Rubrieke
Hetsy dit politiek, rugby, onderwys of die filosofie betref – daar is altyd menings. Hier deel LitNet se rubriekskrywers hul opinies, sienings en mymerings.
Be it politics, sport, education or philosophy – everyone has an opinion. Here LitNet’s columnists have their say.
Trump in die Wit Huis: hoe beïnvloed dit Suid-Afrika?
2016-11-09"Ek ys om te dink aan die effek van ’n Trump-orkaan in die res van die wêreld. Beslis het ons nie in Suid-Afrika onder die huidige regering die tipe leierskap en diplomatieke betrekkinge wat ’n boelierige Trump die hoof kan bied nie."
Regskoste: die sleutel tot ’n einde aan speletjies in die howe
2016-11-04"Dit is hoogtyd dat ’n stokkie gesteek word voor maghebbers se kosteverspillende speletjies in die howe."
Die state capture-verslag is uit, so what?
2016-11-03"Elke keer juig die optimiste onder ons. Hiérdie keer sal hy moet bes gee. Hiérdie keer sal die ANC die lig sien en hom met ’n stewige stoot onder die agterstewe die vergetelheid instuur. Hiérdie keer sal hy moet verantwoording doen. Elke keer beskaam die hoop."
Eva, nee, Krotoa se Afrikaans
2016-11-02"Moet my toggie veoodeel, o God
Beskerm my tog teenie gangstes,
Van dié wat innie straate loep,
tot daai wat die gawement ennie kerke se banke vol sit ..."
Die mediumtermynbegroting 2016 – in presies hoeveel moeilikheid is ons?
2016-10-28"Ek wil amper voorstel dat daar ’n aparte item op die begroting behoort te kom – iets soos Zuma Verdedigingsfonds. Dit het tyd geword dat ons kan sien presies wat hy ons land kos, in reële terme."
Regsalmanak: Die “Vuurrooi Draak” se swanesang – toe nié
2016-10-27"Suid-Afrika se stryd teen die kommunisme het formeel in 1950 begin toe die Wet op die Onderdrukking van Kommunisme van krag geword het. Vanjaar is dit net mooi 66 jaar gelede. Dit was 'n wydlopende wet, bereken om kommunisme in die destydse Unie van Suid-Afrika met wortel en tak uit te roei."
Consumerism
2016-10-25"As my geld nie ‘n verskil kan maak aan die leefwyse van mense wie dit regtig makeer nie, beteken daai kwaliteit niks nie."
Is daar nog plek vir burgerlike ongehoorsaamheid in ons nasionale verset-retoriek?
2016-10-25"Ons kan nie bekostig dat ’n woedende jeug met geen belang om in stand te hou of op te bou ons moraliteit bepaal nie. Die tyd het gekom vir etiese, morele verset gebaseer op rotsvaste beginsels."
Regsalmanak: Oorlogspraatjies, terwyl vredeliewendes net wou stem
2016-10-21"Onthou jy nog hoe daar voor die eerste demokratiese algemene verkiesing van April 1994 taamlik wyd gespekuleer is dat Suid-Afrika op die rand van 'n burgeroorlog huiwer? Dat dit nie sommer net praatjies was nie, blyk uit 'n 1995-uitspraak van die hooggeregshof in Pretoria."
Regsalmanak: Die Kruger-monument
2016-10-14"Dit is ‘n verhaal oor Suid-Afrika se politieke intriges en staatsreg van dekades gelede. Vandag sien die staatkundige bestel natuurlik drasties anders daar uit."
Gordhan se dagvaarding: Rule of Law, of state capture op steroïdes?
2016-10-14"Daar kan nie gelykheid voor die reg wees indien ʼn politieke party of ʼn politieke figuur die staatsmasjinerie, soos die polisie of die nasionale vervolger, kan gebruik om teëstanders in die hande te kry nie."
Van taal en kommunikasie
2016-10-13"Taal kan asemrowend mooi gebesig word, of op die afgryslikste manier verwring word. Taal kan sing, of dit kan soos vingernaels oor ’n swartbord krap. Dit kan saamvoeg of dit kan uitmekaar skeur."
Die ANC benodig weer 'n Morogoro-oomblik
2016-10-12"Dit moet ʼn oomblik van selfondersoek wees. ʼn Oomblik waar die ANC sy morele en intellektuele kompas gaan herinstel om van koers te verander. ʼn Koers wég van sy huidige dwaling in die woestyn van katastrofe."
Regsalmanak: Skuldlose aanspreeklikheid van ‘n werkgewer
2016-10-12"... en toe hy laatmiddag terugry om die voertuig in die garage te gaan berg, was hy in 'n botsing betrokke waarin die vader van twee jong kinders gedood is. Die botsing is deur mnr Baloyi se nalatigheid – en wat hy te drinke gehad het – veroorsaak."
Noem my Skollie: Dies wat ek dink
2016-10-05"Noem my Skollie het emosies in my oepgemaak wat my gevolg tot ek daai aand in my bed geklim het. Dit het in en uit my kop geklim vi die afgelope drie wieke. Noem my Skollie het in meer as twie ure in my kom los die riedes hoekom taal, stories en geskiedenis soe belangrik is vi ‘n mens."
Het ons verhoudinge met gadgets en status updates vervang?
2016-10-04"Die grootste fout wat ons kan maak, is om te dink dit wat ons elektronies raakloop, is altyd eg."
Skeuring van die ANC?
2016-09-28"Daar is, reg of verkeerd, ʼn ontluikende narratief onder sommige Suid-Afrikaners dat dit onafwendbaar is vir die ANC om in die afsienbare toekoms te skeur om hom van sy huidige verknorsing te bevry en te steriliseer."
Verlore in vertaling
2016-09-28"Dié wat protesteer en geboue vernietig, is in die minderheid. Tog word almal dieselfde behandel, en dit lei tot ongeregtigheid, en onregverdigheid, wat weer lei tot verdere protes."
Regsalmanak: “Grassnyer” toe al die tyd mooitjies ‘n “motorvoertuig”
2016-09-22"Op 'n goeie dag in die vroeë somer van 1969 het 'n mev Roos van Parow verby 'n oop erf gestap waar die munisipaliteit besig was om gras te sny. 'n Klip is deur die grassnyer opgeskiet en het mev Roos teen die hand getref en een van haar vingers ernstig beseer."
Gays en die kerk
2016-09-20"Gays word veroordeel as promisku as hulle nie trou nie, maar hulle word die reg om hul verhouding in ’n kerk te bevestig, ontsê. Hoe word Jan en San se huwelik minder gemaak deurdat Piet en Koos ook nou kan trou?"