Seminare en essays

Webseminare, essays en gesprekke oor aktuele sake.
Web seminars, essays and conversations about topical subjects.

Waarom Wolraad Woltemade as held vereer moet word

Danie van Wyk Seminare en essays 2023-06-05

"Suid-Afrika het nou helde soos Wolraad Woltemade nodig om ons te red uit die put van politieke korrektheid, van werkloosheid, beurtkrag, misdaad, ekonomiese insinking, swak gesondheidsdiens, swak onderwys, swak polisiëring en vele ander wat dringend aandag moet geniet. Dit moet nou die prioriteit wees. Nie kleinlike politiekery wat verder bydra tot ons onbenydenswaardige posisie nie."

Kunsmatige Intelligensie en die reg: Regspraak en opinies lê nog ver in die toekoms

Jos Floor Kunsmatige intelligensie | Artificial intelligence 2023-06-05

"Wanneer ’n mens stilstaan en dooierus neem op enkele fasette van die regsberoep word dit vinnig duidelik dat ChatGPT nog nie so gevorderd is dat ons prokureurs die woestyn in kan jaag nie."

Rusland-Afrika-verhoudinge en die opkoms van ’n nuwe wêreldorde

Fanie Herman Seminare en essays 2023-06-01

"Die rol van Afrika in internasionale politiek is aan die toeneem. Een van die grootmoondhede wat Afrika se groei met verwagtinge dophou, is Rusland. ’n Belangrike rede vir Rusland se hernude belangstelling in Afrika is die soeke na voormalige Sowjettydperk-vennote en lande wat anti-imperialistiese en anti-Westerse beskouings het. Sulke vennote kan Rusland help om ’n nuwe wêreldorde te skep. Vanuit ’n historiese perspektief is dit eerstens nodig om te vas te stel hoekom Rusland in Afrika belangstel."     

Africa Day: Nkosi sikelel’ iAfrika

Mphuthumi Ntabeni Opinion 2023-05-25

"Lastly, I dream of an Africa that honours its own identity and looks after its cultural/historical heritage. Of a new African consciousness – not just in politics, but in a deeper worldview of environmental respect that arises from the philosophy of Ubuntu bethu, which we inherited from our forefathers and ancestors."

Republiek Natalia en Voortrekkerafrikaans 2

Gert van Jaarsveld Seminare en essays 2023-05-24

"Die doel van die projek is om die geskrifte van die land wat die Voortrekkers in besit geneem het en waarvan noukeurig boek gehou is, te ontsluit, te transkribeer en vir ondersoekers digitaal beskikbaar te stel."

Olumpia, setel van Zeus op die Peloponnees, deel I

Gerrit van Wyk Kruger Seminare en essays 2023-05-24

"Kuns en kultuur het ook sy plek by die Spele by Olumpos gehad. Beeldhouers, digters, skilders en ander kunstenaars het ook by Olumpos kom saamtrek as dit die jaar van die Spele was." Gerrit van Wyk Kruger, aan wie die NP Van Wyk Louw-medalje deur die Suid-Afrikaanse Akademie vir Wetenskap en Kuns toegeken is, skryf oor die geskiedenis van die Olimpiese Spele.

Ghosting: In die vallei van doodgeswygdes

Schalk Schoombie Seminare en essays 2023-05-24

Sak die onbegryplike stilte oor jou toe? Iewers het jy te kort geskiet. Schalk Schoombie probeer ’n moderne gedragspatroon begryp.

The hype of federalism

Mphuthumi Ntabeni Opinion 2023-05-12

"Only those with selfish private economic income would think that a federal arrangement of our provinces makes sense, when the majority of our provinces are poor and rural, without many economic prospects. The rest of us know the drab reality of how the majority of our people are dependent on the state for the bare minimum of their living income."

Afrika se rol in China se multilaterale strategie

Fanie Herman Seminare en essays 2023-05-11

"Vennootskappe met China beskerm Afrika-lande van Westerse sanksies, terwyl China in multilaterale organisasies ondersteun word."

Katte, ’n hupstoot vir jou gesondheid

Yolanda du Toit Seminare en essays 2023-05-11

"Daar is bevind dat ’n troeteldier 78% van die tyd die een sal wees wat ’n gesinslid verwelkom aan die einde van ’n dag, nie die eggenoot nie."

Federalisme: ’n oplossing vir Suid-Afrika?

Danie van Wyk Seminare en essays 2023-05-10

"Daar moet egter harder daaraan gewerk word om die huidige staatsbestel te maak werk. Om ’n alternatiewe staatsbestel te predik is nie haalbaar nie."

The past is another empire: the coronation of King Charles on 6 May 2023

David Willers Opinion 2023-05-04

"Seventy years ago, as a boy of six, I attended the coronation of Queen Elizabeth II. And now, decades later, Charles is about to be crowned king, and his mother’s empire is long gone. There is an irony in this, and I wouldn’t be in his shoes for all the tea in China."

Vryheidsdag 2023: Die nuwe energie vir federalisme en selfregering

Koos Malan Seminare en essays 2023-04-26

"Veral federalisme kry besondere aandag. Dit spreek boekdele van die veranderende politieke klimaat in Suid-Afrika, en veral van die ANC wat sy hegemonie oor konstitusionele denke soos hy dit in die 1990’s gevestig het, verloor het."

Vryheidsdag 2023: Is federalisme regtig die antwoord?

Jan-Jan Joubert Seminare en essays 2023-04-26

"Die praktiese politiek in die Wes-Kaap gaan nie oor federalisme, konfederalisme, selfbeskikking of afstigting nie. Dit gaan om oorlewing. Die grootste probleme, die ontsettende nood van byvoorbeeld die meeste Afrikaanssprekendes in die Wes-Kaap, is werklik eerstens finansieel en maatskaplik, nie staatkundig nie."

Om te herstandaardiseer of nie – kom ons dink sáám hieroor

Wannie Carstens Seminare en essays 2023-04-26

"Ek wonder so dikwels hoekom ons so gereeld in Afrikaans standpunte inneem wat ver uitmekaar is, een waar min ruimte vir gesprek is, en een waar die kans op kompromisse skraal is. Dit skep nie die atmosfeer vir rasionele gesprekke nie en so beduiwel ons die verhoudinge nog verder in Afrikaanse geledere. En dit juis in die dae waarin ons saam in ’n span moet trek eerder as om mekaar oor alles te opponeer."

Albie Sachs ‒ ’n taaltestament? Oudregter van die Konstitusionele Hof Albie Sachs breek ’n lansie vir Afrikaans

Cerneels Lourens Seminare en essays 2023-04-26

"Sachs het verder die wens uitgespreek dat alle wit, bruin en Indiër-leerders die Afrikataal van hulle streek tot matriek moet leer om daarin te kan kommunikeer en dat dit ’n versuim van ons nuwe demokratiese stelsel is dat so ’n reëling nie gebiedend gemaak is nie."

Vryheidsdag 2023: Vryheid en ontnugtering

Hercules Boshoff Seminare en essays 2023-04-25

"Vryheid is soos onverdunde wyn: Wanneer dit in oormaat ingeneem word sonder inagneming van ander faktore, sonder ander substansies, raak mens gou dronk daarvan. Só dronk word mens daarvan dat jy nie besef dat slawerny, die teenpool van vryheid, konstant dreig nie."

TikTok in die Nuwe Koue Oorlog

Burgert A Senekal Seminare en essays 2023-04-20

"TikTok se verbintenis met China is verder belangrik gegewe globale Chinese (en Russiese) disinformasieveldtogte rakende COVID-19. Tydens die pandemie het beide lande vals inligting versprei in ’n poging om Westerse lande te ontwrig."

South Africa’s national election in 2024: exciting times ahead?

Rory Riordan Opinion 2023-04-13

"The ANC is losing ground to the EFF in that vital community, black youth. Young people worldwide are not interested in attending monthly meetings at which elderly people give rambling talks on the proud history of their movement – young people want action, protests, burning tyres, walking on and over the lines of legality. This the EFF offers, while the ANC Youth League is moribund, conceding this cohort of voters to the EFF."

Die gewaande Suid-Afrikaanse wonderwerk: tyd vir bestekopname

Koos Malan Seminare en essays 2023-04-04

"Al die redes vir die uitbundige uitgelatenheid van bykans 30 jaar gelede oor die Nuwe Suid-Afrika wat die wêreld so gaande gehad het, het verdwyn: die 'beste grondwet in die wêreld'; die reënboognasie; gelykheid; menseregte en demokrasie."

Top