Seminare en essays
Web seminars, essays and conversations about topical subjects.
Kan fleksie-argitektuur die kunste red?
2021-04-12Fleksie-argitektuur is dié nuwe gonswoord volgens die gesaghebbende Wunderman Thompson-neigingverslag. Kenners vertel of dit ’n volhoubare oplossing vir die voortbestaan van die kunste kan bied. Volgens Saartjie Botha: "’n Teater het mense nodig. ’n Ruk gelede, toe ek die Fugard besoek, was alles daar: die stoele, ligte, ouditoriums. Maar die hart van die ruimte was weg."
Hare (veral swart hare in skole) saai steeds onmin
2021-03-17"Gegewe die emosionele reaksie wat die kwessie van hare in skole ontlok en die talle tekste wat reeds daaroor geskryf is, waarom gedy die polisiëring van swart hare steeds in skole? Waarom ontlok dit soveel emosie? Wat kan ons hieruit leer?"
Uit die argief, US-taaldebat: 'n Ope brief aan Wim de Villiers aangaande sy bestuur se voorgestelde taalbeleid
2021-03-10"Wil u werklik dat u en u bestuur deur die geskiedenis gebrandmerk word as bevorderaars van ’n kulturele uitwissing tot voordeel van ’n totalitêre dogma wat op koloniale taal berus?"
Uit die argief, US-taaldebat: The Open Stellenbosch Seminar
2021-03-10The Open Stellenbosch Seminar is an ongoing seminar on Open Stellenbosch, transformation, language and the constitution, and contributions (in any language) are most welcome.
ANC delenda est: Partydogma is onbestaanbaar met die Grondwet
2021-02-15"Die ANC sal heeltemal moet ontbind en veroordeel moet word vir die onwettige misdaadkartel wat dit werklik is ... Vir die nasie om te leef, sal die ANC moet sterf."
COVID-19: Verdraaide feite wat so vinnig soos ’n virus versprei
2021-02-15"Hoe meer jy die leuens op sosiale media sien, hoe meer geneig is jy om dit te glo. Veral as dit deur emosionele taal en ’n menslike anekdote vergesel word. Almal verklaar dan dit is waar. Dan is dit mos so."
COVID-19: die perspektief van Marni Bonthuys, ’n Suid-Afrikaner in België
2021-02-12"Die realiteit is egter dat niemand vorentoe jou ivermektiensertifikaat gaan vra nie. Inentingsertifikate gaan egter waarskynlik verplig word – in elk geval tot die meerderheid mense immuniteit teen COVID-19 het."
Gesinsvervreemding
2021-02-02"Ek het onlangs weer eens diep onder die indruk gekom van die impak van gesinsvervreemding toe ek ’n goeie kennis op sy verjaarsdag telefonies skakel. Hy deel my mee dat hy selfs op sy verjaarsdae oor die afgelope tien jaar nie ’n woord hoor van sy twee volwasse kinders en sy enigste kleinkind nie."
LitNet Akademies Weerdink: Die ontwrigting en radikalisering van die Amerikaanse demokratiese politieke proses deur Donald Trump
2021-01-26"Sedert die Amerikaanse burgeroorlog, wat van 1861 tot 1865 geduur het, is die Amerikaanse demokratiese politieke proses aan geen groter ontwrigting en radikalisering blootgestel as gedurende die bewindstermyn van oudpresident Donald John Trump, die 45ste president van die VSA, nie."
Paolo en Francesca se liefdesvlam
2021-01-22"Hierdie artikel is ’n bydrae tot die herdenking van Dante Alighieri se 700ste sterfjaar. Die herdenking word feestelik in Florence en Ravenna gevier. Onthou tog net die maskers en die veilige afstand!"
Tussen verskeie vure: WhatsApp-privaatheidsinstellings, enkripsie en alternatiewe boodskaptoepassings (Telegram en Signal)
2021-01-18Is dit wys om WhatsApp te verlaat en na ander boodskaptoepassings oor te gaan?
Sulke vriende is skaars: Die briewe van Arnold van Wyk en Anton Hartman, 1949–1981: ’n LitNet Akademies-resensie-essay
2021-01-18"Die publikasie van die briewe van dié twee seminale figure in die Suid-Afrikaanse kunsmusiek lewer inderdaad ’n noemenswaardige bydrae tot die dissipline van Suid-Afrikaanse musiekgeskiedenis. Dit is ’n publikasie wat vanuit ’n estetiese oogpunt die perfeksionisties-gesinde Hartman en Van Wyk se goedkeuring sou wegdra. "
Die Islamitiese verset in Cabo Delgado in Noord-Mosambiek
2020-12-21"Drie vrae is relevant: Wie of wat is die plaaslike bevolking in hierdie gebied? Wie is die nuwe beleggers? En wie of wat is verantwoordelik vir die insurgensie? Die antwoorde is dalk nie so maklik nie."
Deng Xiaoping, China en die verkiesing in die VSA
2020-12-11"Wat verkies die wêreld as voorbeeld: Amerika of China? Of is daar ’n voorbeeld van iets tussenin?"
LitNet Akademies-resensie-essay: Die heelal op my tong deur Anoeschka von Meck
2020-12-10"Daar het selde so ’n driedimensionele, volronde karakter en vetsugtige protagonis in Afrikaanse fiksie verskyn as Wille Willemien, die spil waarom die narratief draai."
Tuan Guru en die aartappelboer – oor Afrikaans en versoening
2020-12-03"Dit is ’n verhaal wat reeds 200 jaar bestaan. In die verhaal hoor ek die versugting van onderdrukte mense wat ’n voorspraakmaker en beskermer in Tuan Guru sien. Iemand wat bereid is om op te staan teen afjakkery, die kleinboetie van sosiale en politieke verdrukking."
Internasionale petrolpolitiek: Wat, wie en waar van die oliewinste
2020-12-03"Dis nog lank voordat alternatiewes soos kernkrag, waterkrag, windkrag en skaliekrag beduidende invloede op die petrolbedryf in state soos Angola en Nigerië sal hê."
Skepsel deur Willem Anker: ’n LitNet Akademies-resensie-essay
2020-12-03"Hierdie oplossing word nie aangebied as ’n finale of maklike oplossing nie, maar deur die uitbeelding daarvan speel Skepsel op meevoerende wyse saam met Haraway in die modder van kuborgs, honde, mikrobakterieë, fungusse en ander skepsels, op soek na nuwe verbintenisse."
Presidentsverkiesing in die VSA: ekonomiese implikasies vir Suid-Afrika
2020-11-25"Terwyl Trump dikwels die indruk skep dat internasionale handel ’n nulsom-spel tot nadeel van die VSA is, verstaan Biden dat internasionale handel tot voordeel van alle deelnemers strek. Op grond van hierdie verskil in uitgangspunt sal ’n Biden-administrasie vir Suid-Afrika tot groter voordeel wees as ’n Trump-administrasie."
"Om siele vir die Here te wen" – die pastorale rol in tye van kunsmatige intelligensie
2020-11-19"Kan ’n intelligente rekenaar ’n siel hê wat vir die Here gewerf kon word? Sou ’n mens ’n rekenaar kon doop of nagmaal aan haar/hom/dit kon bedien?"
