Seminare en essays

Webseminare, essays en gesprekke oor aktuele sake.
Web seminars, essays and conversations about topical subjects.

Ledigheid; die duiwel se oorkussing, of nie heeltemal so eenvoudig nie?

Handré Brand Seminare en essays 2023-02-28

"Die inoefening van ’n daaglikse ledigheidsessie van 60 minute (of minder) kan spoedig ’n gesonde gewoonte word. Op dié wyse kan negatiewe emosies wat met ledigheid in verband staan, deur positiewe belewenisse soos vreedsaamheid en rustigheid vervang word."

Die Wysigingswetsontwerp op Outeursreg (CAB): Die dreigende gevaar wat Suid-Afrika se kunste kan knak

Gys Visser Seminare en essays 2023-02-24

"Die fair use-leerstuk ... word deur artikel 12A van CAB by ons reg geïnkorporeer. In wese beteken dit dat enige persoon of maatskappy byvoorbeeld groot dele van ’n boek kan herpubliseer of dit kan verwerk tot ’n film, sonder toestemming van die outeur, en bloot aanvoer dis 'billike gebruik'. ...[U]iteindelik is dit tyd dat individue se stemme gehoor word."

Buitelug: ’n arts, sielkundige en pedagoog

Gerda-Marié van Rooyen Seminare en essays 2023-02-22

"Shinrin yoku ('woudbad') is nog ’n Japannese konsep. Hiervolgens word die siel en liggaam beïnvloed wanneer dit aan die natuur blootgestel word en lei hierdie kontak tot ’n gevoel van welstand, kalmte en hernuwing."

Boekprobleme

Kerneels Breytenbach Seminare en essays 2023-02-17

"Sou dit nie hemels gewees het as mens manuskripte suiwer op literêre of vakkundige meriete kon publiseer nie, ongesteurd deur die eise en behoeftes van ’n uitgewer se bemarkingspan? En sonder ’n finansiële bestuurder wat jou kom aanspreek omdat jou publikasies nie winsgewend is nie?"

Tien kilogram boeke, asseblief

Caren van Houwelingen Seminare en essays 2023-02-08

"Wat ek eintlik hiermee wil sê, is dat daar ’n onderliggende onverenigbaarheid blyk te wees tussen die besigheidsmodel van Suid-Afrika se groot uitgewerye en dit wat die boek oor die laaste 20 jaar geword het."

The demise of Eskom | Iingxaki zikaEskom zikubaphathi

Mphuthumi Ntabeni Opinion 2023-02-07

"The provision of reliable energy is at the centre of South Africa's ability to solve the scourge of poverty, unemployment, inequality, violent crime ..." | "Yiyo kuphela indlela enokukwazi ukusikhupha kula manyundululu orhwaphilizo kulungiswe eli ziko uEskom aphuhlise isizwe, azise impilo engcono kwabo babetheka kakhulu yintlupheko nokulamba."

Die geselsrobot en die metafisika van teenwoordigheid

Rèné Eloff Seminare en essays 2023-02-07

"Die Suid-Afrikaanse filosoof Paul Cilliers het reeds in sy boek Complexity and Postmodernism (1998) op oortuigende wyse ’n verband getref  tussen die werking van neurale netwerke en Saussure se konsep van taal as ’n sisteem van verskille."

Koekies: Die gekonkel in jou komper

Sidney Gilroy Seminare en essays 2023-02-06

"Al hierdie bogenoemde wonders is nie ’n skim op die veraf horison nie. Dit is praktiese KI wat vandag alreeds toegepas word. Die oorsprong daarvan is data. ... Dit is só: Om aan Marmite te dink net om daarna ’n Bovril-advertensie te sien, maak ’n mens ongemaklik."

Is ChatGPT ’n bruikbare hulpmiddel vir akademiese skryfwerk?

Burgert A Senekal Seminare en essays 2023-02-02

"Benewens hierdie voorbeelde is daar baie komponente van ’n akademiese teks wat nie deur ChatGPT behartig kan word nie, byvoorbeeld dataversameling, -verwerking en -ontleding, sowel as die formulering van afleidings uit die data. ChatGPT sal ook nie deur argiewe kan soek en ’n studie oor ’n aspek van die geskiedenis genereer nie." 

Die mite van Afrikaner-eenheid en hoe dit inspeel op die hede

Jean Oosthuizen Seminare en essays 2023-02-02

"Die mitologie van Afrikaner-homogeniteit word aan die een kant lewend gehou deur die huidige magshebbers wat dit as nuttige strooipop gebruik vir politieke gewin en aan die ander kant deur ontnugterde Afrikaners wat nostalgies terugverlang na 'die goeie ou dae'."

Petra Müller: Die skerpgevylde oomblik, ’n huldiging onder redaksie van Karen de Wet – ’n LitNet Akademies-resensie-essay

Kerneels Breytenbach Resensies 2023-02-01

"Wat ek wel besef het met die lees van Petra Müller: Die skerpgevylde oomblik, is dat hierdie huldigingsbundel (en eweneens dié oor enige ander voormalige groot literêre geeste) volle sin sal maak alleen as mens dit met al haar publikasies byderhand kan lees."

’n Praktiese taalbeleid vir die Wes-Kaap

Danie van Wyk Seminare en essays 2023-01-31

"Die gebruik van Afrikaans in howe en in plaaslike regerings is afgeskaal tot nul. Dit is asof die DA die plaaslike bevolking ignoreer as dit by Afrikaans en/of isiXhosa kom."

Getting the lights to work by teaching anti-corruption values

David Willers Opinion 2023-01-26

"What’s gone wrong with Mandela’s ANC?"

Balneologie en -terapie

Handré Brand Seminare en essays 2023-01-25

"Balneoterapie verwys na die terapeutiese gebruik van natuurlike termiese fonteinwater teen temperature van minstens 20°C en met ’n minimum mineraleinhoud van een gram per liter."

China se strewe na politieke invloed in Afrika

Fanie Herman Seminare en essays 2023-01-23

Fanie Herman vertel hoe die Chinese hul politieke invloed in Afrika vestig deur die opleiding van amptenare in die beginsels van die Chinese Kommunistiese Party, en die oprigting van ’n China-Afrika-medianetwerk.

Kletsbotte: Vriend of vyand? Praktiese voorstelle om hierdie kletsbot te omarm om die gehalte van akademiese skryfwerk te bevorder

Christina Johanna (Christa) van Staden Seminare en essays 2023-01-20

"Só kan kunsmatige intelligensie ’n vriend in hoëronderwysklaskamers word wat kan help om die gehalte van akademiese skryfwerk te verbeter."

Besinning oor taal en ver-taal I

Cas Vos Seminare en essays 2023-01-19

"Afrikaans pleit vir meesterwerke om in Afrikaans ver-taal te word totdat dit ver-vel (Breytenbach). Dan kry dit ’n eie, unieke en vars ritme." Lees Cas Vos se besinnings oor ver-taling en transformasie aan die begin van die nuwe jaar.

Skepping of nabootsing? Kunsmatige intelligensie en intelligente kuns

Johann Rossouw Seminare en essays 2023-01-18

"Die kwessie van nabootsing is dus wesenlik, en daar kan bygevoeg word dat die eerste skool van KI ook in ’n doodloopstraat beland omdat dit menslike intelligensie masjienmatig probeer reproduseer, terwyl die tweede skool van KI van krag tot krag gaan omdat dit eerder ’n aspek van menslike intelligensie probeer naboots [in die geval van ChatGPT, byvoorbeeld]."

Republiek Natalia en Voortrekkerafrikaans

Gert van Jaarsveld Seminare en essays 2023-01-17

Gert van Jaarsveld vertel van die interessante taalkundige verskynsels wat hy opgetel het tydens sy werk aan dokumente van die vroeë Nederlandse immigrante-Boere in die Republiek Natalia.

LitNet Akademies Weerdink: Aflandige, konvensionele gaseksplorasie en die omgewing

Willemien du Plessis, Carmen Franco Seminare en essays 2022-12-22

"Die kragkrisis in die land gaan Suid-Afrika dwing om vinniger na hernubare energie te beweeg en indringende besluite sal in hierdie verband geneem moet word. In die hele debat sal die publiek wel rekening moet hou dat Suid-Afrika nog vir ’n geruime tyd afhanklik gaan wees van steenkoolkragopwekking of selfs aardgas- en oliebronne." Watter moontlikhede word ondersoek en wat sê die Reg?

Top