Menings

LitNet se ruimte vir onderhoude, essays, seminare en rubrieke wat toonaangewende menings uitspreek.
LitNet's space for interviews, essays, seminars and columns that express groundbreaking opinions.

Miniseminaar oor strukturele rassisme

Bettina Wyngaard Seminare en essays 2023-10-24

"Rassisme  is nog steeds so Suid-Afrikaans soos braaivleis en boerewors, want daar is sisteme en strukture wat dit in stand hou."

LitNet se miniseminaar oor strukturele rassisme

LitNet Seminare en essays 2023-10-24

LitNet het romansier en LitNet-rubriekskrywer Bettina Wyngaard genooi om ’n aanlyn miniseminaar oor strukturele rassisme aan te bied. Sy het Ingrid Jones, Loretta Feris, Siya Khumalo, Mervyn Sloman en Christi van der Westhuizen genader om deel te neem. Hier volg Wyngaard se inleidende opmerkings, sowel as die deelnemers se menings.

Om ’n boer te stimuleer om weer ’n boer te wees

Freek Robinson, Johann Kotzé Onderhoude 2023-10-24

Johann Kotzé is pas aangestel as hoof- uitvoerende beampte van Agri SA. Freek Robinson vra hom hoe hy boere in Suid-Afrika teen politieke inmenging gaan beskerm.

Persverklaring: 2023 Prestasiebeurs van die Van Ewijck-Stigting beskikbaar

LitNet NeerlandiNet 2023-10-23

Daar kan weer aansoek gedoen word vir die Van Ewijck-Stigting se  Prestasie-prys van R75 000. Dit is ’n prys vir bewese prestasies wat reeds gelewer is en verband hou met die doelstellings van die Stigting, wat kulturele betrekkinge tussen Suid-Afrika en Nederland in die ruimste sin bevorder. Dit sluit alle vertakkinge van die kunste en wetenskap in.

The results of the 2022 South African census – and thoughts on every South African learning their "mother tongue plus two"

Naomi Meyer, Lorna Carson Opinion 2023-10-23

"Creating the conditions where this kind of multilingualism is fostered involves commitment, leadership in education policy, and an understanding that the long-term benefits of such an approach are worth the time, cost and effort, because it will contribute to social cohesion, individual well-being and the development of new opportunities for speakers."

Die Nobelpryswenner vir 2023: Jon Fosse, die stem van die onsêbare

Mellet Moll Seminare en essays 2023-10-19

"Die Nobelprys vir letterkunde is sedert 1901 aan 120 wenners toegeken en Fosse het die prys verower vir sy vernuwende bydrae om met veral sy vernuwende dramas en prosa '’n stem te gee aan die onsêbare', soos reeds hier bo vermeld. Heelwat van die karakters in sy werke is buitestanders, en eksistensiële kwessies soos selfdood en waansin kom aan bod. Die onsêbare behels onder meer die diepgang van kreatiwiteit, angst, liefde, skande, verwerping, grasie en genade."

Hou KI ’n bedreiging vir skrywers in? | Etienne van Heerden Veldsoirée 2023

Imke van Heerden Kunsmatige intelligensie | Artificial intelligence 2023-10-19

Die Istanboelse akademikus Imke van Heerden besin oor die toekoms van skeppende skryfwerk, en diep vroeë kompergeskiedenis op om oor hierdie vraagstuk na te dink.

Die stereotipering van vroue

Nini Bennett-Moll Rubrieke 2023-10-19

"Dit is inderdaad so dat mens ander nie op rigiede wyse in kassies, kompartemente – noem dit wat jy wil – kan plaas nie. Maar dit is wel die geval dat die narratiewe onderliggend aan menslike gedrag en prototipes in patrone bly uitspeel. Hier volg ’n paar van die vroulike stereotipes."

21 Voices deur Marthie Momberg en die Palestynse stryd: Wat kan jý doen? | Naledi-dag 2023

Trisa Hugo Boeke en skrywers 2023-10-18

"Luister na Marthie Momberg – sy vra die regte vrae, sy bring die boodskap dat ons net moet doen wat ons doen, en dit sal die regte ding wees."

Laaste kans: ’n boekebrekfis met Marita van der Vyver

Christiaan J de Swardt, Marita van der Vyver Onderhoude 2023-10-17

"Hoewel hierdie boek nie ’n Covid-storie is nie, gebeur daar dinge, en op ’n manier is dit tog ’n bewusmaking van die skaduwee van die pes wat oor ons gehang het. Die karakters weet nie wat op hulle wag nie, hoewel die lesers ’n vermoede het ..."

Die mens was amper nie hier nie

Elsabé Brits Seminare en essays 2023-10-17

"Die storie oor ons evolusie, en hoe ons ontwikkel het, is ten nouste gekoppel aan die uitwissing en dood van ander spesies voor ons. Ons kan met reg vra of ons hier sou gewees het indien daar nie vorige massa-uitwissings was wat ons voorsate ’n hupstoot gegee het nie. Ons oervoorsate se storie is ook ons storie."

Is daar hoop vir ’n vreedsame oplossing in die Israel-Hamas-konflik?

Bettina Wyngaard Rubrieke 2023-10-16

"Die oorgrote meerderheid van die mense wat nou in die Gaza-strook vasgevang is, is nie Hamas-lede nie. Daar is dokters, verpleegsters, onderwysers, joernaliste, vrugteverkopers, huisvroue. Gewone mense. Natuurlik is daar lede van Hamas ook, maar hoe skei mens in ’n stedelike gebied vegter van onskuldige burger? Niemand kan nie, en dit lyk ook nie asof die Israeli-weermag met hul Amerikaanse ondersteuners belangstel om dit te doen nie."

Die Johann Rossouw-gespreksreeks: ’n onderhoud met Charl-Pierre Naudé oor In die rede geval

Johann Rossouw, Charl-Pierre Naudé, Henning Pieterse Onderhoude 2023-10-16

In hierdie aflewering van die Johann Rossouw-gespreksreeks praat Johann Rossouw en Henning Pieterse met Charl-Pierre Naudé oor Charl-Pierre se boek In die rede geval

Afrikaans kom derde: kommentaar op Suid-Afrika se jongste sensusverslag

Theodorus du Plessis Seminare en essays 2023-10-13

"Dit wil voorkom asof die beleidmakers vasgevang sit in ideologiese denke omtrent taal. ’n Mens kan daarom net hoop dat hulle hiervan bevry sal word en die gulde geleenthede sal aangryp wat hierdie jongste sensusverslag ons bied."

Reguit met Robinson: Palestina, Hamas en Israel in 2023

Freek Robinson, Marthie Momberg Onderhoude 2023-10-12

Marthie Momberg skets vir Freek Robinson die agtergrond rakende die Palestynse militante groep Hamas se aanval op Israel.

Waar is ons skoolbiblioteke?

Fanie Viljoen SA Skoleseminaar | Schools Seminar 2023-10-11

"Baie mense sal reken dat die internet skoolbiblioteke kan vervang. Dit is wel so dat die internet onontbeerlik vir leerders is, maar boeke is ook broodnodig. Leerders moet albei kan gebruik."

Skole se invloed op die onderbou van (on)geletterdheid

Gerda-Marié van Rooyen SA Skoleseminaar | Schools Seminar 2023-10-11

"Geletterdheid en lees met begrip, of eerder die gebrek daaraan onder graad 4-leerders, het onlangs onder die soeklig gekom. Wat sê kenners?"

Dit het niks met die prys van eiers te doen nie

Bettina Wyngaard Rubrieke 2023-10-09

"’n Sogenaamde scarcity mindset maak mense blind vir die behoeftes van ander. Hulle moet hulleself alles toe-eien, voordat iemand anders hulle voorspring."

"Suid-Afrika" se bewindsveranderings – vervangende regerings in ’n ontbindende orde

Koos Malan Seminare en essays 2023-10-05

"Vanweë die agteruitgang van die sentrale regime groei daar ’n verskeidenheid van vervangende regerings, maar terselfdertyd ook talle streke waar daar geen regering en georganiseerde reg meer is nie. Die uitwerking hiervan is dat 'Suid-Afrika' al hoe meer ’n abstraksie word, en as ’n daadwerklike staat en konstitusionele bestel algaande vervaag."

Christi van der Westhuizen oor witwees | Etienne van Heerden Veldsoirée 2023

Christi van der Westhuizen Menings 2023-10-05

Christi van der Westhuizen het by die afgelope Etienne van Heerden Veldsoirée en by die Veldsoirée van 2022 lesings oor witwees gegee. Die video-opnames van die twee lesings verskyn hier neffens mekaar.

Top