Menings
LitNet se ruimte vir onderhoude, essays, seminare en rubrieke wat toonaangewende menings uitspreek.
LitNet's space for interviews, essays, seminars and columns that express groundbreaking opinions.
Elders gesien: Mbeki die mees destruktiewe president in die ná-1994 era
2023-08-29"Ja, die diewery het onder sy opvolger absurde vlakke bereik, maar ook dit wat onder Zuma gebeur het, is die indirekte resultaat van Mbeki se ego en ideologie; hy het die landery voorberei waarop die misoes nou staan."
Die relatiwiteit van emigrasie
2023-08-28"Geliefdes het die behoefte om steeds na mekaar uit te reik en deel van mekaar se wêrelde te wees, maar die werklikheid is dat hulle nou in verskillende dimensies leef."
Barbie: ’n Feministiese ikoon of ’n paradoks in pienk?
2023-08-28"Uiteindelik word die uiteenlopende beskouings rondom Barbie blote projeksies van vrese en vooroordele op die arme pop-ikoon. En perdalks is Barbie ’n Rorschach-toets in pienk. Diegene wat haar liefhet én haat dra steeds by tot die omstrede en hoogs suksesvolle bemarkingsveldtog wat haar sedert 1959 laat floreer het."
Klimaatsmanipulasie: tegnologie en sosiale konteks
2023-08-25"Klimaat-ingenieurswese verwys na die grootskaalse manipulasie van spesifieke prosesse wat sentraal staan tot die beheer van die aarde se klimaat met die doel om sekere voordele daaruit te verkry."
Beyond the age of demagogues
2023-08-25"It is a common thing in the South African political scene, approaching elections, that every political party takes its campaign line mark from the Economic Freedom Front (EFF) to jumpstart the race - by a rowdy form of political assertion. This usually takes a form of its cultish leader, Julius Malema, igniting the tinder by doing something deliberately controversial, like singing the 'Kill the Boer' song."
Die goeie nuus van grondhervorming
2023-08-24"PALS laat jou op ’n nuwe manier oor grondhervorming dink – grondhervorming wat ekonomiese groei, werkskepping, voedselsekerheid en sosiale harmonie bevorder. Dis eenvoudig die regte ding om te doen."
Die kopskuif om onderwys se toekoms te verseker
2023-08-23"Daar bestaan ’n dringende behoefte aan vernuwing wat betref nuwe onderwysmetodes en oplossings om onderwys se toekoms te verseker.’n Groep deskundiges en opvoeders het verlede Donderdagaand tydens ’n gesprek wat deur die Vriende van Afrikaans (VVA) en die Afrikaanse Onderwysnetwerk aangebied is, besin oor moontlike kopskuiwe wat nodig is om die noodsaaklike vernuwing binne die onderwysstelsel ’n werklikheid te maak."
Programma Festival voor het Afrikaans 2023 bekend
2023-08-23Het Festival voor het Afrikaans is een tweejaarlijks festival dat als doel heeft het Nederlandse en Vlaamse publiek te laten kennismaken met de rijkdom van de Afrikaanstalige cultuur. Deelnemers zijn onder meer Antjie Krog, Stef Bos, Adriaan van Dis, Amanda Strydom, Ronelda Kamfer, Babs Gons, Frazer Barry, Dean Balie, Marlo Minnaar en de Klimaatdichters | 24–26 november, theater De Regentes, Den Haag
Elders gesien: Angie Oeh | “Rus sag, my fellow Moot-kind,” skryf Peach van Pletzen
2023-08-22"Die lewe is brutal maar dis ook beautiful. Nes jy Angie. Jy was ’n flikker, ’n beam vir die misfits en ons het jou gesien. Jy het seker gemaak van dit. Jy het die wêreld gegryp en jy het jou merk gemaak."
Apatiese kiesers kan Suid-Afrika red, mits hulle stem
2023-08-22Freek Robinson sê kenners dink 35% van die stemme is ’n meer haalbare totaal vir hierdie groep partye. Die 51% waarop gehoop word, sou dan ’n hersenskim wees. Pieter Groenewald sê dit is hoekom die apatiese kiesers moet wakker skrik. Die ANC regeer tans met slegs 27% van die kiesers se steun, al het hulle meer as 50% van die setels in die parlement.
Die landskap van die psalms
2023-08-22"'n Besinning oor die landskap van die psalms lei vanself na die vraag van die oorsprong van die psalms. Die verdere vraag wat beantwoord moet word, is watter soort psalms in die landskap voorkom."
Wat het skaak en transregte met mekaar te doen?
2023-08-21"Nou mag transgender vroue vir minstens die volgende drie jaar, of hoe lank hierdie belaglike ondersoek ook al duur, nie in die vroueliga deelneem nie. Wat die ondersoek behels, is boonop ook onseker. Gaan hulle nou die omtrek van vroue se koppe meet teen dié van mans? Gaan hulle die grootte en massa van vroulike breins bepaal en daarvolgens afleidings maak oor hoe die brein funksioneer?"
LitNet Akademies-resensie-essay: Plunder deur Antjie Krog
2023-08-18"Met die eerste lees van Plunder het ek gedink: Krog is kwáád. Wéér. Stééds. Maar namate ek meer tyd met die bundel deurgebring het, het ek tot die besef gekom dat ek hier nie net met die beskrywing en oopskrywing van plundering op alle vlakke te make het nie, maar ook met die teer poëtiese verpakking en verwerking van individuele sowel as kollektiewe trauma – ’n vorm van narratiewe terapie."
Taxi violence – who is to blame?
2023-08-17Santaco has now approached the court to challenge the legality of taxis being impounded, something which the mayor of Cape Town, Geordin Hill-Lewis, seems to welcome. Freek Robinson asked Hill-Lewis: Why now? And what next?
Laat my mense speel!
2023-08-17"Dit lyk my nou dat skaak die volgende slagveld is vir transgender mense. Transgender vroue mag nie teen cisgender vroue speel in FIDE-toernooie nie."
Dié "koddigheid" kan die dice vi’ Kaaps verkeerd laat val
2023-08-17"In die proses van die 'bewuste etnifisering van Kaaps', ontkom die taalmedium aan die stereotipiese bedoelings van diegene wat in Small se era na Kaaps as 'Capey' en 'Gamat-taal' verwys het. Die pedagogie van sogenaamde platvloersheid word bevorder deur die [na my mening] koddigheid van hedendaagse Kaaps-spelwyses en -skryfstyle, en in die afwesigheid van nuutskeppinge in die taal, word 'eerder hindernisse in die leesproses' geskep. Dit laat die dice vi’ Kaaps verkeerd val."
Vetsug, jou gene en die mediese wetenskap
2023-08-17"Honderde gene, die manier waarop die liggaam vet stoor en hoe die brein eetlus beheer, asook verskeie omgewingsfaktore, bepaal saam ’n mens se gewig en liggaamsgrootte. Toe vetsug meer algemeen begin raak het, het kwaksalwery met sy leë beloftes bygekom om die waters van ’n mediese stryd te vertroebel."
Laaste hulde aan Dan Sleigh
2023-08-17Die skrywer Dan Sleigh is op 29 Julie 2023 oorlede. LitNet plaas – met toestemming – huldeblyke en foto’s deur familie en vriende. (Uit die skrywes sou mens kon aflei dat Dan Sleigh se grootwordjare en sy vroeë blootstelling aan ’n VOC-baken op die plaas waar hy gebore is, dalk die inspirasie kon wees vir sy volgehoue belangstelling, navorsing en skrywes oor die Suid-Afrikaanse geskiedenis.)
Achille Mbembe: "Om die demokrasie aan die hand van die lewende te heruitvind" (uit die Frans vertaal deur Johann Rossouw)
2023-08-16"Mense was nog altyd ’n bietjie meer as bloot mens. Dieselfde geld objekte wat nog altyd ’n bietjie meer as bloot werktuie was. Dit is wat die animistiese Afrika-denke ons van altyd af leer."
Persverklaring: Johaar Mosaval was ’n legende in eie reg
2023-08-16As Suid-Afrikaners was ons bevoorreg om hierdie balletlegende van Distrik Ses ons eie te noem: Die eerste swart balletdanser wat by die Royal Ballet aanvaar is, wat gedans het by die kroning van wyle koningin Elizabeth II in 1953.
