OpenClipart-Vectors op Pixabay
.............
Saterdag 9 Desember was die Internasionale Dag van die Herdenking en Waardigheid van Slagoffers van die Misdaad van Volksmoord en van die Voorkoming van hierdie Misdaad. Dis ’n lompe mondvol, maar ’n dag wat daagliks meer betekenisvol raak terwyl dit terselfdertyd nie wyd bekend is nie.
..............
Saterdag 9 Desember was die Internasionale Dag van die Herdenking en Waardigheid van Slagoffers van die Misdaad van Volksmoord en van die Voorkoming van hierdie Misdaad. Dis ’n lompe mondvol, maar ’n dag wat daagliks meer betekenisvol raak terwyl dit terselfdertyd nie wyd bekend is nie.
Vanjaar is die 75ste herdenking van die Konvensie op die Voorkoming en Bestrawwing van die Misdaad van Volksmoord, wat op 9 Desember 1948 onderteken is. Amerika het die Konvensie in 1948 geteken. Israel het dit in 1949 geteken. Die Konvensie het grootliks tot stand gekom as gevolg van die Joodse Volksmoord in Duitsland en omdat daar toe besef is dat daar geen regsinstrumente is wat hierdie nuwe misdaad definieer en kriminaliseer nie.
Hoe ironies dan dat Israel juis nou in die spervuur kom omdat hulle besig is met volksmoord van die Palestyne. Het hulle ’n reg om hulself teen aanvalle te verdedig? Natuurlik. State en individue het daardie reg. Maar selfverdediging het perke. Wanneer die aanval verby is, moet die selfverdediging gestaak word, anders is dit ’n nuwe aanval, waarop die voormalige oortreders dan met selfverdediging kan reageer, en so kan dit ’n bose kringloop word.
..............
Hoe ironies dan dat Israel juis nou in die spervuur kom omdat hulle besig is met volksmoord van die Palestyne. Het hulle ’n reg om hulself teen aanvalle te verdedig? Natuurlik. State en individue het daardie reg. Maar selfverdediging het perke. Wanneer die aanval verby is, moet die selfverdediging gestaak word, anders is dit ’n nuwe aanval ....
............
Die persone wat met die grootste ywer Israel se moorddadigheid goedpraat, verstaan gewoonlik nie regtig wat presies volksmoord is nie. Hulle reageer emosioneel. Die Konvensie is geskep juis om die emosionele reaksie uit te haal en dit met rasionaliteit en regsekerheid te vervang. Daarom word daar beskryf presies watter elemente nodig is om die misdaad van volksmoord daar te stel. Een van die volgende vyf dade moet gepleeg word met die doel om in geheel of gedeeltelik ’n nasionale, etniese, rasse- of godsdienstige groep uit te wis: die moord op lede van die groep, die toedien van ernstige fisieke of geestelike skade, die afdwing van leefomstandighede wat ten doel het om die groep te vernietig, die voorkoming van geboortes, en die gewelddadige verwydering van kinders uit hul omgewing. Volksmoord is ook die een misdaad waarteen politieke leiers nie soewereine immuniteit het nie.
.............
Een van die volgende vyf dade moet gepleeg word met die doel om in geheel of gedeeltelik ’n nasionale, etniese, rasse- of godsdienstige groep uit te wis: die moord op lede van die groep, die toedien van ernstige fisieke of geestelike skade, die afdwing van leefomstandighede wat ten doel het om die groep te vernietig, die voorkoming van geboortes, en die gewelddadige verwydering van kinders uit hul omgewing.
.................
Wat Israel besig is om te doen in Gaza, voldoen aan al die elemente van die misdaad van volksmoord, en hulle word bygestaan deur die VSA. As ’n staat op volksmoord uit is, help dit altyd om ’n bondgenoot met vetomag in die VN se Veiligheidsraad te hê. Die VSA was ’n week gelede die enigste lidland wat ’n resolusie om ’n skietstilstand voor te stel, teengestaan het. Omdat hulle vetomag het, kon hulle die wil van al die ander lande ondermyn.
Hier is my siening. Deur die resolusie te veto, deur voort te gaan om wapens en finansiële ondersteuning aan Israel te voorsien, deur die land in die openbaar te ondersteun, maak Biden hom skuldig aan volksmoord. Hy behoort saam met die leierskap van die Israeli-regering aangekla te word en voor die Internasionale Strafhof gedaag te word. Maar natuurlik sal dit nie gebeur nie. Dit gebeur gewoon nie dat leiers van Westerse lande voor die Internasionale Strafhof gedaag word nie.
Wat wel besig is om te gebeur, is dat Israel dit stadig maar seker meer onveilig maak vir Jode dwarsoor die wêreld. En Biden doen dieselfde vir Amerikaners.
Maar meer as dit: Biden is stadig maar seker besig om sy ondersteuningsbasis onder Demokrate weg te kalwe – nie die slimste ding om te doen net voor ’n verkiesingsjaar nie. Dalk verdien hy om uit die kussings gelig te word.
Maar nóg meer as dit: Hy en sy Israeliese bondgenoot verdien om elke nag van hul lewens die vernietigde brose liggaampies van die kinders van Gaza voor hulle te sien verbyflits.
Lees ook:
Die Johann Rossouw-gespreksreeks: Notas oor die tragedie van Israel en die Palestyne
Die Johann Rossouw-gespreksreeks: in gesprek met René Girard oor die apokalips van ons tyd