Menings

LitNet se ruimte vir onderhoude, essays, seminare en rubrieke wat toonaangewende menings uitspreek.
LitNet's space for interviews, essays, seminars and columns that express groundbreaking opinions.

Wat moet ons as literatore dan doen?

Dewald Koen, Willie Burger Seminare en essays 2023-07-27

"Is daar dan enigsins ’n nut vir wat ons as literatore doen behalwe om die 'betekenis' van gediggies vir skoolkinders te verduidelik?"

Waarom by ’n uitgewer aanklop eerder as om self te publiseer?

Kerneels Breytenbach Seminare en essays 2023-07-27

"Mens het uiteindelik spesialiste nodig op die meeste gebiede. Jy sal nie ’n ambulansman vra om jou beenmurgkanker te behandel nie."

Migrants: fear of the "Other" changing the face of politics in Europe

David Willers Opinion 2023-07-27

"Apart from getting sanctions lifted – and the calculation is that the effect of the latest grain shipping blockade embargo will trigger another massive migration crisis in Europe – Putin must also be hoping that the political impact in the EU will speed up calls for an end to the war in Ukraine via a negotiated settlement."

Die vlinder en die draak

Freek Robinson, Anthoni van Nieuwkerk Onderhoude 2023-07-26

Ons bied binnekort die Brics-beraad aan en Cyril Ramaphosa het die ander Afrikalande genooi om dit by te woon. Maar wat van China? Gaan ons hier in Afrika tevrede moet wees met ’n Chinese leierskapstyl van geen demokrasie nie? Moet ons bereid wees om die Chinese geldeenheid te omarm?

Die virus, die king, "Die Stem" en die sonkoning

Gert van Jaarsveld Seminare en essays 2023-07-26

"Die Britse kroon is 31,5 cm hoog en weeg 1,06 kg. Die raam is van goud, silwer en platinum en is verder versier met 2 868 diamante, 273 pêrels, 17 saffiere, 11 smaragde en vyf robyne. Die 317,4 karaat-Cullinan II is voor en in die middel van die fabelagtige kroon gemonteer. Die Cullinan I, of “Great Star of Africa”, is 530,2 karaat en is aan die bokant van die koninklike staf gemonteer."

Festival voor het Afrikaans 2023: ’n onderhoud met Frazer Barry

Naomi Meyer, Frazer Barry Feeste 2023-07-26

"Dit is ’n tweejaarlikse fees en die doel uit die staanspoor was om die rykdom van die Afrikaanse kultuur aan die Nederlandse en Vlaamse publiek oor te dra en om kreatiewe samewerking tussen die lande te stimuleer en aan te spoor."

Die Barbie-fliek en agentskap: die pienk kalklig val op Ken

Naomi Meyer Film 2023-07-26

"Tussendeur, terwyl ek Ken se reis beskou, wonder ek: Wie mag uiteindelik vir wie uitdink? Wie kan dit regkry?"

’n Ander land, steeds weer: Karel Schoeman-gedenklesing

Yves T'Sjoen Seminare en essays 2023-07-24

"Geschiedenisboeken zijn niet meer maar ook niet minder dan constructies, geen één-op-één weergaven van het verleden. De schrijver van historische romans gaat met het verleden aan de haal en creëert een fictioneel verhaal waarin een visie op dat verleden tot stand wordt gebracht."

7de Laan: ’n fenomeen, of jy nou daarvan hou of nie

Réney Warrington TV 2023-07-21

"Musikant en TV-ster Keabetswe Mamosadi, meer algemeen bekend as KB, maak haar verskyning in die reeks in 2017. Haar karakter was nie veronderstel om veel Afrikaans te praat nie, maar KB het vir meer Afrikaanse dialoog gevra. 'I have studied Afrikaans and I feel confident about my abilities, but for me it is more about showing that Afrikaans and black culture are not from different worlds and can co-exist.'"

Die soeke na die donker heelal

Elsabé Brits Seminare en essays 2023-07-20

"Omdat die heelal al verder en vinniger besig is om uit te dy, laat dit vrae oor die aard van swaartekrag se effek op die kosmos. Dit is soos om ’n voorwerp in die lug op te gooi en dit versnel al hoe vinniger en vinniger. Die oorsaak van die versnelling – donkerenergie – laat kundiges steeds kopkrap."

Elders gesien: ’n Een-keer-in-’n-leeftyd-mens

Hannes Barnard Elders gesien 2023-07-20

"Ek hoop daar wag vir jou ’n Vespa in die hemel, Johan. Kry jou eendag daar, dan gaan ons vir ’n koffie. Gepraat daarvan, die hemel gaan nooit weer dieselfde wees nie. Die aarde ook nie."

’n Uurtjie se plesiertjie steeds in stryd met die reg, wetgewing byt weer in die stof

Marietjie Warrington Menings 2023-07-19

"Die kriminalisering van volwasse, vrywillige en konsensuele seks, insluitend die kommersiële uitruil van seksuele dienste, is onversoenbaar met die mensereg op persoonlike outonomie en privaatheid."

Grootste projek nog oor Afrikaans se variëteite

Freek Robinson, Elvis Saal, Wannie Carstens Onderhoude 2023-07-19

Waar kom Afrikaans vandaan? Wie het dit die eerste keer gepraat? Moet Kaaps gestandaardiseer word? Onderwysers wat insae het in die onderrig van Afrikaans se variëteite, neem asseblief kennis: Die navorsers wil graag van julle hoor!

 

Violence

Everard Weber Opinion 2023-07-19

"We gain a certain understanding of Victorian classrooms at home and abroad, during the colonial period and after. We also learned of the contemporary cultures of neoliberal kitchens in neoliberal cities, and by implication, of many universities, their purposes of higher education and coercive relations of governance and management."

Pride-maand is verby, maar ons is nog hier

Hermione le Roux-Ellis Menings 2023-07-19

"Dieselfde mense wat vir jou sê: 'God het jou lief', sal in dieselfde asem vir jou sê: 'Jy gaan hel toe, want reënboog.' Snaaks hoe hulle nooit die Bybel aanhaal wanneer mense voor hulle spek eet nie, want dit word ook mos verbied."

Die rol van media en entertainment innie groot narrative

Tasneem Daniels Menings 2023-07-19

"Vi som is televisie en entertainment ’n comfortable plek om annie slaap te raak, vi som issit ’n plek om wakker te raak met ’n vengeance. Ek is oud genoeg om vi sure te wiet dat ek wil niks te doen met players innie media of entertainment industry wattie contribute tot mense se consciousness nie."

Wie word ore aangesit? Suid-Afrikaanse Gebaretaal die twaalfde amptelike taal

Theodorus du Plessis Seminare en essays 2023-07-19

"Die feit dat dowes hulle stryd voortgesit het om SAGT nasionaal as ampstaal erken te kry, impliseer dat al die vanaf 1996 toegekende regte en voorregte skynbaar nie gerealiseer word nie. Of verampteliking die antwoord op sodanige versuim is, bly ’n ope vraag. Horende Suid-Afrikaners het tot hiertoe nog nie veel gesien van die land se ander amptelike tale benewens Engels nie."

Johan Jack Smith, die stil man wat ander laat skitter het

Izak de Vries In memoriam 2023-07-18

"As daar omstredenheid was, het Johan pa gestaan. As daar eer uitgedeel is, het Johan rojaal daardie eer op ander gesprinkel. In talle onderhoude prys hy die vryskutters en sy lojale span medewerkers."

Persverklaring: Johan Jack Smith se afsterwe laat ’n groot leemte

LitNet ATKV-Portaal 2023-07-18

Johan is aanvanklik as boekeredakteur by Taalgenoot aangestel, waarna hy die assistentredakteurspos beklee. Johan dien sedert die middel van 2016 as redakteur van Taalgenoot en onder sy leierskap is hierdie publikasie verskeie kere bekroon.

Is ôse dokters dan ’ie goed genoeg ’ie, Uncle Cyril?

Bettina Wyngaard Rubrieke 2023-07-17

"Is daa nie dokters binne Mzansi wat hom kon treat ie? Soe ek wil wiet wat hy makee wat soe bad is lat ôse eie dokters it ie kan treat ie. Wan as ôs medical services ie goed genoeg is vi hom ie, hoeko wôd it an ôs afgesmee? Hoekô gan djulle landyt pleks van fix wat hiesa norag is?"

Top