Willemien Froneman
Willemien Froneman behaal in 2007 ’n MPhil in musiekwetenskap aan Cambridge-universiteit en in 2012 ’n PhD in musiek aan die Universiteit Stellenbosch. Haar navorsing handel oor boeremusiek en populêre kultuur in Suid-Afrika. Sy is ’n nadoktorale genoot aan die Universiteit van KwaZulu-Natal en mederedakteur van South African Music Studies (SAMUS).