Seminare en essays

Webseminare, essays en gesprekke oor aktuele sake.
Web seminars, essays and conversations about topical subjects.

Boeke – verlies en toeverlaat

Jean Meiring Seminare en essays 2022-07-20

"Selfs in boeke en tussen woorde – wat in een sin tog ontsnapping bied – is verlies só dikwels voorop. Boeke verdwyn. Ook woorde, tongvalle, maniere van sê."

Jakes Gerwel: die wording van ’n legende

Heindrich Wyngaard Seminare en essays 2022-07-18

"'In honour of a legend,' lui die uitnodiging na ’n besonderse geleentheid wat hierdie week by die Universiteit van Wes-Kaapland gehou word. Hiertydens sal die universiteit se Hoofsaal hernoem word na ’n eertydse visekanselier en rektor, prof Jakes Gerwel, wat ’n mens onwillekeurig laat wonder hoe 'Prof' op dié eerbewys sou gereageer het."

Die energiekrisis na 11 jaar herbesoek

Koos Holtzhausen Seminare en essays 2022-07-12

"Eskom is in die posisie van ’n trekboer met te min osse om die hele vrag te trek. Daarom word van die vrag afgegooi ('loadshedding'). As hy dit nie doen nie, sal hy die hele span ooreis en sal die hele span inmekaarsak. In die geval van ’n kragstelsel raak dit onstabiel en skakel af."

LitNet Akademies-resensie-essay: Dol heuning deur SJ Naudé

Thys Human Resensies 2022-07-07

"Ek weet van min kortverhaalbundels waarin uiterlike én innerlike landskappe op so ’n genuanseerde, geloofwaardige en uiteindelik ook aangrypende wyse gekarteer word soos in Dol heuning."

USAN 2022 – in gesprek met Mareli Swart

Naomi Meyer, Mareli Swart Seminare en essays 2022-07-01

"Ek was onlangs by ’n simposium in Brussel waar ek kon praat oor Afrikaans en vertaling in Afrikaans; ek kon gesprekke voer met mede-akademici oor my vakgebied en my taal terwyl hulle luister en ek later weer na hulle."

Die posisionering van Afrika in China se internasionale strategiese raamwerk

Fanie Herman Seminare en essays 2022-06-29

Fanie Herman, navorsingsgenoot in die Universiteit van die Vrystaat se Departement vir Politieke Studies en Regeerkunde, verduidelik hoe Afrika inpas in China se strategiese benadering tot internasionale sake.

USAN 2022 – ’n gesprek met Carmi Britz

Naomi Meyer, Carmi Britz Seminare en essays 2022-06-22

"Afrikaans is deel van ’n mens, dit is ’n identiteitsmerker. Dit is soms moeilik om die vakgebied van die individu of identiteit te skei of te onderskei. Wanneer iets negatiefs oor Afrikaans gesê word, voel dit dus amper asof daar iets negatiefs oor die Afrikaanssprekende gesê word."

Ysterhoudende geotermiese fonteinwater

Handré Brand Seminare en essays 2022-06-22

"Gedurende hierdie ondergrondse 'reise' van die verhitte water word verskeie chemiese bestanddele in die water opgelos wat terselfdertyd medisinale voordele kan inhou."

Die supermassiewe gravitasiekolk in die middel van die Melkweg

Elsabé Brits Seminare en essays 2022-06-14

"Dit is die eerste regstreekse bewyse dat daar inderdaad ’n gravitasiekolk in die Melkweg is. Hoewel ’n mens nie die donker, digte kolk self kan sien nie, is die sentrale deel genaamd die skaduwee duidelik sigbaar. Dit is deur ’n helder ringstruktuur van warm gas omring."

USAN 2022 – ’n terugblik met Aletta Simpson

Naomi Meyer, Aletta Simpson Seminare en essays 2022-06-14

"Noudat ek dikwels dink oor humor en postkolonialisme, ontsluit dit vir my ’n heel nuwe aspek van Afrikaans. Dink Evita Bezuidenhout, David Kramer en Taliep Petersen, Adam Small, Nataniël, Schalk Bezuidenhout, Casper de Vries, Loukmaan en Emo Adams, Joe Barber, Vetkoekpaleis."

’n Drieduisendjaaroue papirusargief in die woestyn van Egipte ontdek

Gerrit van Wyk Kruger Seminare en essays 2022-05-26

"OxyrhynChus het uiteindelik vir meer as 1 000 jaar verlate gelê, ’n ruïne toegewaai in die woestyn. Toe die moderne opgrawings in Egipte begin het, is die groot afvalhoop by OxyrhynChus aanvanklik nie gesien as die moeite werd om argeologies ondersoek te word nie, totdat Grenfell en Hunt van Oxford, half teensinniglik, besluit het om dit te gaan oopgrawe."

Covid – waar ons nou trek

Elsabé Brits Seminare en essays 2022-05-25

"Mense is eensaam. Dit is nie die hermiet wat kies om alleen te bly nie, dit is die ganse planeet vol mense wat verby mekaar leef."

Oor die Afrikaanse Taalmonument se voorgestelde naamsverandering: Danie van Wyk se mening

Danie van Wyk Seminare en essays 2022-05-20

"Daar kan nie meer aangevoer word dat die Taalmonument ander taalsprekers uitsluit nie. Erkenning word juis gegee aan die invloed van Afrika-tale op Afrikaans ook. Die Afrikaanse Taalmonument het ’n simbool van versoening geword en het lankal die kleed van ’n apartheidsinstelling afgewerp."

Eurovision Song Contest 2022: the politics of music

David Willers Opinion 2022-05-19

"Shakespeare always moved with the times; he would certainly have added that music is the food of politics, not only love, judging from contemporary events."

Ukraine: Artillery – Stalin’s “god of war”

David Willers Opinion 2022-05-05

"On the same day Moscow’s chief propagandist warned that Russia had the capacity to ignite a 'Poseidon' underwater nuke capable of submerging Britain with a giant radioactive tsunami, I listened to Freek Robinson on LitNet interviewing Theo Venter on the likelihood of President Putin actually using an atomic bomb."

China se visie vir ’n nuwe wêreldorde

Fanie Herman Seminare en essays 2022-05-04

"China gaan ook doelgerig te werk om Amerikaanse invloed in die Asies-Pasifiese streek te beperk en die oorheersende moondheid in die streek te word." – Fanie Herman van die Universiteit van die Vrystaat se Departement vir Politieke Studies en Regeerkunde bespreek die Chinese se visie vir ’n nuwe wêreldorde.

Dobbelary: Enkele gesigspunte

Handré Brand Seminare en essays 2022-04-26

"Ek het die geleentheid gehad om vroeg in die tagtigerjare ’n interessante gesprek te voer met ’n groep professionele dobbelaars (bekend as ’n junket-groep)  in Las Vegas, Nevada voordat dobbelary amptelik binne die grense van Suid-Afrika toegelaat is."

Oekraïne en die kernopsie: van afskrikking na aanwending

Theo Venter Seminare en essays 2022-04-21

"Dit is om hierdie rede dat lande soos Kanada en Europese lande kernoorloë vrees, omdat die aanwending nie in die VSA of Rusland sal plaasvind nie, maar dat die doodsakkers eerder op hulle grondgebied sal wees. As oorlog egter ‘n vorm van onderhandeling is, waaroor word dan onderhandel?"

Terreur en bevryding: Die ANC/SAKP, die kommunisme en geweld (1961–1990) deur Leopold Scholtz: ’n LitNet Akademies-resensie-essay

Jan-Jan Joubert Boeke en skrywers 2022-04-14

"Op die keper beskou is hierdie boek ’n belangrike siening van die kommunistiese invloede op die ANC. Dit is ’n deeglik nagevorste stuk werk met tekortkominge. Enigeen wat in hierdie tipe geskiedenis belangstel, sal die aankoop van hierdie boek die moeite werd vind, en geen behoorlike toekomstige bespreking van die onderwerp sal Terreur en bevryding kan ignoreer nie."

"Do you remember still?"– some unknown juvenilia of Vincent Swart

Jean Meiring Books and writers 2022-04-13

"Piqued by his anonymity, by how well his poetry survived the passage of years, and by an error – which I learned only later was an error – I started looking for whatever I could lay my hands on concerning Vincent Swart, perhaps South Africa’s best forgotten poet."

Top