Genadendal: ’n erfenisjuweel

Op Saterdag 26 Mei is Internasionale Museumdag in die Overbergse dorp Genadendal gevier. Museumdag by Genadendal is aangebied deur die Afrikaanse Taalmuseum en -monument in samewerking met Genadendal Sendingmuseum. Die vroeë-Afrikaanse publikasies De Bode van Genadendal (eerste uitgawe 1859), Benigna van Groenekloof of Mamre (1873) en Die Afrikaanse Patriot (1876) was die fokus van die gesprek.