Menings
LitNet se ruimte vir onderhoude, essays, seminare en rubrieke wat toonaangewende menings uitspreek.
LitNet's space for interviews, essays, seminars and columns that express groundbreaking opinions.
Onthou die gevare van ongeërgdheid
2023-08-15"Die diskoers rondom die jongste weergawe van die lied was weer eens uiteenlopend, maar hierdie keer tog anders. Daar is ’n besliste verandering in die weerklank. Meer meningsvormers wat gewoonlik die bovermelde soort oordele gevel het, was aansienlik meer krities teenoor Malema."
Ubuntu? Nie solank Zuma ons regstelsel as sy speelbal gebruik nie
2023-08-14"Is ubuntu dan nie presies om absolute gelykheid voor die reg te verseker nie?"
"Wees geduldig, maar wees braaf": Anton Kannemeyer se raad aan jong kunstenaars
2023-08-11"Afrikaners het van nature ’n innerlike begrip vir verset. Altans die tipe Afrikaners wat ek altyd interessant gevind het." Anton Kannemeyer gesels oor Bitterkomix 19, sy solo-uitstalling binnekort by die Toyota US Woordfees, uitdagings vir jong kunstenaars en die kuns van verset in ’n nuwe swygkultuur.
NSFAS-hulpskema vir studente kan lei tot nog ’n #FeesMustFall
2023-08-10"In Pretoria, Bloemfontein en Potchefstroom het studente die afgelope twee weke in tipiese #FeesMustFall-modus operandi in groot getalle op kampusse betoog uit frustrasie met NSFAS se nuwe uitbetalingstelsel."
Is Vrouedag relevant?
2023-08-09Moet ons nog Vrouedag vier? Vaar Suid-Afrika goed met vroueregte sedert die totstandkoming van ons demokrasie? Het feminisme nog ’n plek in ons samelewing? Wat van die transgesprek? En die woke-beweging? Waar pas geloof in hierdie prentjie? Amanda Gouws neem Freek Robinson deur hierdie vrae, en vele meer.
Terugvoer oor die tweede Cape Flats Stories: ’n oorsig deur Christa Kleynhans
2023-08-07"Chenal Kock-Collins, Christine Collins, Kelly Pockbas en Barend van der Merwe het die slypskool oor die evolusie van Afrikaaps na Afrikaans, van skinderstorie na storievertel bygewoon."
Die Johann Rossouw-gespreksreeks: in gesprek met René Girard oor die apokalips van ons tyd
2023-08-07"Die eietydse aankondiging van toekomstige klimaatskatastrofes openbaar die einde van die vooruitgangsgeloof, oftewel die idee dat die onbepaalde vooruitgang na die beste sy afsnypunt en sy versadigingspunt bereik het. Ons beweeg nie meer na ’n onbepaalde verbetering toe nie. Ons beweeg deur die afwisseling van orde en chaos, en dít in ’n sirkulêre beweging."
LitNet se Kommadagga-slypskool in samewerking met die Jakes Gerwel Stigting en Huisgenoot: ’n onderhoud met Fourie Botha
2023-08-07"Skryf is ’n werkwoord. Wanneer ’n mens op ’n fiets klim, word jy ’n fietsryer; stap jy by ’n prokureursfirma in, is jy ’n kliënt. Meld jy by die Paulet Huis aan, kyk die mense daar vir jou soos ’n mens na ’n skrywer kyk en moet jy na jouself as ’n skrywer kyk. Jy het opgedaag om jou job te doen, en soos by enige werker is daar ’n doel voor oë."
Is die taxistaking die begin van staakseisoen?
2023-08-07"Wie word die ergste getref deur die protesaksies? Die arm mense wat nie oor hul eie vervoer beskik nie. Die mense wat al klaar aan die onderpunt van die samelewing is, word nou vergruis in die borsstampery tussen die taxibase en die munisipaliteit. Kinders wat ’n opvoeding nodig het om ’n beter lewe te kan lei, kom nie by skole uit nie."
Wie versorg die versorger?
2023-08-07"’n Kollega van my wie se ma ’n jaar gelede oorlede is nadat sy lank siek was met Alzheimers, het vir my gesê dat humor dikwels haar redding was. Soms wil jy jou leeg huil oor wat met jou ma, eggenoot, familielid gebeur. Ander kere kan jy maar net lag."
Speech to the Chamber of Commerce and Industry – Coffee Club | Artscape Women’s Humanity Festival 2023
2023-08-04"The overall intention is to promote, celebrate, support and empower women in all spheres, all walks of life, all cultures and capabilities – ultimately, to ensure an equal, balanced society for all, now and in the future."
’n Koalisiewaghond?
2023-08-03Aangesien ’n nasionale koalisieregering moontlik ná die volgende verkiesing sal moet regeer, sal Suid-Afrika moet voorbereidings tref om te verseker dat die huidige chaos nie aanhoudend herhaal sal word nie. Het ons dalk ’n Artikel-9-koalisiewaghond nodig? Indien wel, hoe sou so ’n instansie lyk? Indien nie, watter ander moontlikhede is daar?
Stemme: Teaterprojek gee stemme toe alles stil geword het – én daarna
2023-08-03"Dis ’n projek van LitNet, in vennootskap met Suidoosterfees, NATi en die ATKV wat ondersteun word deur Het Jan Marais Nasionale Fonds en die LW Hiemstra Trust."
Nelson Mandela was ’n spesiale mens, maar geen heilige nie
2023-08-02"Die vraag wat nou, hier kort na die einde van Nelson Mandela-maand, onwillekeurig by my opkom, is of dit nodig sou wees om Madiba se donker kant te onthou. Ons almal het immers ’n skadukant. So, hoekom nie?"
Jean’s Hill: ’n onderhoud met Henry Cloete
2023-08-02"Die lekker ding van woordloosheid (en taalloosheid, uiteraard) is dat bykans enigiemand in die wêreld aanklank daarby kan vind (indien hulle daarvan hou … ek maak geen beloftes of aannames hieroor nie), so dit is ook ’n interessante nuwe rigting om te verken."
Festival voor het Afrikaans 2023: ’n onderhoud met Stef Bos
2023-08-01"Ek sien daarna uit om met Frazer iets te sing en te skryf. Ek hou van hom en dink ook dat hy ’n brug kan bou na die noorde."
’n Huldeblyk aan Kelvin Singini, voorheen kelner by Asta in Stellenbosch
2023-08-01"jy was ’n kelner
wat my soms bedien het
’n vreemdeling
uit ’n vreemde land"
Verkiesing 2024: ek slaan my oë op na die berge
2023-07-31"Behoort ouer mense nie afstand te doen van magsposisies wanneer hulle nie meer behoorlik in staat is om by te dra nie? Daar is geen skande aan om ’n mentor te wees vir iemand jonger en gesonder nie."
Persbericht: Etienne van Heerden en Deidré Jantjies over de kracht van verhalen in Boeken uit het Huis
2023-07-28Op donderdag 31 augustus begroet het Zuid-Afrikahuis een oude bekende. Dan is Etienne van Heerden online te gast om te praten over de herziene vertaling van zijn indrukwekkende debuutroman Toorberg (1986). Aan het gesprek wordt ook deelgenomen door vertaler Rob van der Veer en cultureel activist Deidré Jantjies, schrijfster van Stories in die wind.
Is die bluelight brigades nodig?
2023-07-28"Die saak wat nou voor die howe dien, nadat agt beskermingseenheidlede drie lede van die publiek aangerand het, is nie net ’n gewone kriminele saak nie. Dis ook ’n toets van hoe ver ons howe, en die breër publiek, bereid is om verdere vergrype toe te laat."
