NHI, yea of nay?

  • 2

In een van sy interviews het minister Motsoaledi gesê hy voel dat die way hoe die gesondheidsituasie nou in die land lyk, betaalie armes vi die rykes. Nou dis mossie iets nuuts, of te vê van die waarheid affie.

Ôs betaal mos nou al vi djarre en djarre vi die rykes om te sit smile soes hulle daai room van hulle boelip aflek.

Issie ’n wonne daa wôd nou soe ’n groot bohaai gemaak oo hoekô die hele ding om gesondheidsorg te nasionaliseer nettie sal wêkie. Dit gan maa net oo die feit dat die rykes net bang is vi hoeveel geld hulle gan veloo.

Soes ek die hele ding vestaan, wôd die NHI gecreate soedat nie net ’n 10% van die land se mense goeie gesondheidsorg sal kry nie, maa die hele land se mense. Nou dit issie ’n surprise dat mense tien soe iets kan wies wat vi amal kan baatie.

En natuurlik sal daa mos nou oek ’n paa mense is wat sal sê: “Maa Livy, wat van my keuse om te kies of ek wil medies hê of nie?”

Vi daai mense wil ek sê, check jou voorreg. Die res van ôs hettie sulke keusesie.

Net soes dit vi daai 10% lekke is ommie hoef te warrie oo die dag wanne hulle siek raakie, wil ek oekie mee warrie nie. Wan dit sal net ’n lekke ding wies om nie te hoef te warrie oo hoe die gesondheidsorg sal wies as ek die dag moet siek raakie en daa issie ’n anner way as om ’n staatsdokter of staatshospitaal te gebruikie.

Wan hoe sallitie ’n mens warrie of pla om jou liewe in die staatsdoktes en -vepliegstes se hanne te sit as ’n mens sien en hoo wat angan by staatsklinieke en staatshospitale nie. Ek praat maa net uit experience uit.

.........

“Maa ek is moeg om ’n liewe te liewe waa die amount geld wat ek in my sak het, voosê hoeveel my liewe werd is.” 

.........

En hoekô gannie DA nou soe an. Hoekô het hulle nie lankal gepraat oo gesondheidsorg te veskaf an amallie? Nou wil hulle na vore staan en sê kyk wat met Eskom gebeer, en hoe hulle Sizani-plan sal wêk, maa wêk vi wie?

Hulle praat oo hoe pilot projects van die NHI gefail het, en dat die Westelike Kaap se gesondheidsorg bieter is dan die res van die land. En ek wonner net hoeveel van die DA-leierskap gebruik die gesondheidsorgdienste wat hulle soe oo brêk?

Wan wat ek sien en experience deu te sien wat anners deumaak in klinieke en gesondheidsorgsentrums wat onne die DA val, is daa niks om oo te brêkie.

Dink gou net hoeveel oumense in Suid-Afrika kannit bekostig om op medies te wies. En ek praat nou oo oumense, wan hulle is die mies kwesbare mense op aarde.

Ja, kinnes is kwesbaar, maa het djy al ooit ’n stukkie nuus gelees van ’n oupa of ouma wat weggegooi was deu hulle kinnes?

Die wêreld sien oumense as mense wat kan op hulle eie staan, en agte hulleself kyk, maa hoeveel oumense kan rêrig nog op hulle eie staan? Oumense wôd nie oo gewarrie nie. Hulle wôd maa net gesien as asemdiewe.

As die NHI goeie gesondheidsorg an my ouers kan veskaf, an my anties en oems, dan is ek all for it!

Ek vestaan hoe lekke dit is om keuses te het, en te kan maak, en dis lekke om geld te het om keuses mien te kan maak. En dis sieke mens se konstitusionele reg om te kan kies waa en hoe djy jou gesondheidsorg wil hê.

En miskien gan die keuse nie net oo voorreggie, maa dit gan oo dis elke mens se reg op goeie gesondheidsorg, never mind offit nou privaat of deurie staat is.

Maa ek is moeg om ’n liewe te liewe waa die amount geld wat ek in my sak het, voosê hoeveel my liewe werd is. Al het ek oek ’n konstitusionele reg, baat dittie, wan dit tel vi niks.

Elke Suid-Afrikaner het ’n reg vi goeie gesondheidsorg. Hoekô issit nodig dat mense soe tienie kar moet skop?

Ek hettie vetroue in die heidige gawementie, maa as djy te lank gestruggle het, dan sal djy ienige iets kans gie wat goed lyk.

Dis ruik soes desperasie, maa dis tyd lat dié wat baie het, deel met dié wat min het.

Dankie vi die onnersteuning, kô praat saam.

  • 2

Kommentaar

  • Barend van der Merwe
    Barend van der Merwe

    Nee ek is skepties of die NHI gaan werk. Maar die regering was gewaarsku dat Eskom op 'n ramp afstuur en daar was nie juis daarop ag geslaan nie. So wat sal 'n debat oor NHI nou juis bereik? Eskom is 'n monopolie organisasie wat bekend is vir vet en verdagte kontrakte. Die NHI lyk vir my na 'n nuwe monopolie. Nogals veelseggend al hierdie monopolië wat geskep word deur mense wat so uitvaar teen wit monopoliekapitaal. Daar is geen monopolie op die lughawens nie. Eintlik vreemd maar SA lugdiens se situasie is net so beroerd soos Eskom. Verpligte NHI is 'n goeie idee maar onuitvoerbaar in baie lande en die NHI gaan saam met Eskom en SAA en al die ander staatsbeheerde organisasies bakhand in die tou gaan staan by die tesourie wat reeds met begrotingstekorte sit. En die uiteinde is verdere kredietafgraderings.

  • Die amperse ineenstorting van Provinsiale hospitale het tot 'n opbloei van die privaathospitale en klinieke gelei.Die regering is behep met allerhande onuitvoerbare idees en gedurige kaderontplooing het daartoe gelei dat van die provinsiale hospitale in stinkende hole ontaard het.

    Privaatsekuriteits maatskappye funksioneer en floreer omdat die SAP tot so'n mate verval het en misdaad skrikwekkend toegeneem het dat gewone burgers hul alhoemeer tot privaatmaatskappye wend vir beskerming en miljoene rande bestee om hul lewens en bates agter hemelhoë heings te beveilig.

    Dit gaan biljoene rande kos om provinsiale hospitale weer op standaard te bring en te beman met bekwame personeel.Totdat dit gebeur bly NGV maar nog net 'n mislukte staatsonderneming.Die fiasko met die verskuiwing van meer as 1300 pasiente uit 'n afdeling van Life Healthcare Group,na 27 sg liefdadigheisorganisasies om geld te bespaar is 'n sprekende voorbeeld van wat gebeur as die staat probeer oorneem.

  • Reageer

    Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


     

    Top