Hêrrit Itch

  • 2

Dik babalas van al die social amnesia van die afgelope week in celebration van Erfenisdag, reflect ek op hierdie diep problematiese en ietwat komplekse konsep en die wortels van my geboortereg.

Die term “erfenis” swem innie jaarlikse braaisous van cultural appropriation en herposisionering van Suid-Afrika se conscience as 'n nasie. Supermarkets buzz met afslagte op braai-toerusting en alkohol. 'n Konsep soos “nasionale braaidag” is vir my extremely oppervlakkig en verdraai die waardes van onse cultural heritage. So, laat ek gou 'n bietjie witblits stook op jou mental charcoal en smoke signals uitstuur vir alle onkundiges en social network-snotvreters.      

Dit remind my aan 'n frase van Friedrich Nietzsche: “Society tames the wolf into a dog.  And man is the most domesticated animal of all.”

Sit daai 'n demper op jou vibe? Dis 'n groot plesier. 'n Mens kan enigiets gewoond raak. Hoe minder ons dink aan die events van ons geskiedenis en dit wat gelei het tot ons identiteitsvorming, hoe meer tolerant word ons daaroor en aanvaar ons die verdrukking as die norm.

Ons glo in vals seine omdat ons WIL glo dat slawerny verby is, dat elke vote tel, dat politicians die land van korrupsie sal red, dat Jimmy’s Sauce jou kan genees van rassisme … Bizarre? Skynbaar nie!

Kyk wat sê South African Heritage Online (SAHO) oor die betekenis van erfenis:

Erfenis is 'n misleidend eenvoudige idee. Dit kan beskou word as bestaande ​​uit die praktyke en tradisies wat van ouers na kinders deurgegee word, maar dit het ook te make met wat oorgedra is uit die gesin, gemeenskap en plek waar mense grootgemaak is. Erfenis kan byvoorbeeld die geskiedenis van 'n gesin insluit; godsdienstige verbintenis; of kulturele tradisies. Tog bevat erfenis ook dit wat deel uitmaak van die nasionale bewussyn. 'n Persoon wat in Suid-Afrika gebore is, het byvoorbeeld 'n Suid-Afrikaanse nasionale erfenis, sowel as 'n meer persoonlike en private erfenis. So iemand kan ook beskou word as 'n Afrika-erfgenaam omdat hy op die kontinent van Afrika gebore is."

As ek dink aan al die praktyke wat ons oor die eeue heen oorgedra het van generasie tot generasie behoort ons Erfenisdag elke dag van die jaar te vier! Die begeerte om al hierdie aspekte uit te druk in een enkele funksie (naamlik 'n vleisie oppie kole) moet dan 'n merkwaardige vermoë wees of die knee jerk reaksie van 'n ongekultiveerde eksoskelet.

So wat beteken erfenis vir jou?

Vir my is daar verskillende layers op die denkbeeldige koek wat ons daagliks herinner aan ons strewe na die dieper insigte oor die heelal, die geheime van die skepping en die stryd vir oorlewing. Die Afrika-kontinent se invloed op westerse kultuur is 'n direkte voorbeeld hiervan as ons kyk na laasgenoemde se konsepte van geloof, argitektuur, modes, tegnologie, literatuur, wiskunde … die lys is vrek lank! 

Nalatenskap verbind ook die mensdom deur middel van geskiedkundige gebeurtenisse tussen verskeie nasies en volke, soos byvoorbeeld die uitwissing van miljoene mense in die Kongo en Rwanda aan die hand van Belgiese imperialisme, die holocaust van die inheemse stamme van Namibia deur militêre ekspedisies van die Duitsers, die Slag van Bloedrivier, die atoombom in Hiroshima, Spaanse kolonialisme, die verspreiding van die Rooms-Katolieke godsdiens deur middel van sendelinge.  

Braaiman, hoe brand daai kole?

Bartholomeus Bias

My bias was op die proef gestel toe ek innie mall verby 'n teller stap wat in shweshwe geklee is. Sy was, volgens my observation, die voorwerp van corporate window dressing sonder enige direkte link aan die kultuur waarvan die kledingstuk vandaan kom. Is ek dalk verkeerd en my stompstert-sensitiwiteit gemislei? Ek erken dat dit 'n error of judgement kan wees gekombineer met die hoop dat sy wel 'n dieper kennis van die kultuurmet die tentoonstelling van haar kleredrag bekom het . Indien nie, wat is die punt dan?

Sluk Nou Kou Later

Op 'n ander trip: wanneer laas het jy Boegoe-tee oppie local market gesien? Dit word by die tonne uitgevoer of verkoop in winkels wat spesifiek vir toeriste ingerig is waar dit teen 'n stewige prys verkoop word. Danksy die menige kruiedokters wat in Adderleystraat, talle  treinstasies en sypaadjies sigbaar is, kan jy die rou ongesteriliseerde boegoeplant teen 'n winskoop in die hande kry.

'n Visuele voorstelling van die Boegoe-plant

Verder is die Hoodia-plant nou die intellectual property van 'n multinational korporasie. Hoe so? Wel, die indigenous knowledge van die San is onder westerse wetenskaplikes onder die mikroskoop geplaas. Weteneskaplikes het bevind dat dié wonderplant 'n mens se eetlus vir lang periodes onderdruk, veral (in die geval van die San) tydens jagtogte wat vir dae lank kan aanhou. Danksy hierdie gratis kennis is die plant geprivatiseer, vervaardig en verkoop aan apteke om vetsug te stuit. Tuis kan die inheemse jagter nou nie meer dié wondermiddel so vrylik soos voorheen verkry en gebruik nie. 

Die Hoodia-plant

Tydens my visit aan die Tropenmuseum in Amsterdam het ek gesien hoe universiteitstudente plat op hulle gatte sit en mode-tegnieke van ou sogenaamde third world cultures copy vir nuwe inspirasies. Die afgelope vyf jaar het die luxury brand, Louis Vuitton, die cultural identity van Kenya se Masai ge-exploit.

Afrika se minerale word reeds vir dekades teen spotgoedkoop pryse uitgevoer en dan vir miljarde rande teruggekoop. Die helfte van die diamante in India is van Afrika met net tweehonderd plaaslike diamantsnyers wat nog werkend is.

Vat Gou Soe

In die woorde van NHC chief executive Sonwabile Mancotywa:  “Die land kan die trots van sy mense opbou deur ten minste ons suksesse te waardeer. Die geskiedenis wat hierdie suksesse van ons land definieer, is belangrik vir ons erfenis. Hierdie oomblikke in die geskiedenis, die kenmerke van ons natuur en kultuur, sowel as die voorwerpe wat dankbare en onomkeerbare keerpunte in ons leeftyd beteken, is permanente eienskappe van ons trots.”

Die commitment om die kennis van ons se heritage aan die publiek beskikbaar te stel moet eerste prioriteit geniet. Daar’s potential in 'n informed gemeenskap. Geskiedenis is die interpretasies van dokumente en geskrewe bewysstukke. Erfenis gaan oor identiteit.

As die land haar musical heritage wil behou en longevity wil bereik, sal dit innie Hip Hop generation moet invest. Ons het highly skilled producers (deejays, beatmakers), storytellers (emcees), dancers (b-boys), visual artists (graffiti writers) en groeiende ondersteuning om iconic grooves te herontwerp as môre se classics!

  • 2

Kommentaar

  • Hans Richardt

    Ek glo erfenis het ook genetiese geheue wat nageslag erf.
    Geloof, familie en opvoeding vorm jou waardestelsel.
    Familie fotos is ook belangrik. In my geval, was beide my oumas tieners in ABO. Hul het tog permanente indruk gelaat, wat weer oorgedra word aan kinders, behalwe dat ek weier om te snuif...of soos my pa, te pruim...

  • Jy maak goeie stellings en voorstelle.

    Neem bv. die oor musiek en die HipHop generation (HHG). Ek veronderstel die HHG is ook baie bedrewe op "social media" en kan dus maklik 'n beweging soos #IAmStaying aan die gang sit. Dis duidelik dat Suid-Afrikaners honger is vir positiewe nuus en om by te dra tot belowende sake. Dalk word julle verras.

    Moenie wag vir die regering nie - dis nie die beste opsie nie.

  • Reageer

    Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


     

    Top