Menings
LitNet se ruimte vir onderhoude, essays, seminare en rubrieke wat toonaangewende menings uitspreek.
LitNet's space for interviews, essays, seminars and columns that express groundbreaking opinions.
Africanis albus herbesoek: reaksie op die Afrikaner Verklaring
2024-04-25"Dat ons maaksels op hierdie kontinent is, kan nie ontken word nie, maar ons kan gerus skepties wees oor die funksie van aanspraak op hierdie Afrika-identiteit. Alle verbeelde ('imagined') gemeenskappe het ’n sterk verbeelde geskiedenis nodig."
Commendatio: Deon Meyer vereer met die KKNK Afrikaans Onbeperk-prys vir literêre bydrae
2024-04-25"Maar dat die eer wat Deon vandag te beurt val, spesifiek oor Afrikaans gaan, dit is iets baie spesiaals, want dis ’n prys wat, glo ek, erkenning gee aan ’n skrywer wat – al sou dit op vele terreine vir hom sin maak om direk in Engels te skryf – nog altyd vurig en passievol was oor sy moedertaal; die taal van sy woorde, sy verbeelding en sy drome."
Afrikaner, wie is jy?
2024-04-24"Die noue bande wat Afrikaners met ander Afrikaners het, is benydenswaardig. Ek wens partykeer die res van Suid-Afrika was so lief vir mekaar soos wat die Afrikaner homself liefhet."
Die Afrikaner Verklaring: Saambou of laertrek?
2024-04-24"Ons wil saamwerk om die land ’n beter plek te maak." ‒ Theuns Eloff. Freek Robinson gesels met Theuns Eloff (fasiliteerder van die inisiatief), Christo van der Rheede (FW de Klerk-stigting) en Barend la Grange (Dialoog vir Aksie).
Die Derde Afrikaner – ’n reaksie op die "Afrikaner Verklaring"
2024-04-24"Jy kan sê jy wou meer bruines daar gehad het, of meer rykes, of meer wynboere, of ten minste meer wat in die Suide gestudeer het, of meer slimmes. Maar jy het wat jy het en dit kan ook verander."
Ons is nie almal so nie – ’n reaksie op die sogenaamde "Afrikaner Verklaring"
2024-04-22"Ek is skaam oor sulke gekke uitsprake in die naam van Afrikaans. Ons is nie almal so nie."
Persverklaring: Die Afrikaner Verklaring
2024-04-22Daar word gevra wat Afrikaners benodig om blywend vry, veilig en voorspoedig saam met ander gemeenskappe in Suid-Afrika te kan leef sodat ons ook ’n volhoubare bydrae tot die welstand van ander gemeenskappe hier aan die suidpunt van Afrika kan lewer.
Is die literêre toekennings te wit?
2024-04-22"Sou dit regverdig wees om ’n inskrywing te bekroon wat swakker is, bloot omdat die woordsmid swart is? Natuurlik nie, en ek glo ook nie die persone wat kritiek gelewer het, wil hierdie uitkoms hê nie."
Oor die "Afrikaner-deklarasie": Ons hou van partytjies
2024-04-22"Dat jy ’n permanente minderheid is, maak jou nog nie ’n volk nie, en daar is geen sprake daarvan dat so ’n groep demokraties uitgesluit word nie."
Wêreldtrekklavierdag: ’n onderhoud met Leon Albert Oosthuizen
2024-04-22"Dit is min dat ons breë Suid-Afrikaanse trekklaviererfenis belig word. Paul Simon het met sy Graceland-album in 1986 sommige aspekte van die Sotho’s se famo-trekklavierstyl vasgevang. Johnny Clegg het ook dikwels die konsertina in ’n tradisionele Zoeloe-styl gespeel tydens sy optredes. Boeremusiek en klassieke musiek word ook nooit by dieselfde geleentheid gehoor nie."
Suidoosterfees 2024: Theo Kemp oor die Jakes Gerwel Stigting by die fees
2024-04-22"Van stemloos na soomloos – dis wat ek glo ons in slaag. Om oor verskillende grense heen mense ’n verhoog te bied."
Labarang innie Boland
2024-04-19"Elke Kaapse tietie wat vannie nuus kennis dra, organise die res vannie aand immediately. Labarang outfits wôd oppie henges voorie kaste gehang en allie metedjalis wat daaby gepaat gan, tot even oppie underwear, wôd reggesit."
Die komende Israel-Iran-oorlog?
2024-04-19"Dit is hierdie beskrywing van oorlog (met inbegrip van die beskrywings '’n Israel-Iran oorlog', '’n streekoorlog', en '’n derde wêreldoorlog'), wat onder die vergrootglas geplaas sal word."
Elders gesien: Peter Veldsman, die sjef, die Karookind
2024-04-18"Hy was ’n kospionier, ’n pou so kleurryk soos sy huis, ’n mensch."
Die bevordering van gendergelykheid onder kinders: ’n onderhoud met Elma de Vries
2024-04-18"Elke meisie moet kan grootword met die wete dat sy net so goed kan wees soos enige seun, en elke seun moet kan grootword om ten volle mens te wees, insluitend om deernis te toon sonder om daaroor gespot te word."
Hoe sal koalisieregerings ná die verkiesing provinsiaal en nasionaal kan werk of misluk?
2024-04-17"Ek dink dit is redelik duidelik dat dominante partydemokrasie verby is." Freek Robinson gesels met die uitvoerende burgemeester van Tshwane, Cilliers Brink.
The Israel-Gaza war – war or genocide?
2024-04-16"The word 'intent' is of paramount importance here."
Soos kaal geëete sopbene? ’n Repliek op Jason Lloyd
2024-04-16"In die afwesigheid van ’n studie, soos dit wat Lloyd voorspraak voor maak, kan ’n mens net hoop dat bruin mense onderling met mekaar sal begin praat oor die 'kompleksiteit' van hul ganse bestaan. Ons sal self moet sorg – as ek Pietersen se bedoeling met Daar is ’n bruine in my sop? akkuraat lees – dat ons nie langer soos beesstert van die bene af geëet word 'totdat daar niks vleis oorbly nie' en ons dan vir die honde van (wit, swart én bruin) politieke opportuniste gegooi word nie."
Die krag van eilande van hoop in Suid-Afrika
2024-04-16"Van Kaapland tot bo in die noorde rys daar nuwe akkoorde om die land reg te ruk en ’n einde te maak aan die verval en agteruitgang."
’n Dreigende halsmisdaad
2024-04-16"Hond se kind se geblaf slaan juis ’n senuwee in my brein raak en ontplof teen my skedeldak dat ek wil huil van die sensoriese pyn. Ek moet skryf en het stilte nodig. Ek is obsessief-besitlik oor my stilte as ek konsentreer en dan is dit ál wat saak maak."
