Menings
LitNet se ruimte vir onderhoude, essays, seminare en rubrieke wat toonaangewende menings uitspreek.
LitNet's space for interviews, essays, seminars and columns that express groundbreaking opinions.
Staatsrede 2024
2024-02-14Suid-Afrikaners gaan in die 30ste jaar van demokrasie binnekort stembus toe. Gaan die 2024-verkiesing ’n waterskeiding wees? Freek Robinson gesels met ekonoom Roelof Botha oor die ware stand van die nasie.
USAN-kongres 2024: ’n onderhoud met Susann Louw
2024-02-13"My inspirasie kom van my belangstelling in gender, maar ook die waarneming dat die media, samelewing en gender in ’n konstante en vervlegte verhouding tot mekaar ontwikkel en verander."
USAN-kongres 2024: ’n onderhoud met Nicolette Steyn
2024-02-13"Talle referate wat op die kongres gelewer is, het gehandel oor Afrikaanse taalverwerwing en uitspraakwenke vir tweede- of vreemdetaalsprekers. Dit was vir my baie interessant, omdat ek self met tweede- en derdetaalstudente werk, en die feit dat daar tans so baie navorsing in dié veld gedoen word, is verblydend."
Die veranderende landskap van China se Gordel-en padinisiatief (GPI) in Afrika
2024-02-13"Die GPI is ’n verlengstuk van China se buitelandse beleid en definieer die land se internasionale ekonomiese interaksie, veral met Afrika en ander ontwikkelende streke van die wêreld."
Wilgenhof: "Ontgroening help nie met moderne studente se uitdagings nie"
2024-02-12"Hy is wit en Afrikaans en is Wilgenhof toe omdat sy familie vir geslagte voor hom ook daar was. Maar hy wil ook nie hê ons moet sy naam gebruik nie, want vandag besef hy alles was nié wel nie. Die kultuur van geheimhouding maak dat ons hard moet werk om hom te oortuig om met ons te praat."
Marlene Dumas skenk portret van Elisabeth Eybers aan Wits-kunsmuseum
2024-02-12Marlene Dumas het haar portret van Elisabeth Eybers (1915–2007) aan die Wits-kunsmuseum (WAM) se permanente versameling geskenk. Menán van Heerden gesels met Ena Jansen oor Elisabeth Eybers en die skenking.
Die 86 inkarnasies van Catherine
2024-02-12"Uiteraard is reïnkarnasie herverpak in ’n versuikerde gedaante waarin daar afgewyk word van leerstellings. Begrippe soos old soul en gevoelens van déjà-vu, herhalende drome, ESP, irrasionele fobies, of ’n affiniteit vir vreemde kulture en tydperke is sonder meer aangevoer as redes vir reïnkarnasie."
Om rou waar te neem
2024-02-12"Wat doen mens wanneer jy dagboek skryf na die dood van ’n geliefde? Waar begin jy? In hierdie bydrae neem ek spesifieke passasies uit A grief observed, in geen uitgewerkte volgorde nie, maar gelei deur waar ek bevind het tydens die lees van die dagboek. Ek vermoed hierdie notas kan mense wie se geliefdes oorlede is, help om hulle eie ervarings van rou waar te neem, en te leer om daarmee saam te leef."
LitNet Akademies Weerdink-onderhoud: onderrig in die tale wat kinders en studente tuis praat
2024-02-12"Vir my lyk ’n ideale skool- of universiteitsomgewing meertalig."
USAN-kongres 2024: ’n onderhoud met Natasha Harmse
2024-02-12"Ek stel belang in die maniere waarop literêre tekste, veral gedigte, inmekaarsteek. Daarom benader ek hierdie tekste soos wat ’n motorwerktuigkundige dalk ’n enjin sal benader: Ek wil ’n werkende masjien uitmekaarhaal en die onderdele bekyk voordat ek dit weer aanmekaarsit."
Suid-Afrikaners, gaan trek julle kruisies!
2024-02-12"Daar sal owerhede met magte en bevoegdhede na vanjaar se verkiesing wees, of 2 000 of 20 miljoen mense gaan stem. En daarna sal mense weer in verkiesings gaan stem en daar sal owerhede wees wat beleid en wette skep. Jy verloor niks deur vir een van die talle (kennelik onvolmaakte) partye te stem nie, en die groot aantal wegblyers maak juis jou stem groter."
Staatsrede 2024
2024-02-09"Die staatsrede was ongewoon niksseggend en onsamehangend. Indien ek byvoorbeeld ’n drinkspeletjie sou gespeel het waar ek ’n sluk hardehout moes neem elke keer wanneer staatskaping, korrupsie of Madiba genoem word, dan sou ek teen halfagt onkapabel gewees het."
Kan ’n samelewing gedra word met slegs maatskaplike toelaes?
2024-02-07Maatskaplike dienste in die land is in ’n krisis. Na raming is daar ’n tekort aan meer as 50 000 maatskaplike werkers. Hoe gemaak? Freek Robinson gesels met Renier Koegelenberg, hoof- uitvoerende beampte van die Cape Development and Dialogue Centre Trust (CDDC).
Vroegste bewyse nóg van moderne mense wat na Europa migreer het
2024-02-07"Die aankoms van moderne mense in Europa is belangrik, omdat dié landskap nie leeg was nie – daar was reeds ander komplekse mense wat saam met die Denisovans die naaste aan ons verwant is."
’n Soeke na menswaardige geregtigheid in ’n maalkolk van identiteit-, inheemsheid- en rasuitdagings
2024-02-07"Die feit dat Paul Kruger ’n afstammeling is van Krotoa is onteenseglik ’n bewys van ons interverwantskappe en ineengeweefde geskiedenis."
USAN-kongres 2024: ’n onderhoud met Allison Matroos
2024-02-06"My navorsing gaan oor die gebruik van gedigte in die taalverwerwingsklas om die taalaanleerproses vir taalaanleerders te vergemaklik. My leefwêreld en taalbegrip is deur middel van gedigte verryk en ek wou aan ander die geleentheid bied wat ek gehad het."
Oor godsdiens in skole
2024-02-05"As Gretha Wiid in die skool mag kom, dan moet die imam van die moskee om die draai ook kan kom. En die Joodse rabbi of die Hindoe-swami of die Wikkaanse heks."
LitNet Akademies Weerdink: Bystanddood
2024-02-05Die jongste in die nuus oor bystanddood: Carol de Swardt het op 63 met bystand by Pegasos-kliniek in die Switserse dorp Liestal gesterf na ’n lang stryd met velkanker. Bystanddood is onwettig in Suid-Afrika. Wat is die opsies as ’n familielid navraag doen oor bystanddood / dit baie sterk oorweeg? Wat staan ouers te doen met betrekking tot ’n ongebore of ’n pasgebore baba met fatale defekte? Is daar deesdae groter begrip vir bystanddood in Suid-Afrika? Menán van Heerden gesels met Willem Landman oor hierdie kwessie.
Remembering Niki Daly, 1946-2024
2024-02-03"With an enthusiasm bordering on sheer abandon, Niki noticed children and entered into their point of view, their world, their strange and terrible and joyful existence, in a way that few children’s writers and illustrators have ever done. This instinct shone on every page of every book he ever wrote or illustrated."
USAN-kongres 2024: ’n oorsig
2024-02-02"Na afloop van die kongres is daar ook ’n geleentheid vir publikasie in ’n akademiese joernaal – miskien sommige deelnemers se eerste publikasie en ’n teken van USAN se wesenlike bydrae tot die navorsingslandskap in Afrikaans."
