Mansmense

  • 0

Ask a man what his greatest fear is about serving jail time, and he will almost inevitably say he fears being raped. What can we deduce from the fact that jail is to men what life is to so many women? – Soraya Chemaly

Die een ding wat mansmense voo bang is van om tronk toe te gan deel hulle uit soes dit uittie fashion uit gan.

Vi my is daa iets groots fout met mansmense. Kyk maa hoe onne hel is die aarde, en dis mansmense wat die “heads of the homes” is. En moet my nie vekeerd vestaanie, ek haatie mansmense nie. Ek haat wat hulle an hulleself, en an die res van die wêreld doen. As dit nettie vi hulle groot ego’s wassie, en die feit dat hulle aliewig dink hulle moet afshow, of moet bewys net hoe cool en collected hulle nou rêrig issie, sal die liewe ʼn anner smaak gehad het. Hulle moet aliewig bewys dat hulle man is. Hulle moet aliewig wys hoe hulle van staal gemaak is. Miskien moet mense die makers van “die Man van Staal” skuld gie hievoo, wan sonne imagination is reality niks.

En kyk hie, dissie ees rêrig soe nie. Hoekô moet mansmense hulleself soe straf om te staan met emosies wat opgebottel is, wan volgens baie het mansmense nie sulke goetie. En ek dink dis waa allie nonsens begin. Mansmense loep in die ronte vol snot en trane. Dis net bolle vol snot en trane. En hoe, sê djy vi my, is dit gesond vi ienige mens om soe in die ronte te loep?

En dissie net een geslag se skuld lat die anne geslag suffer nie. Society skryf voo hoe mansmense moet liewe, en wat hulle moet wies. Hulle doen wat hulle doen, en hulle is wat hulle is ommat hulle convince is dat dit is hoe hulle moet wies, dit is hoe hulle moet uiting gie an die emosies wat hulle dra; hulle moet optrie soes varke, diere, honne wat op heat is. Hulle is convince dat hulle moet bewys annie wêreld hoe stêk hulle is, en hoe alles vi hulle net gan oo daai ding wat tussen hulle biene liewe.

Dis maklik mos om te sê dat ôs mansmense moet vegiewe vi die belaglike rol wat hulle speel as man, maa hoekô moet ôs hulle vegiewe as hulle dan net die rol speel waa’in hulle gecast wôd?

Wie’t anyways gesê mans wil amal die “heads of the house” wies? Wie’t anyways gesê dat mans die beste leiers maak, en wie’t gesê hulle wil rêrig leiers wies? Wie’t gesê dis reg om vi mansmense te sê dat hulle maggie emosies hê, of huil as hulle wil huilie? Wie’t gesê mansmense wil aliewig geroep wôd om die skottel op die dak reg te maak, of die tuin in ʼn goeie toestand te hou, of rof en grof in die ronte te loep? Wie?

Mans trie op in die rol waavoo hulle gecast was. En volgens daai rol is  ʼn “man” altyd reg, die beste, die stêkste, die slimste, die vinnigste, ensovoots. Die script moet geveanner wôd, dis wat. Dissie net mansmense wat siek is, en wat die hele samelewing siek maakie. Hulle wôd daagliks nog gecast in daai rol, en volgens hulle speel hulle daai rol goed. Hulle moet provide, soe hulle sal een ding afbriek om iets anners op te bou. Hulle is in charge, soe as hulle wil iets hê dan kan hulle dit maa vat. Hulle is die stêkste, soe mag hulle doen met ʼn vroumens wat hulle wil, ensovoots.

Maa hoe skryf mens die script oo?

Die wêreld praat genoeg van mansmense moet wiet wat reg en vekeed is. Maa as hulle dan wiet wat reg en vekeed is, hoekô stop hulle hulleself om te huil, of om te sê hulle is see, of voel see, of dat hulle hulp nodig het om die liewe te liewe? Mansmense, seunskinners, jongmanne, moet hulleself die kans gie om te huil en rid te raak van al daai snotterasie wat hulle mien in die ronte in loep. Dis hoe ôs die script kan veanner!

Dankie vi die onnersteuning, kô praat saam.

  • 0

Reageer

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


 

Top