Menings

LitNet se ruimte vir onderhoude, essays, seminare en rubrieke wat toonaangewende menings uitspreek.
LitNet's space for interviews, essays, seminars and columns that express groundbreaking opinions.

The anatomy of reform | Etienne van Heerden Veldsoirée 2023

Frans Rautenbach Etienne van Heerden Veldsoirée 2023-11-08

"We all have to take ownership," says Frans Rautenbach, an advocate and the author of several books, the latest being Help yourself South Africa. In this lecture, delivered at the Etienne van Heerden Veldsoirée 2023, he highlights practical things that ordinary citizens can do to make South Africa work again.

Wie mag skeppend skryf?

Cas Wepener Seminare en essays 2023-11-08

"Die skrywer se vel is ’n chiasme tussen hom en die wêreld. Dit is deur sy vel dat die wêreld aan hom vat en dit is deur daardie selfde vel dat hy op sy beurt met sy pen en woorde aan die wêreld vat."

Ons is nie almal so nie

Loretta Feris Opinion 2023-11-07

"Addressing structural racism in South Africa requires a comprehensive and sustained effort from government, but also from us as citizens, who fundamentally believe that 'ons is nie almal so nie'. It necessitates policies that promote economic empowerment, educational equality and social parity."

Pelgrimspsalms: Opskud, die pad is steil en ver

Cas Vos Seminare en essays 2023-11-07

"In ons dag dui Meseg en Kedar op chaos, wanhoop, kommer, waansin, magteloosheid en korrupsie. ... Op 7 Oktober 2023 het die Palestynse Hamas ’n lewensvernietigende aanval op Israel geloods (Netwerk24)."

Hamas: terroriste of vryheidsvegters?

Bettina Wyngaard Rubrieke 2023-11-07

"Dieselfde Mandela wat as terroris veroordeel was, wie se naam nie eens genoem mog word in Suid-Afrika nie, het die Nobelprys vir vrede ontvang."

Die krag van een

Egmont Sippel Menings 2023-11-02

"As sodanig het Rassie Erasmus hom as die hedendaagse draer van Danie Craven se onsterflike titel gevestig. Hy is Suid-Afrika se nuwe Meneer Rugby. Onder hom het ons hemel en aarde versit … Wat alles op een enkele slotsom uitloop: Ons is nou één. Die hoop is om verder hierop te bou."

On land, constitutional law and social justice | Etienne van Heerden Veldsoirée 2023

Tembeka Ngcukaitobi, Mphuthumi Ntabeni LitNetKanaal op YouTube 2023-11-02

This conversation on land, constitutional law and social justice took place at the Etienne van Heerden Veldsoirée 2023. Tembeka Ngcukaitobi is a member of the South African Law Reform Commission (SALRC) and an acting judge at the Land Claims Court.

Antimoon: potensiaal versus toksisiteit

Handré Brand Seminare en essays 2023-11-01

"Die vraag of Suid-Afrika die produksie van antimoon volstoom behoort te hervat, kom neer op ’n tipiese tweesnydendeswaardkwessie."

Die Johann Rossouw-gespreksreeks: Notas oor die tragedie van Israel en die Palestyne

Johann Rossouw Seminare en essays 2023-11-01

"Wanneer ’n kollektief voldoende ontwrig is, soos wat die geval tans met beslis die inwoners van Gaza, die Palestyne in die algemeen en die Israeliese burgery is, versprei demoniserende sieninge van die ander party soos ’n onstuitbare koors deur gemoedere."

Festival voor het Afrikaans 2023: Amanda Strydom sê "Afrikaans is springlewendig in al sy vorme"

Naomi Meyer, Amanda Strydom Feeste 2023-11-01

"Ek wil bevestig dat die Afrikaanse taal springlewendig is in al sy vorme – dat die brug tussen Nederlands en Afrikaans steeds sterk staan. Nederlands is die oermoeder van Afrikaans. Voeg daarby die talle tonge wat Afrikaans praat, soos die digter/rymkletser/sanger Frazer Barry en sy vrou Deniel wat ook by die Festival gaan optree."

Why we’re letting the ANC destroy South Africa (and how we can stop)

Siya Khumalo Opinion 2023-10-30

"After all, what’s more convenient than blaming the ANC for the continuation of apartheid’s legacy? What’s easier than making the problem internalised black inferiority, black-against-black malgovernance, with zero reference to white supremacy?"

Wanneer die onderdruktes die onderdrukker word

Bettina Wyngaard Rubrieke 2023-10-30

"Oorlog word verstaan as ’n geveg tussen twee nasies. Wat nou gebeur, is dat een nasie se weermag teen die burgerlike bevolking binne die grense van hul eie land veg. Onthou Distrik Ses? Presies dieselfde gebeur nou al jare in Israel."

Die Bela-wet is parlementêr aanvaar: ’n onderhoud met Jaco Deacon

Naomi Meyer, Jaco Deacon SA Skoleseminaar | Schools Seminar 2023-10-30

"Die saak waaroor ons almal bekommerd moet wees, is nie bloot die bepalings oor taal en toelating nie, dit is die staat wat al hoe meer outokraties raak en magte sentraliseer. Ons beweeg dus al hoe nader aan ʼn totalitêre staat en staatsbeheer, terwyl ons bykans 30 jaar gelede daarvan weggestap het."

Is Afrika steeds vir die VSA van strategiese belang?

Theo Neethling Seminare en essays 2023-10-27

"Vir China is Afrika uiteraard van besondere belang vanweë die minerale hulpbronne wat nodig is vir die groei van die Chinese ekonomie, maar waarom sou die VSA steeds belang by Afrika hê en deur Agoa handelsbande met Afrikastate bly bevorder?"

Oudword is nie vir sissies nie

Bettina Wyngaard Rubrieke 2023-10-27

"Ek probeer agterkom wanneer presies ek antie geword het. My broer se kinders het my altyd antie genoem – ek verwys nie daarna nie. Ek probeer uitwerk wanneer ek antie geword het vir die buitewêreld."

Wêreldrugbybeker, reklame en spel

Hercules Boshoff Seminare en essays 2023-10-27

"Groot opwinding heers oor die Wêreldbekertoernooi wat nou sy laaste fase betree. Dit belig, te midde van soveel plaaslike en internasionale probleme, weer eens die 'aardigheid' van spel, om aan te sluit by Johann Huizinga se werk Homo Ludens ('die spelende wese')."

Die Karoo as universum: oor velddenke, |xam-Afrikaans, en die Boesman-universiteit | Etienne van Heerden Veldsoirée 2023

Luan Staphorst Etienne van Heerden Veldsoirée 2023-10-27

Luan Staphorst het op 23 September 2023 hierdie lesing gelewer by die Etienne van Heerden Veldsoirée te Cradock: "Die Karoo as universum: oor velddenke, |xam-Afrikaans, en die Boesman-universiteit".

DJ Opperman-gedenklesing: DJ Opperman gelees teen die agtergrond van die “nuwe”

Jean Oosthuizen Seminare en essays 2023-10-26

"Elke nuwe leser of nuwe geslag lesers sal ’n eie opvatting van wat aktueel, relevant en boeiend is, na die lees van Opperman se tekste bring." Dit is teen hierdie agtergrond dat Louise Viljoen vanjaar die driejaarlikse DJ Opperman-gedenklesing in Stellenbosch gelewer het.

Maak Staphorst hom skuldig aan ’n mate van die jolige jargoneske?

Crito (Kerneels Breytenbach) Menings 2023-10-26

"Ek weet julle gaan nou almal dadelik die artikel lees, so ek gaan julle nie belas met my interpretasie of gebrek daaraan nie. Ek gaan dit net vir julle makliker maak met die opmerking dat niks in die wêreld der lettere verander het nie."

’n Repliek op Luan Staphorst se mistastings oor Samespraak

Alwyn Roux Menings 2023-10-26

"Luan Staphorst maak ’n denkfout deur die oorvleueling van kollegas as ’n bewys van oorvleueling in ideologie te beskou."

Top