Seminare en essays
Web seminars, essays and conversations about topical subjects.
Christopher Torr en Laurika Rauch se “Hot gates” in Engels en Afrikaans: ’n vergelykende studie
2020-08-25"Vertel die plekname ’n storie? Indien 'Hot gates' as ’n musikale kunswerk beskou word, wat word deur die lirieke uitgebeeld? Dit gaan dus uiteindelik oor die betekenis van eiename, in hierdie geval plekname."
Die roeping van filosofie
2020-08-17"Die vraag, sê hy, moet deur elkeen wat meedoen aan die filosofie vanuit sy situasie en op ’n persoonlike wyse gestel word, want dit is die enigste wyse waarop daar met die vraag omgegaan kan word. Nie deur ’n antwoord daarvoor te gee nie, maar deur dit toe te eien as jou eie vraag, deur dit selfs tot die vraag van jou lewe te maak waarin alle ander lewensvrae meeklink."
Outomatiese spraak- en sleutelwoordherkenning in Afrikatale
2020-08-05"Om byvoorbeeld die vermoëns van die bekende wetenskapsfiksierekenaars soos HAL in die fliek 2001 Space Odyssey en Star Trek se Computer te ontwikkel, vereis ’n ingewikkelde kombinasie van prosesse soos spraakherkenning, natuurlike taalbegrip, liplees, natuurlike taalgenerering en spraaksintese."
Die brug tussen taal, regte en tegnologie: Praktykgerigte tegnologie-oplossings vir taalhindernisse in die regsdomein
2020-07-28"Die vraag wat in toekomstige gesprekke oor die tegnologiese oplossings vir taalhindernisse in die regsdomein gevra moet word, is hoe baie regte die mees weerlose mense verbeur omdat hulle nie op enige vlak toegang tot wetgewing het nie en hoe tegnologie gebruik kan word om toegang te bevorder."
Spiraal in spiraal – Reise met Schoeman: In die voetspore van die skrywer, ’n LitNet Akademies-resensie-essay
2020-07-20"Die boek is nie net ’n treurwerk nie, nie net ’n reisverslag nie, nie net ’n opgaaf van ’n eerste poging om te verstaan wie Karel Schoeman was en waaroor sy werk ten diepste handel nie, maar die eerste tree, meen ek, in die rigting van wat moes kom, naamlik die werk van ’n persoon met die nodige gevoeligheid, afstand en verbintenis om die lewensreis van Karel Schoeman te boekstaaf."
Persoonlikheidseienskappe en vatbaarheid vir samesweringsteorieë
2020-07-17"Deur middel van ’n samesweringshipotese word die heersende hoofstroomverklaring vir ’n bepaalde historiese of huidige gebeurtenis bevraagteken. Omdat dit ’n teorie is oor ’n moontlike sameswering, is dit meestal vals, maar kan dit ook elemente van die waarheid bevat."
Die rol van die Britse regering met betrekking tot slawerny en die konsentrasiekampe
2020-07-13"Om beelde van kolonialiste en slawehandelaars te verwyder roer nie die wortel van die probleem aan nie, maar dien slegs as ’n uitlaatklep vir protesaksies. Die kwessie wat nie aangeraak word nie, is reparasie."
Van Vuuren se kruipverskoning ondermyn die rol van samehang in openbare morele diskoers
2020-07-02"As Rob van Vuuren sensitief was vir die samehang van simboliek in die kunste, sou hy dalk besef het dat sy mea culpa-oomblik verabsoluterende gevolge het vir die diskoers oor sistemiese diskriminasie in ons alledaagse kultuur."
Watch where you walk – even the statues have feet of clay
2020-07-01"As with us, and those who preceded us, the time will come to face those perennial and large historical questions – who and what are we as a country and a nation? What have we been? Where are we heading?"
Digitale nuusmedia en radioaktiewe afval
2020-06-29"Met hierdie artikel word ’n poging aangewend om ’n dwarssnit van inligting oor radioaktiewe afvalbestuur te identifiseer en te ontleed."
Die Suid-Afrikaanse politiek – ’n tyd van fundamentele verandering?
2020-06-28"Reeds voor die uitbreek van COVID-19 was die Suid-Afrikaanse ekonomie, politiek en samelewing in krisis gedompel."
Quo vadis Mosambiek?
2020-06-24"Die pad vorentoe vir Mosambiek en die impak van Islamitiese radikalisering op sy noordelike gebiede is beslis nie ’n kwessie van maanskyn en rose nie. Die vraagstuk is gegrond in die interaksie van komplekse maatskaplike, ekonomiese, politieke en ideologiese faktore."
Agbare ideologiekritiek teenoor veragtelike performativity
2020-06-24"Die aanlyn massas is blykbaar onder die indruk dat die blote uitroep van ’n ideologiekritiese begrip die oordeel finaal vel, so asof die verbaliteit daarvan ’n magiese spreuk is wat die realiteit afskaaf om binne die spreker se vooropgestelde gevolgtrekking te pas. Dit roep as’t ware die beeld op van karakters uit die Harry Potter-reeks, wat met ingewikkelde towerwoorde hul omgewing kan manipuleer."
Video: "Die toekoms van Kaaps"-webinaar
2020-06-23"Die toekoms van Kaaps"-webinaar van die Afrikaanse Taalraad, aangebied in samewerking met die Afrikaanse Taalmuseum en -monument en LitNet, het op Jeugdag, 16 Junie 2020, plaasgevind. Lees ook bydraes oor Kaaps deur die jare uit die LitNet-argief.
Racism by the book
2020-06-22"Is Niq saying what I think he is saying? That white judges will choose white winners? And, by implication, black judges will choose black winners? How else is one to interpret his quote, 'But when the judges are white, the people who win will be white'? The judging process is, at the best of times, a highly subjective act, and is not swayed by the race of judges."
Regter Norman Davis se dapper uitspraak
2020-06-11"Behalwe dat ’n regulasie vanweë irrasionaliteit ongrondwetlik mag wees, kan dit ook om ’n ander en trouens nog meer gewigtige rede ongrondwetlik wees. Dit is wanneer regulasies op enige van die regte kragtens die handves van regte inbreuk maak."
Hoe moet gelykheid lyk?
2020-06-10"Die probleem lê eerder by die gevolgtrekking wat hulle [die MRK] hiervandaan maak: 'Die ongelyke heropening van sommige skole ... beperk egter ook die reg op basiese onderwys van leerlinge wie se grade of skole nie heropen nie, die grondliggende reg op gelykheid wat deur artikel 9 van die Grondwet verskans is.'"
Die Viёtnamoorlog en George Floyd
2020-06-09"Die 'land of the brave and land of the free' is steeds na hóéveel dekades nie die land van die Amerikaanse droom nie. Wat vir sommige ’n droom is, is vir ander ’n nagmerrie."
Wie was Homerus, en wanneer het hy geleef en geskryf?
2020-06-04"Die Westerse letterkunde begin met Homerus (die Latynse vorm vir die Griekse Hómêros) se twee grootse eposse, die Ilias (15 693 daktiliese heksameterversreëls lank) en die Odusseia (11 670 daktiliese heksameterversreëls lank)."
COVID-19 en ’n entstof: Wie gaan die resies wen?
2020-06-03"Die wêreld wag op ’n entstof wat beskerming teen COVID-19 sal bied, maar dié proses kan op sy vinnigste tussen ’n jaar en 18 maande duur."
