Menings
LitNet se ruimte vir onderhoude, essays, seminare en rubrieke wat toonaangewende menings uitspreek.
LitNet's space for interviews, essays, seminars and columns that express groundbreaking opinions.
Die Nasionale Ontwikkelingsplan: Is daar hoop?
2023-10-05’n Verdoemende verslag is onlangs aan president Ramaphosa oorhandig rakende die gebrek aan die implementering van die Nasionale Ontwikkelingsplan. Morne Mostert is een van die lede van die komitee wat die verslag opgestel het.
Gebeente deur Etienne van Heerden: ’n LitNet Akademies-resensie-essay
2023-10-05"Dit is van die begin af duidelik dat Van Heerden met hierdie roman terug is by die magiese realisme waarmee hy so suksesvol was in romans soos Toorberg en Die swye van Mario Salviati."
SPU Internasionale Taalkongres 2023
2023-10-05"Die heel eerste SPU Internasionale Taalkongres is van 6 tot 8 September deur die Sol Plaatje-universiteit in Kimberley aangebied. Aan die hand van die referate wat aangebied is en die gesprekke wat daardeur ontketen is, is dit duidelik dat daar verskeie deurslaggewende kwessies is wat die inheemse tale beïnvloed, waarvan die publikasie van literatuur in spesifiek gemarginaliseerde taalvariasies die grootste is. Onder leiding van Yusuf Feltman van die Universiteit van Johannesburg is daar besluit om ’n werkgroep te vorm om hierdie publikasiekwessie aan te pak."
Une vie heureuse
2023-10-05"Ek het simpatie met Joan Hambidge wat só ’n verdoemende resensie moet verwerk. Miskien spoor dit haar aan om te bewys dat sy ’n verhaal kan vertel sodat ons aan elke woord sal hang."
Die Johann Rossouw-gespreksreeks: En die Woord het onder ons kom woon – Afrikaanse aanbidding en die toekoms van die Afrikaanse wêreld
2023-10-05"Dit is nie net dat God in sy vleeswording God vanaf die transendente na die immanente, vanaf dit wat anderkant die syn is na die syn toe vertaal nie, maar ook dat die vleesgeworde Woord deur die gebruik van menslike tale van meet af self as vertaler werk."
Mzansi 2023, of hoekom huil ons steeds oor ons geliefde land?
2023-10-03"Kuns is veronderstel om die groot gelykmaker te wees. Hoeveel keer het ek nie self al op ’n verhoog gestaan en gesê dat kuns universele ervarings uitdra, dat dit mense empatie leer want hulle vind uit ander is presies net soos hulle nie? Hoekom dan voete sleep wanneer dit kom daarby om rassiste uit diverse spasies te boender?"
Hoe wys jy liefde? En hoe wil jy liefgehê word?
2023-10-02"Liefde is nie soos sjokoladekoek wat minder word soos ’n mens die stukke uitdeel nie."
Vier Diwali 2023: ’n dialoog met Ahneesh Valodia van Taare!
2023-09-30"Suid-Afrika se diversity is altyd motivation om niewe cultures te visit op heilige dae, soes Diwali wat in November 2023 plaasvind. Watter bietere way is daa ommie Heritage-maand (September) en Diwali te vier op LitNet as met ’n dialoog mettie creative director van Taare, Ahneesh Valodia!"
Rosa in New York – from Cape Flats to Carnegie Hall is ’n treat vi Heritage Month!
2023-09-30"Om ôse Cape Malay musical traditions international waters toe te vat is ’n celebration of note. Ôse community het baie ge’contribute tottie development van heritage en culture in Suid Afrika – soes Moeniel innie boek sê, Rosa is the national anthem of the Cape Malays!"
We need to talk
2023-09-28Sihle Khumalo says conversation is important. We need to talk about the difficult things, the hard things, the things that make us uncomfortable. Freek Robinson starts the conversation.
Piet van Rooyen: Rondom ’n boorvuur
2023-09-28"Binne die bestek van drie woorde word ’n hele kosmos opgeroep met natuur, mens en gode."
Fedsas-persverklaring oor BELA: Is die koeël deur die kerk vir onderwys?
2023-09-28Ons, die mense van Suid-Afrika, sal moet opstaan vir openbare skole en baie harder baklei vir gehalte-onderwys vir elke kind in ons land. Ons moet besluitnemers aanspreeklik hou vir die nakoming van hul verantwoordelikhede. Goeie ouers moet hand opsteek en staan as kandidate in volgende jaar se beheerliggaamverkiesing en elke ouer moet gaan stem.
Die BELA-konsepwet is aanvaar: ’n onderhoud met Jaco Deacon
2023-09-28"Geen van die bepalings in BELA gaan sorg vir goeie skole of goeie landsburgers nie. Die teendeel kan eerder gebeur, naamlik dat die staat goeie skole se taalbeleide kan verander of goeie skole oorvol kan maak met beheer oor toelatings."
Die Johann Rossouw-gespreksreeks: Hoe COVID-19 ons herinner het aan wat ons nooit moes vergeet het nie
2023-09-28"Wat is dan nou hierdie engelagtige musiek wat uit die radio kom? Hoe is dit dan dat die pianis se vingers op die klawers so hoorbaar is dat sy dit kan sien? Lang, wit vingers wat ritmies die klawers druk, ritmies soos wat sy self van kapsule na kapsule saam met dokter Engelen beweeg, die suurstofmaskers verstel, seker maak die druppe is nog vol, die bloeddruk stabiel?"
Afasie: Wat doen jy wanneer woorde wegraak?
2023-09-27"Alhoewel afasie in die eerste plek ’n taalversteuring is, kan sommige mense sekondêre kognitiewe uitdagings ervaar, soos probleme met geheue of aandag – dit is meer as ’n blote verlies aan woorde. Die toestand kan byvoorbeeld veroorsaak dat lyers hul loopbaan moet prysgee, wat dikwels lei tot sosiale isolasie, een van die pynlikste emosionele gevolge van afasie."
artwords: UT PICTURA POESIS – Kunsten in gesprek
2023-09-22"Voor deze notitie op vraag van Jean Dreyer heb ik ervoor gekozen de intrigerende 'intermedial gap' tussen woord en beeld kort aandacht te geven. In mijn onderzoeksgebied, de letterkundige neerlandistiek, wordt nogal wat onderzoek naar intermedialiteit ondernomen. Ik word geboeid door semantische en poëticale relaties tussen schilderkunst en poëzie."
Piaf & Brel: Luisterryk! deur Naòmi Morgan en Bernard Odendaal: ’n LitNet Akademies-resensie-essay
2023-09-22"Die bundel is gerig op Afrikaanssprekende entoesiaste van die Franse chansons en poësieliefhebbers wat in die Franse kultuur en die unieke, gesofistikeerde nagklubwêreld van Parys belangstel."
"Maar wat ek nou vir jou sê kan ek nie in die openbaar sê nie": Notas oor die groeiende metafisiese oorlog van ons tyd
2023-09-21"Vir hierdie asketiese mistici word die hardste oordeel vir die self gespaar, word eerder geswyg as gepraat, en word ’n nuwe gemeenskap moontlik – radikaal inklusief vir álmal wat bereid is om die self af te lê en hulle aan hierdie biddende dissipline te onderwerp, en terselfdertyd radikaal ontoeganklik vir diegene wat eerder met die self besig wil wees."
’n Gebaretaalwoordeboek
2023-09-20Hoekom is daar verskillende dialekte in Suid-Afrikaanse Gebaretaal? Waarom beteken dieselfde gebare een ding as die spreker glimlag en iets anders as die spreker frons? Hoekom sukkel dowe mense soms om gewone skrif te lees – hulle kan mos sien?
Om ’n ma te verloor
2023-09-19"Om ’n ma te verloor tref op ’n manier waarop geen ander verlies jou tref nie. Die feit dat ek haar as volwassene verloor het, is nie beter nie."
