Die GEC Revolution

  • 0

Ek het soe gehoep dat die minister van basiese onnerwys, Angie Motshekga, toggie deel sou wies van Ramaphosa se kabinettie, wan onner Zuma se regering was sy een vannie ministers wat my diep gelat warrie het. En kyk nou, nog steed die selle ou plasters wat sy op wonde wat vol bloed en pas is wil plak. Kan djy nou ...

Okay, dit sal siekerlik bieter wies as daa meedere artisans deel is van Suid-Afrika. Maa hoekô dannie ʼn program skep wat die pad kan maak vi jong mense en kinnes wat met hulle hanne wil wêkkie? Of is die 27% unemployment rate nog te laag? Hendrick Makaneta is ʼn onnerwys aktivis en hy het gepraat op ENCA-netwerk. Hy stel ʼn paa goeie punte wat by my sit wanner hy praat van om ʼn GEC, of die General Education Certificate, te het gannie doen wat die minister hê dit moet doenie. Dit gan net meer en meer kriminele skep. En daa is mos niks vekeert met daai reasoning nie.

Die punt is dat dit gannie net oorie feit dat GEC na die trial periode wat eindig in 2020 ʼn rêrige ding kan wôttie, maa die feit dat die basic education department soe ʼn biesigheid entertain. Wan al kan die minister sê maa dit gie kinnes wattie wil Geskiedenis en Engels en Wiskunde en sulke goed doen nie, ʼn kans om hulle self te ontwikkel. Maa waa is daai proegramme dan vi kinnes om hulle self te ontwikkel? Minister Motshekga liewe in ʼn droemwêreld.

Na ek die eeste nuusberig oo die gemos ʼn paa dae trug gesien het dink ek net heeltyd, “f#k die robots gan oo vat in 85 jaa, gan vra maa net vi Siri of vi Alexa, of Tannie Google Assist, dan wat? Die kinnes kannie ees reg lies of wiskunde doenie, hoe gan hulle kan kompeteer met Artificial Intelligence, hoe?” Ek wiet hoe ek vo’hien gepraat het van die AI ennie robots, maa dis wat dit is, en ôs is glattie gereed vi dittie.

Maa wat kan mens dan maak as die ministers voel die keuses wat hulle maak, soes hulle brêkvis-skons en sap drink om boardroom tafels, die regte keuse is vi die land en die land se ekonomie. Wil hulle rêrig sê hulle kan nie sien hoe die GEC-nonsense dinge nog êgere gan maak vi ôssie, wan ôs is glattie gereed vi die Vierde Industriële Revolusie nie. Ôs issie gereed vir ʼn workforce wat moet wêk in die Cloud nie. En dan wil Minister Blade praat van ja ôs moetie te veel depend en warrie van tegnologie nie, wan dit gan oo mense en nie tegnologie nie. Wat!?

Ek honestly wietie in watter wêreld liewe die mense nie. Maa miskien is dit makliker vi hulle om in die veliede te bly. Of miskien is die deel van die National Development Plan van 2030 om die land vol van ʼn workforce te maak wat vasgehak is in die veliede waa dit gan oo die produksielyn, en nie oo wat in die Cloud gebeerie.

Hoe kan ôs deel wies en kompeteer in die Niewe Wêreld wanne ôs nie ees wiet hoe om die taal van die toekoms te praatie? Suid-Afrikaanse kinners moet van kleins af nie net gelee wot oo hulle moedertale nie, maa oo die taal wat hulle sal moet praat in die huidige/komende 4th Industrial Revolution.

Wat soek ôs met ʼn toekoms wat gemaak is van Graad-9 educated kinnes?

If you think about it, dan lyk die GEC what-what nogal soes Vewoerd se Apartheidsplan. Maa dan moet djy jouself oek vra, but wie gan dan die rewards reap van ʼn workforce wat gecap is met ʼn GEC? Is dit die Russe? Die Chinese? Die Amerikaners? Die Britte? Of wie? Wan dissie Suid-Afrikaners of die res van Afrika nie. Maa dis tyd dat die Apartheid-mentality iets raak van die veliede. Dis tog nou tyd dat ôs moet vegiet van wat Apartheid en kolonialisme an ôs gedoen het, en fokus wat ôs kan doen lat ôssie bly waa ôs issie. I fear that we will be left out of a wonderful age where life could become easier for everyone, maa ôs sallitie proe nie, wan ôs gannie deel wies van hulle wat biesag is om daai wêreld te creat’ie.

  • 0

Reageer

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


 

Top