Menings
LitNet se ruimte vir onderhoude, essays, seminare en rubrieke wat toonaangewende menings uitspreek.
LitNet's space for interviews, essays, seminars and columns that express groundbreaking opinions.
Is daar nog rede tot feesviering hierdie Kersfees?
2023-12-19"Vanjaar, met oorloë wat oral woed, is daar wêreldwyd selfs minder rede om Kersfees te vier. In Bethlehem, sentraal aan die Kersverhaal, word kinders daagliks uitgemoor."
Slawevrystelling aan die Kaap op 1 Desember 1834: Moet dit gevier of herdenk word?
2023-12-14"Dit alles in ag genome kan die vrystelling van die slawe nie gevier word nie. Dit was nie ’n oorwinning van hulle kant nie, maar ’n edik wat deur die Britse regering uitgevaardig is waarin hulle vrystelling gewaarborg is ... ’n Herdenking van die vrystelling van die slawe sal meer gepas wees."
Inge Engelbrecht se PhD in Afrikaans, Engels en Kaaps: ’n onderhoud
2023-12-14"Die PhD-proefskrif stem uit my master’s research oor drie coloured composers van Genadendal, die eerste mission station en Moravian mission station in Suid-Afrika. Omdat ek self in die kerk grootgeword het, was my interest spesifiek gepique deur een komponis se kerkmusiek wat my aan die rhythmic traits en syncopation van die koortjie remind het."
Goeie genade, maar dit was ’n moeilike jaar!
2023-12-13Freek Robinson sê dat 2023 as ’n moeilike jaar onthou sal word. Ondanks Cyril Ramaphosa se vele beloftes, het sy regering weinig vermag. Robinson se gas is Theo Venter, ’n politieke ontleder en toekomskundige aan die Universiteit van Johannesburg.
McGregor-poësiefees 2023: ’n dekade van poëtiese verkenning en groei
2023-12-13"In die viering van ’n dekade van die McGregor-poësiefees vier ons ook ’n dekade van poëtiese evolusie, gemeenskapsbou en die onwrikbare oortuiging dat poësie ’n geskenk is wat bedoel is om deur almal gedeel te word. Hierdie een is vir McGregor – ’n toevlugsoord vir digters, ’n baken vir die aspirant en ’n bewys van die blywende krag van woorde."
Hoerikwaggo: Ons kan namens onsself praat en besluit / ons moet maar self skommel
2023-12-13"Ten spyte van die oud-politiese gekners van dié soos Allan Boesak was daar sprekers wat werklik die kern van die samekoms aangeraak het: Waar kom ons vandaan, waar is ons tans en waarheen is ons op pad."
Oor volksmoord
2023-12-13"Hoe ironies dan dat Israel juis nou in die spervuur kom omdat hulle besig is met volksmoord van die Palestyne. Het hulle ’n reg om hulself teen aanvalle te verdedig? Natuurlik. State en individue het daardie reg. Maar selfverdediging het perke. Wanneer die aanval verby is, moet die selfverdediging gestaak word, anders is dit ’n nuwe aanval ..."
Pharos se nuwe Senior tweetalige skoolwoordeboek as skatkis: ’n onderhoud met Delana Fourie
2023-12-12"Woordeboeke is stabiel en word beskou as formele en blywende erkenning van taalontwikkeling en taalverandering, terwyl die internet baie meer vloeiend, soms selfs verbygaande en vlietend is. Al is woordeboeke, hetsy gedruk of aanlyn, stabiel of staties, kan hulle steeds voortdurend bygewerk word om taalontwikkeling te weerspieël."
Hoerikwaggo Indaba val vas in identiteitskwessies sonder nuwe voorstelle
2023-12-11"Ons is lankal verby daai ou vervelige prekie en ook dat bruin mense nie ’n taal en kultuur het nie. Dit is deesdae sommer onsin, omdat ’n menigte bruin mense heel gemaklik is met wie en wat hulle is en heel trots is op hul Afrikaanssprekendheid."
Verslag oor die Hoerikwaggo Indaba: ’n suksesvolle byeenkoms
2023-12-11"Wat ook duidelik na vore gekom het in die gesprekke, is dat bruin mense nie ’n rassegroep is nie, maar wel ’n kultuurgroep binne die Suid-Afrikaanse bevolking. Die verskeidenheid binne bruin geledere moet gevier en omarm word."
Elders gesien: Ons lig die hoed, oom Johannes
2023-12-11"As die klip van die Karoo siel is, is dit deur u dat ’n mens dit kon sien. As haar plantegroei die kinders van so ’n gesieldheid is, het u hulle laat reis deur die wêreld."
Iemand het die waterbal "gedrop"
2023-12-08Gedagtes na ’n regeringbestekopname van water en sanitasie in Suid-Afrika: "Ten spyte van sentrale-regering-ondersteuning aan munisipaliteite, dui die Drop-verslae aan dat die volumes en kwaliteit van waterdienste steeds afneem en dat fundamentele hervorming nodig is om die probleme onder die knie te kry."
Leesbegrip? ’n Kinderboek kan jou kind se wêreld oopbreek
2023-12-07"Die goue draad al die pad van die sukkelende resultate van leesbegripstudies, Ferdinand de Saussure se linguistieke teorie, tot waar ’n mooi prenteboek ’n verskil kan maak, eindig met ’n baie eenvoudige oplossing. As jy wil hê jou kind moet met begrip kan lees, lees vir hulle kinderboeke voor."
Meet the election watchdog
2023-12-07Terry Tselane is the executive chairman of the Institute of Election Management Services in Africa (IEMSA), which will act as an election watchdog in the coming South African elections. Freek Robinson asked him to explain the role and the powers of an election watchdog. Also: Who watches the watchdog, and what would happen if the watchdog and the ruling party were to disagree on the outcome of the election?
Die Johann Rossouw-gespreksreeks: Gesprek tussen Johann Rossouw en Henning Pieterse oor Michel Houellebecq en Rossouw se vertaling van Houellebecq se nuwe roman, vernietig
2023-12-07Hierdie video vorm deel van Die Johann Rossouw-gespreksreeks.
Bekgeveg oor resensies: Aardbewing in ’n miershoop of tydige waarskuwing?
2023-12-06"Dat daar ruimte vir beide letterkundige resensies en lesersindrukke is, is die meeste mense dit eens. Dit is die vraag wie bevoeg is om resensies te skryf en die aard daarvan wat die afgelope week die toetsborde oortyd laat werk het."
RIP Henry Kissinger – influential American diplomat who shaped policy on southern Africa
2023-12-05"Kissinger arguably saved the world from nuclear war by defusing geopolitical crises on several occasions during the height of the Cold War."
Die onsigbaarheid van armoede
2023-12-05"Armoede maak soveel mense onsigbaar. Armoede stroop mense van alle waardigheid, dit stroop hulle van geleenthede, dit stroop hulle van die basiese reg om as gelyke behandel te word."
Willie Burger oor boekresensies, beïnvloeders en die boekebedryf
2023-12-04"Een belangrike aspek van resensies is dat dit nie alleen iets oor die boek sê nie, nie slegs ’n positiewe of negatiewe oordeel hoef uit te spreek nie, maar dat dit as ’n eie stukkie skryfwerk stimulerend behoort te wees, dat dit na aanleiding van die geresenseerde boek iets oor ons wêreld sal kwytraak wat dit selfs vir die persoon wat nooit die boek gaan of wil lees nie, betekenisvol kan maak om die resensie te lees."
Daar is hoop vir die Noord-Kaap en vir die land se kinders: ’n gesprek oor hoe Loeriesfontein Hoërskool se skoolprestasies verbeter het
2023-12-04"[T]oe het ons programme begin om ook die verskaffing van middele vir die 10 hoofstrome van intelligensie aan te help. In 2023 het die hoërskool oor die 20 leerders opgelewer wat kon deelneem aan distriks-, provinsiale en nasionale proewe in verskeie sportsoorte, meer as 10% van leerders wat musiekinstrumente kon begin speel, en deelname aan eisteddfods en ander feeste is verhoog."
