Ôs ly an ’n Mandela-kompleks, askies Afrika!

  • 2

Kan ôssie maa die ding op sy naam noemie?

Volgens Google is Xenophobia die vrees van iets wat foreign is, en soe vestaan ek dan dat die Xenophobia mos dan iets is wat sal gebee nie net towards mense van anner African lande nie, maa alle foreigners wat hulle tuismaak in Suid-Afrika.

Soe, wat is Suid-Afrikaners rêrig biesag mie? Haat hulle (dié wat haat) alle foreigners of is die haat wat hulle dra en wat hulle uitspieg gerig op ’n sekere groep mense met ’n sekere velkleur?

Die hele storie issie Xenophobia nie, wan vi my voel dit soes Afrophobia. Afrophobia wat gan nie net oo die haat van mense van Afrika en die diaspora nie, maa hulle kultuur oek.

Maa hoekô voel ôs dan om te sê dat wat hie gebee is Xenophobia?

Ek mien ek vestaan dis klaa ’n storie van met ’n skaam gesig innie ronte loep ommat ôs buitelanders wat van Afrika af kom soe treat soes ôs hulle treat. En ja, daa is honnerde veskonings hoekô buitelanders wat uit Afrika uit kô ’n seerplek op baie mense se harte is, maa kan ôs dan stop en trug kyk 25 jaa geliede, en hoe anne Afrikalande Suid-Afrika bygestaan het deu die smart wat sy geloep het?

..............

“Ek vestaan dat dit moeilik is om deu die smarte en nonsense van jou eie liewe te kyk en te sien dat om die neks pesoon te help, is maa net soes om jou self te help.”

..............

Hoeveel movies was daa nou al geskiet wat wys hoe dit gegan het gedurende apartheidsjare, en hoe die Freedom Fighters met oepe harte in anner Afrika lande ontvang was?

Die arrogansie wat Suid-Afrikaners mie saamloep gan die vou wies van ôs nasie. Wat maak ôs as die res van Afrika besluit om hulle hekke en deure toe te maak? Hoekô gloe ôs dat ôs sal okay wies as ôssie die onnersteuning van die res van Afrika hettie?

Miskien moet dit gebee? Miskien moet die res van Afrika hulle deure sluit en hekke in Suid-Afrika se gesig toeklap, nie vi wattie maa net lat ôs kan lee dat die “I” in Africa bedoel nie “ek” nie, volgens my moet dit staan vi dinge soes Informasie, Innovasie, Inisiatief, Insette, Inspireer, Inspirasie, die list kan angan.

Miskien dan sal ôs as ’n land kan sit en reflect op die haat wat ôs dra vi mense wat van anner Afrikalande afkô. Miskien dan sal ôs kan sien dat miskien as ôs as ’n land mense ontvang met ’n oepe harte en hanne soes hulle gedoen het, miskien kan die liewe vi ammal bieter wies.

..............

“Ôs gloe dat die image van Nelson Mandela en wat hy gedoen het, en wat hy staan vi ôs sal dra vi die res van ôs bestaan.”

..............

Ek kan vestaan dat dit moeilik is om ’n mens in ’n anner mens se skoene te sit, as djy selfie skoene hettie. Ek vestaan dat dit moeilik is om deu die smarte en nonsense van jou eie liewe te kyk en te sien dat om die neks pesoon te help, is maa net soes om jou self te help.

Ek dink dis tyd dat die res van Afrika vi Suid-Afrika ’n les lee, wan hoe anners gan ôs lee as ôs, en ôs se gawement, dan soe gemaklik kan sit en chill onnerie Afrophobia-sambreel, dat ôssie ees kan sien dat dit gannie oo die haat van iets of iemand wat foreign issie, maa die haat van ôs Afrika broes en sustes. Ôs haat anner swart mense en hulle kultuur, dit gannie oorie feit dat baie van hulle meedere besit as wat ôs besittie. Ôs haat hulle ommat hulle in ôs huis vi hulle kô tuis maak het, en die kanse gebruik wat ôs innie bek kyk.

Suid-Afrika ly an die Mandela-kompleks, ôs gloe ôs is special en nie deel van die res van Afrika nie, en sê dat apartheid ôs gespoil het. En dis net soe wan alles wat ôs sien is ôs sinne, en kannie gedeel wôttie, al was dit net gister wat die res van Afrika hulle sinne met ôs gedeelit. En ôs oë is toegeplak met daai arrogance.  

Ôs gloe dat die image van Nelson Mandela en wat hy gedoen het, en wat hy staan vi ôs sal dra vi die res van ôs bestaan.

  • 2

Kommentaar

  • Daar loop nie stroop uit mode van immigrante nie. Wanneer laas het jy gedwaal deur die strate van Jo'burg CBD? Hmm?. Hillbrow? Hmm? In die Diepsloot squatter camp? Al gesien hoe kyk dit daar? Al gesien hoe Nigeriërs openlik dwelms verkoop aan skoolkinders by die taxi rank? En as Suid-Afrikaners hulle konfronteer word hulle summier deur die immigrant doodgeskiet.

    Kom bietjie uit die Kaap jong. Die res van Suid-Afrika is waar hierdie dinge waaroor jy so baie te sê het gebeur. Xenofobie gaan net so min oor kultuur as die bende-oorloë in die Kaap. Dat gaan oor misdaad. Kom kuier bietjie hier by ons en gesels met die mense wat elke dag deur die taxi ranks gaan. Kom verduidelik vir húlle dis ’n Nelson Mandela ding.

  • Reageer

    Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


     

    Top