat ’n mens onwillekeurig laat wonder hoe 'Prof' op dié eerbewys sou gereageer het."
Die energiekrisis na 11 jaar herbesoek
2022-07-12"Eskom is in die posisie van ’n trekboer met te min osse om die hele vrag te trek. Daarom word van die vrag afgegooi ('loadshedding'). As hy dit nie doen nie, sal hy die hele span ooreis en sal die hele span inmekaarsak. In die geval van ’n kragstelsel raak dit onstabiel en skakel af."
LitNet Akademies-resensie-essay: Dol heuning deur SJ Naudé
2022-07-07"Ek weet van min kortverhaalbundels waarin uiterlike én innerlike landskappe op so ’n genuanseerde, geloofwaardige en uiteindelik ook aangrypende wyse gekarteer word soos in Dol heuning."
USAN 2022 – in gesprek met Mareli Swart
2022-07-01"Ek was onlangs by ’n simposium in Brussel waar ek kon praat oor Afrikaans en vertaling in Afrikaans; ek kon gesprekke voer met mede-akademici oor my vakgebied en my taal terwyl hulle luister en ek later weer na hulle."
Die posisionering van Afrika in China se internasionale strategiese raamwerk
2022-06-29Fanie Herman, navorsingsgenoot in die Universiteit van die Vrystaat se Departement vir Politieke Studies en Regeerkunde, verduidelik hoe Afrika inpas in China se strategiese benadering tot internasionale sake.
USAN 2022 – ’n gesprek met Carmi Britz
2022-06-22"Afrikaans is deel van ’n mens, dit is ’n identiteitsmerker. Dit is soms moeilik om die vakgebied van die individu of identiteit te skei of te onderskei. Wanneer iets negatiefs oor Afrikaans gesê word, voel dit dus amper asof daar iets negatiefs oor die Afrikaanssprekende gesê word."
Ysterhoudende geotermiese fonteinwater
2022-06-22"Gedurende hierdie ondergrondse 'reise' van die verhitte water word verskeie chemiese bestanddele in die water opgelos wat terselfdertyd medisinale voordele kan inhou."
Die supermassiewe gravitasiekolk in die middel van die Melkweg
2022-06-14"Dit is die eerste regstreekse bewyse dat daar inderdaad ’n gravitasiekolk in die Melkweg is. Hoewel ’n mens nie die donker, digte kolk self kan sien nie, is die sentrale deel genaamd die skaduwee duidelik sigbaar. Dit is deur ’n helder ringstruktuur van warm gas omring."
