
Foto, links: Inge Engelbrecht (foto: verskaf); foto, regs: Clker-Free-Vector-Images op Pixabay
Willemien Froneman en Inge Engelbrecht praat met Naomi Meyer oor Inge se PhD wat pas by die Universiteit Stellenbosch toegeken is. Inge se PhD is in musiek, en is voltooi onder Willemien se studieleiding met ’n affiliasie aan die Africa Open Instituut, waar Willemien ook werksaam is as die hoof van Nagraadse Studies.
Willemien en Inge, kan julle my die agtergrond van hierdie PhD-proefskrif vertel? Die onderwerp waaroor en die tale waarin die studie gedoen is?
W: In die eindfases van haar MMus-projek, wat gehandel het oor drie komponiste van Genadendal, destyds onderneem onder die leiding van Stephanus Muller, het Inge voor ’n probleem te staan gekom: Sy kon nie langer die formele register van haar Afrikaanse skryfstyl met haar ontluikende politieke bewussyn versoen nie. Ek het toe voorgestel dat sy die laaste hoofstuk van haar verhandeling – ’n soort besinning oor die studie – in Engels skryf. Dit het haar deur die “skrywersblok” gekry! Die verhandeling is so geëksamineer en goedgekeur, met die hoofdeel in Afrikaans en ’n Engelse addendum.
Inge het van die begin af ’n tesis oor die koortjie en oor colouredness in gedagte gehad. Ná haar ervaring met die MMus het sy aanvanklik beplan om die studie in Engels aan te pak, en ons het met hierdie veronderstelling daaraan begin werk. Dit het egter gou geblyk dat dit ook nie regtig werk nie – die Afrikaans wat sy raakgeloop het, was té mooi om te ignoreer, en die meer teoretiese Engelse begrondings té uit pas met die inhoud van haar onderhoude en veldwerk. Ons het toe begin dink aan ’n alternatief. Ek het Inge aangemoedig om net te skryf – in hoe die taal hom ook al aan Inge sou voordoen. En daar gebeur dit, en sy vind – saam met Mariana, Philip en Marthenus – daardie ongelooflike skrywerstem!
Só ’n studie ontstaan nie in ’n vakuum nie; dit is ook die resultaat van die Africa Open Instituut (AOI) se investering in die aanlyn tydskrif herri en die goeie oog van die kurator en ontwerperspan. En dan is daar natuurlik die intellektuele omgewing by AOI, die gesprekke oor musiek en atmosfeer, my eie navorsingsbelangstelling en agtergrond en die presedent van ’n boek soos Stephanus Muller se Nagmusiek en Paula Fourie se Mr Entertainment.
I: Die PhD-proefskrif stem uit my master’s research oor drie coloured composers van Genadendal, die eerste mission station en Moravian mission station in Suid-Afrika. Omdat ek self in die kerk grootgeword het, was my interest spesifiek gepique deur een komponis se kerkmusiek wat my aan die rhythmic traits en syncopation van die koortjie remind het. Subsequently het ek begin research doen oor wat alreeds oor die onderwerp geskryf is en het baie min inligting gevind. Die lack van inligting in hierdie musiekgenre het my gelei tot die begin van hierdie tesis.
Dit klink vir my of hier geleefde ervaring ter sprake was. Is ek reg? Wat was die inspirasie om juis ’n PhD hiervan te maak?
W: Want die koortjie – nes maskanda, jazz, opera, boeremusiek en kwaito – verdién ’n PhD! En Inge ook, omdat sy ’n akademiese agtergrond het en in ’n akademiese ruimte werk. Maar dit is so dat die vertellings in hierdie tesis die produk is van geleefde en deurleefde ervaring – Inge s’n self en dié van die mense met wie sy gepraat het. Ek en Inge werk albei met ’n sterk etnografiese begronding, waarin die grense tussen die “self” en die “ander” nie altyd so duidelik is nie. Vir Inge was haar eie godsdienstigheid altyd baie belangrik. Dit het haar inderdaad in staat gestel om hierdie studie met insig vanuit die beliggaming van die kwessies te benader. En ek het dit probeer respekteer, en dit het my geïnspireer, al deel ons nie dieselfde uitgangspunte oor godsdiens en kerklikheid nie.
I: Die tesis is inderdaad gefokus op lived experiences, en dit is hoe die tesis en die storie van die koortjie ook gradually unfold. Die koortjie word nie net deur die ervaringe en stories van die respondente vertel nie, maar ook deur my eie oë. Soos ek genoem het, het ek in die kerk grootgeword, maar die koortjie was maar ’n peripheral encounter wat ons in die VGK slegs tydens die Pinksterseisoen experience het. En dan slegs as ’n allowance vir die mees extreme worshipers wat hande wou klap. Dit was nie beskou as deel van die mainstream Sondag-erediens-gesanglys nie. Dus was ek familiar met die sound van die koortjie, maar ook die feit dat dit nie regtig ’n legitimately accepted form of respectable worship was nie. So die tesis is actually dan ’n confluence van die respondente se lived experience intertwined tot ’n lesser extent met myne.
Die inspirasie daaragter om dit op akademiese vlak te doen was juis omdat dit so peripheral is: nie net in die mainstream kerkmilieus nie, maar veral in Suid-Afrikaanse music studies. Die tesis demonstrate dat die koortjie ’n valuable kerkmusiekgenre worth studying binne die broader landscape van Suid-Afrikaanse kerkmusiekstudies is, en dat dit ’n plek in higher education kurrikulum het.
...........
Die inspirasie daaragter om dit op akademiese vlak te doen was juis omdat dit so peripheral is: nie net in die mainstream kerkmilieus nie, maar veral in Suid-Afrikaanse music studies. Die tesis demonstrate dat die koortjie ’n valuable kerkmusiekgenre worth studying binne die broader landscape van Suid-Afrikaanse kerkmusiekstudies is, en dat dit ’n plek in higher education kurrikulum het.
...............
Waarom die studie benader in die tale waarin dit geskryf is? (Hierby sluit ek in nie net die geskrewe tale waarin die navorsing neergeskryf is nie, maar ook die taal van musiek.)
W: Ek poog altyd vir ’n soort realisme in akademiese werk, sodat die onderwerp onder bespreking en die tale waarin dit geskryf word, mekaar komplementeer. Inge sal meer oor haar eie taalkeuses kan sê, en oor die gebruik van taal in die woorde en wêreld van die koortjies.
Die kwessie van die verhouding tussen musiek en taal is een wat my baie interesseer. In my boek The groovology of white affect wat volgende jaar verskyn, teoretiseer ek breedvoerig oor die verhouding tussen taal, musiek, affek en rasvorming met verwysing na sekere uitgangspunte in die linguistiese antropologie. In kort kan mens ’n paar goed daaroor sê: dat musiek nie ’n taal is nie; dat daar ’n groot korpus van beskrywende en evaluerende taal óór musiek bestaan (’n metataal in die woorde van Michael Silverstein); dat hierdie taal primêr indeksikaal en pragmaties ontgin moet word eerder as dat dit net op semantiese betekenisse dui; en dat die (rassige) lyf en die ore ’n soort tussenganger tussen die taal en die musiek word.
...........
In my boek The groovology of white affect wat volgende jaar verskyn, teoretiseer ek breedvoerig oor die verhouding tussen taal, musiek, affek en rasvorming met verwysing na sekere uitgangspunte in die linguistiese antropologie. In kort kan mens ’n paar goed daaroor sê: dat musiek nie ’n taal is nie; dat daar ’n groot korpus van beskrywende en evaluerende taal óór musiek bestaan (’n metataal in die woorde van Michael Silverstein); dat hierdie taal primêr indeksikaal en pragmaties ontgin moet word eerder as dat dit net op semantiese betekenisse dui; en dat die (rassige) lyf en die ore ’n soort tussenganger tussen die taal en die musiek word.
..............
I: Dit het actually begin as ’n eksperiment wat my studieleier suggest het. Ek het die interview transcriptions van die respondente getranscribe presies soos hulle gepraat het en het ’n pattern agtergekom, een van ’n mengsel van Afrikaans, Engels en soms Kaaps. Daar is ’n interessante ritme wat mens hoor en voel wanneer hierdie tale gemix word en dit was vir my asof dit die taal equivalent van die koortjie was. Die code-switching het ook vir my ’n realness tot die tesis gebring, aangesien al my respondente coloured is en dit ’n linguistic trait van ons alledaagse lewens is.
Wat was die bevindinge van hierdie PhD?
W: Hierdie soort studie het nie regtig “bevindinge” nie. Of eerder: Dit is een groot bevinding en ontdekking van ’n baie spesiale musiekuiting en haar mense. Kom ons noem dit eerder ’n lees-en-luister-ervaring. Die vernuwings lê ook in die multimediaformaat, die aanbieding, en die taal.
I: Daar is ’n hele paar baie interessante en belangrike bevindinge, maar dit is natuurlik op ’n unconventional manier gedocument (vir meer duidelikheid hieroor moet jy die tesis lees). Een van die mees enlightening bevindinge was die existing culture surrounding die koortjie, dat die koortjie sy eie “taal” het, sy eie dress code, sy eie musical en spiritual practices. En dat die koortjie met sy diminutive naming actually ’n baie groter presence het as wat mens dink.
..............
Daar is ’n hele paar baie interessante en belangrike bevindinge, maar dit is natuurlik op ’n unconventional manier gedocument (vir meer duidelikheid hieroor moet jy die tesis lees). Een van die mees enlightening bevindinge was die existing culture surrounding die koortjie, dat die koortjie sy eie “taal” het, sy eie dress code, sy eie musical en spiritual practices. En dat die koortjie met sy diminutive naming actually ’n baie groter presence het as wat mens dink.
..................
Nog ’n fascinating realisation vir my was die ondergrondse presence van die koortjie oral om my in die musiekdepartement. Dit was nog altyd daar, maar net nie raakgesien nie. Dit is ook waar ek Harney en Moten se concept van die “undercommons” kon harness as die backdrop waarteen ek hierdie storie kon skets.
Waarom is dit belangrik om studies hieromtrent te doen en ook in die betrokke tale?
W: ’n Studie soos Inge s’n bring die wêreld buite en binne die akademie bymekaar. Dit skort eintlik daardie onderskeid totaal op. Dit is vir my een van die mooiste dinge van Inge se tesis. Dit gee ’n middelvinger (nie dat Inge dit ooit sal doen nie!) aan die verstoktheid van die akademie. En dit laat mens voel daar is hoop.
I: Ek dink dit is belangrik op verskeie vlakke. Alhoewel daar baie geskryf is op die gebied van coloured identity en colouredness, is daar maar min geskryf oor wat as coloured musiek geconstitute kan word. Daar is wel nou ’n influx van postgraduate studies waarvan ek bewus is wat al hoe meer hierdie topic begin probe. Hierdie tipe research endeavours bewys dat daar nie net ’n leemte is wat desperately gevul moet word nie, maar dat daar actually ’n groot aanvraag vir sulke studies exist en dat daar individue is wat die navorsing wíl doen. En dit maak my baie excited. Maar wat my nog meer excited maak, is die application van ’n taal waarmee die alledaagse mense wat daardie tipe taal praat en leef, kan mee relate. Historically fokus ons as akademici generally op ’n baie exclusive readership wat die mense oor wie ons skryf, exclude. Wat is dan die punt van research? Is dit nie juis om die centre van ouds te shift nie? Ek voel dat my tesis definitief ’n centre shift en inclusivity engender, en dus ’n space vir soortgelyke toekomstige studies cultivate.
...............
Wat is dan die punt van research? Is dit nie juis om die centre van ouds te shift nie? Ek voel dat my tesis definitief ’n centre shift en inclusivity engender, en dus ’n space vir soortgelyke toekomstige studies cultivate.
.................
Hoe vind mens die aangewese eksaminatore om die tale en onderwerpe te eksamineer? Want begrip en kennis van die onderwerpe en tale wat ekstern beoordeel word, is sekerlik belangrik?
W: Dit was nogal ’n moeilike ding! Ek moes uiteraard by die eksamineringsreëls van die universiteit bly: een intern, een ekstern plaaslik en een ekstern internasionaal. Gelukkig het ek ’n wonderlike kollega in Alfred Schaffer, wat die perfekte leser was vir hierdie soort studie. Die internasionale eksaminator was Margriet van der Waal, 'n Afrikaanse letter- en kultuurgeskiedkundige, en die derde persoon 'n etnomusikoloog en kenner op die gebied van die koortjie - Marie Jorritsma - wat, gelukkig, ook Afrikaans goed genoeg magtig is.
Wat hoop jy sal in die toekoms met jou navorsing kan gebeur, of wat sal hierdeur bewerkstellig word?
W: Soveel dinge! ’n Hele nuwe pad gaan oop vir studies in hedendaagse Afrikaans in allerhande nuwe multimediaformate. Vir die mense wat die koortjie beoefen en die bewandelaars van die universiteit se undercommons is daar – uiteindelik – ’n soort bevestiging. Die universiteit sal moet aanpas by die nuwe realiteite wat hierdie tesis op die tafel plaas. En vir Inge sien ek ’n boekkontrak (komaan Afrikaanse uitgewers!), en ’n blink toekoms as skrywer, populêre akademikus en sosiale kommentator.
I: My grootste hoop is dat dit op tersiêre vlak ’n plek in die kurrikulum vind. As deeltydse dosent by die musiekdepartement van die US kan ek die need daarvoor onder studente sien, waar hulle nou begin besef dat die musiek wat hulle in hul communities practise, ’n valuable en legitimate plek in die conventional education oor Suid-Afrikaanse musiek het. En ek hoop dat my tesis as ’n example kan serve van die tipe navorsing wat gedoen kan word in en deur veral scholars uit die general coloured gemeenskap wat oor ons cultural music practices kan en wil skryf.
Vanuit die oogpunt van die professor wat haar toespits op wit musikale estetika: Wat het jy self uit hierdie PhD wysgeword? Wat is die belang hiervan by ’n Suid-Afrikaanse universiteit, of wêreldwyd?
W: Ek het dit ontsettend geniet om saam met Inge te werk. Die mooiste vir my was om na die wonderlike koortjies te luister: Inge het dit amper reggekry om my te bekeer!
Lees ook:
Die eerste Kaaps-woordeboek: ’n onderhoud met Quentin Williams
Seks, ras en boeremusiek: agter die retoriek van gebrekkige sanglus by die 1938-Voortrekkereeufees


Kommentaar
I enjoyed this piece. What an innovative and creative approach to thesis work and writing. I look forward to reading the thesis and other published work from it. Baie geluk.
Tale en in die besonder die variasies van Afrikaans, veral in die Wes-Kaap, lê my baie na aan die hart. Daarmee saam gaan 'n lewendige belangstelling in musiekstrukture en ook koormusiek. Soms is tesisse op die internet toeganklik. Sou dit in hierdie geval ook op die internet toeganklik wees? Ek sou dit graag wil lees.
Inge se tesis is inderdaad aanlyn beskikbaar by https://herri.org.za/9/sections/phd/
Die multimediaformaat is juis een van die vernuwende aspekte van haar projek. Lees gerus!