Menings
LitNet se ruimte vir onderhoude, essays, seminare en rubrieke wat toonaangewende menings uitspreek.
LitNet's space for interviews, essays, seminars and columns that express groundbreaking opinions.
In memoriam: Hans Friedrich Heese
2024-03-27"Ek noem dit veral omdat Hans, soos sy vader, ’n hoflike luisteraar, geesdriftige historikus en genealoog was en altyd bereid was om te help."
South Africa's water crisis
2024-03-26Anthony Turton, an expert in water resource management, outlines the extent of the water crisis in South Africa.
White rabbit, red rabbit: Onbekende teks ontgin en betrek op ongewone manier
2024-03-25"Stel jou dit voor: ’n Akteur arriveer by ’n fotografie-ateljee wat in ’n opskietteater omskep is. Hier wag 78 mense op houtbankies vir hom. Hy gaan ’n toneelstuk opvoer waarvan hy nie die teks ken nie, oor ’n onderwerp wat hy nog moet ontdek, en daar mag dalk gehoordeelname wees."
Kerrievis en hot cross buns
2024-03-25"Tradisioneel word dit dan Goeie Vrydag ná die kerkdiens geniet, saam met hot cross buns. Dis net hier waar dinge baie keer in ons familie verkeerd gaan."
Onafhanklike Wes-Kaap: Politieke uitdagings en alternatiewe
2024-03-25"Aangesien Wes-Kaapse onafhanklikheid in Afrika nagestreef word, is dit insiggewend dat die eiesoortige politieke geskiedenis en konteks van selfbeskikking deur sesessie in postkoloniale Afrika bekyk moet word. Anders as byvoorbeeld Europa, waarvan die grense al heelwat gewysig is, is hedendaagse Afrika uiters behoudend wat hierdie verskynsel betref."
Verander die regering hulle deuntjie oor die Bela-wetgewing?
2024-03-25"Dit is alles positiewe stappe en ons verwelkom die feit dat die DBO die openbare insette met die nodige erns bestudeer het. Ons vertrou nou dat die politici in die NRVP die openbare insette met dieselfde erns sal hanteer en gehoor sal gee aan die terugvoer van die DBO."
China se forumdiplomasie in die Globale Suide: die strewe na gelykheid, voordeel en ontwikkeling
2024-03-19"Die China-Afrika-Amerika-forum is in 2023 tot stand gebring. Die doelwit van die forum is om China se diplomasie met lande in die streke te vergelyk, konferensies te organiseer, gemeenskaplike belange te deel en die beste praktyke vir samewerking te identifiseer. Rolspelers in Afrika, Suid-Amerika en die Karibiese eilande vra vir groter koördinasie om samewerking met China te bevorder."
Menseregtedag, maar waar is ons waardigheid?
2024-03-19"Al die politieke partye werk op een of ander manier die woord 'waardigheid' in hul toesprake in, maar selde word die reg op waardigheid aangehaal. Daai drie woorde is soos ’n handgranaat waarvan die pennetjie uitgetrek is."
Die ontluistering van die wêreld
2024-03-19"Die sinkronisering van die menslike polsslag met tegnologiese tempo dra nie by tot redding van die aarde nie, maar eerder ’n verlies aan wêreld. Die etimologie van die woord wêreld is wer (wie) plus alt (tyd); dus: die tyd van die wêreld is die tyd van die mens. Menslikheid word egter gering geskat, ondergeskik gestel aan onder meer die omgewing, kunsmatige intelligensie, en allerlei ideologiese uitgangspunte."
Moer toe met die wolk saam
2024-03-18"Jy is die groot data. Wat jy met jou rekenaar, slimfoon en ander slimtoestelle doen, is die tafel waarop KI se feesmaal gedek word. Jy is geld werd."
’n Kursus vir Suid-Afrikaanse illustreerders by die Breytenbach Galery: ’n onderhoud met Mia Oosthuizen
2024-03-18"Die illustreerder se visuele teks gee lewe aan woorde wat die jong kind nog nie alles verstaan nie, aan gebeure en emosies waarmee hulle nog kennis maak."
Die effek van marginaal- en hibriedwees op die bruin politieke landskap
2024-03-14"Ironies genoeg is hierdie ryke mosaïek van mense en gemeenskappe wat losweg as Coloureds / coloureds deurgaan, onsuksesvol om hulle op die politieke toneel as ’n effektiewe groep te organiseer, te vestig en te laat geld."
Research at University of Johannesburg and societal impact
2024-03-14For the second year running, the University of Johannesburg (UJ) has been ranked as the leading producer of accredited research outputs in South Africa. Sarah Gravett, Acting Deputy Vice-Chancellor for Research and Internationalisation at UJ, emphasises the importance of research that impacts communities and society.
Suid-Afrika in 2024: Hoe groot is die krisis?
2024-03-13"Hoe koalisiepolitiek gaan uitspeel, kan vorentoe uit eie reg ’n belangrike en selfs deurslaggewende faktor wees op die pad van fundamentele hervorming. Indien die proses verkeerd loop, hou dit ’n groot bedreiging in vir Suid-Afrika as ’n konstitusionele demokrasie, asook die 1996- grondwetlike bedeling." In sy LitNet Akademies-artikel sit André Duvenhage (2024) ’n motivering en strategie vir die fundamentele hervorming van die Suid-Afrikaanse staat uiteen. In aanloop tot die 2024-verkiesing gesels hy en Menán van Heerden oor die staatskrisis.
Elders gesien: Afrikaans en die SABC
2024-03-13"Daar is reeds een daaglikse nuusuitsending op kykNET, maar dit is ’n betaalkanaal. As dit die enigste landswye Afrikaanse nuusberig is, word Afrikaans geprivatiseer. En dit durf nie gebeur nie."
Het die Oscars nog bestaansreg?
2024-03-13"Alhoewel diversiteit natuurlik baie nodig is, het sekere akteurs daarteen te velde getrek en persoonlik probleme daarmee geopper, omdat 'die regte kunstenaars nie altyd benoem word nie vanweë hierdie reëls'. Dit word beskryf as die tinsel-faktor, om te skakel met Hollywood se bynaam Tinseltown. Versiering, vergulding en om goud oor te strooi is hier ter sprake."
From violence to violins: ’n onderhoud met Maria Botha van Muzukidz
2024-03-13"My gedagte was nie om kinders in townships te red nie. Hulle het as mense dit nie nodig om gered te word nie. Hulle beskik reeds oor al die potensiaal waaroor mense in beter omstandighede beskik. Baie mense in townships woon wel in omstandighede van geweld of stadige geweld … slow violence. My visie was my viool."
Ethics and the rise of the hustler state | Etienne van Heerden Veldsoirée 2023
2024-03-12In this video, he asks the viewer to consider how the hunger and humiliation of concentration camps forced individuals into unethical behaviour. Then he turns the spotlight to decades of poverty and humiliation in South Africa.
Hoe om pa’s te word: gay mans en surrogaatskap
2024-03-12"Die besluit om ’n kind die wêreld in te bring is dus nie een wat sommer net uit die bloute gekom het nie. Dit is goed beplan, goed befonds en ook goed nagevors."
USAN-kongres 2024: ’n onderhoud met Jané de Wet
2024-03-12"Die passie, progressiewe denke en diversiteit het my uit die staanspoor opgeval. Daar was passievolle gesprekke rondom taalaanleerstrategieë en vertaalkunde; kwantum- en metateorieë is onder die loep geneem; ons het dieper gedelf in die temas van kwesbaarheid en broosheid; en het kuns as produk waargeneem."
