Menings
LitNet se ruimte vir onderhoude, essays, seminare en rubrieke wat toonaangewende menings uitspreek.
LitNet's space for interviews, essays, seminars and columns that express groundbreaking opinions.
Russel Botman’s ethical legacy calls forth a time yet to come
2023-11-20"Russel asked how we might create an embracing, inclusive time horizon, irrespective of personal consequences, out of which we could serve humanity. Russel gifted us a type of human enfolding, based on recognition, intimacy and conviviality, a legacy for human and planetary co-existence."
’n Gebrek aan kwaliteit joernaliste is ’n gevaar vir ons demokrasie
2023-11-20"Ons gebroke demokrasie en verlore drome in Suid-Afrika het dringend vaardige en onafhanklike joernaliste nodig."
Die eerste skoene: spore van ou plakkies tot hoëhakskoene
2023-11-16"Die eerste skoene was daar om praktiese redes: om jou voete te beskerm en warm te hou. ’n Besering aan jou voet kon maklik jou dood veroorsaak het. So was dit vir duisende jare met al beterwordende tegnieke en materiale. Totdat klere, en skoene, mode geword het."
’n Korpusgedrewe benadering tot taalonderrig in Afrikaans
2023-11-16"Die term korpus beteken letterlik 'liggaam', en op die gebied van taalstudie verwys korpus tipies na ’n 'body of texts', ’n versameling van tekste. ’n Korpus is elektronies beskikbaar en kan uit miljoene gesproke en geskrewe woorde bestaan. Dit bevat outentieke taalgebruik en weerspieël dus werklike taalgebruik van taalgebruikers."
Festival voor het Afrikaans 2023 | My broer, Gertjie: ’n filmresensie
2023-11-16"My broer, Gertjie is eerder ’n portret van ’n sanger en digter, maar ook ’n enigmatiese mens, ’n skaam mens wat werklik nie roem najaag nie. Die keuse om die film in swart en wit te skiet, dra daartoe by."
’n Knypie vet van die offergeld
2023-11-16"Ek het jare gelede vir my so ’n lang konsertinabeurs gekoop, een wat oopvou met baie sakkies om al my lojaliteitskaarte in te bêre. En steeds het hierdie beurs nie genoeg plek vir die groeiende aantal kaarte nie. By die meeste handelaars is klante 'verplig' om deel te neem aan die een of ander lojaliteitsprogram – dan ontvang jy ’n kaart wat jy moet skandeer."
In memoriam: Mariël le Roux
2023-11-14"Sy het graag tuingemaak en in haar romans plaas- en natuurtonele voortreflik opgeroep. Haar kennis en ervaring van verpleging kom na vore in ’n menigte intriges."
Oor ouerskapsverlof
2023-11-14"Indien die ouer wat nie die grootste deel van die versorging van die kind waarneem nie, gelyke behandeling eis, dan behoort daar ook ’n verpligting op daardie ouer te rus om ’n gelyke deel van die versorging waar te neem."
Moenie ’n troeteldier vir Kersfees koop nie
2023-11-13"Aangesien die feesseisoen nie te ver is nie, wil ek ook mooi vra: Moenie ’n dier koop as ’n geskenk nie. As jy regtig ’n dier moet koop as ’n geskenk, maak seker dis ’n teddiebeer of gemaak van sjokolade, nie vlees en bloed nie."
Oor lieftallig en reikhalsend en ander snaakse samevoegings in die Afrikaanse woordeskat
2023-11-13"Baie van die woorde is oorgeërf en die samestelling of dele daarvan het mettertyd semanties ondeursigtig geraak. Dit kom deurdat ’n vorm met ’n bepaalde betekenis deur die loop van die jare verdwyn, daar soms vormverandering plaasvind, asook betekenisverskuiwing."
Die Johann Rossouw-gespreksreeks: "Die hede en die toekoms volgens Michel Houellebecq"
2023-11-10Die Franse filosoof en romansier Olivier Rey bied ’n oorsig van die werk van Houellebecq, in Afrikaans vertaal deur Johann Rossouw: "Is suiwer vernietiging aan die uiteinde van die Westerse doodloopstraat dus al perspektief wat oorbly? In van sy ander romans word verskillende ander uitweë voorsien."
’n Ope brief aan Luan Staphorst
2023-11-10"Jy gebruik terloopse kommentare op blogs – sonder enige kwalitatiewe onderskeid tussen formele akademiese diskoerse en informele gespreksdiskoerse – as vertrekpunt om oordele te vel oor geïdentifiseerde akademici se kundigheid, en dus in ’n akademiese konteks ook hul bekwaamheid."
Ses catch phrases uit Friends vi self-care
2023-11-09"Joey het obviously sy eie agenda gehad wanner hy daai vraag vra, maa om regularly met jouself in te check is always ’n good idea, en of course djy moet honestly vi jouself antwoo’d."
Conversations beyond the comfort zone | Etienne van Heerden Veldsoirée 2023
2023-11-08We should stop worrying about the names of towns and streets. We should, however, worry about South Africa becoming a failed state. In this lecture Sihle Khumalo urges South Africans to have difficult conversations, to move beyond their comfort zones. He does so while reflecting on his many travels throughout Africa.
The anatomy of reform | Etienne van Heerden Veldsoirée 2023
2023-11-08"We all have to take ownership," says Frans Rautenbach, an advocate and the author of several books, the latest being Help yourself South Africa. In this lecture, delivered at the Etienne van Heerden Veldsoirée 2023, he highlights practical things that ordinary citizens can do to make South Africa work again.
Wie mag skeppend skryf?
2023-11-08"Die skrywer se vel is ’n chiasme tussen hom en die wêreld. Dit is deur sy vel dat die wêreld aan hom vat en dit is deur daardie selfde vel dat hy op sy beurt met sy pen en woorde aan die wêreld vat."
Ons is nie almal so nie
2023-11-07"Addressing structural racism in South Africa requires a comprehensive and sustained effort from government, but also from us as citizens, who fundamentally believe that 'ons is nie almal so nie'. It necessitates policies that promote economic empowerment, educational equality and social parity."
Pelgrimspsalms: Opskud, die pad is steil en ver
2023-11-07"In ons dag dui Meseg en Kedar op chaos, wanhoop, kommer, waansin, magteloosheid en korrupsie. ... Op 7 Oktober 2023 het die Palestynse Hamas ’n lewensvernietigende aanval op Israel geloods (Netwerk24)."
Hamas: terroriste of vryheidsvegters?
2023-11-07"Dieselfde Mandela wat as terroris veroordeel was, wie se naam nie eens genoem mog word in Suid-Afrika nie, het die Nobelprys vir vrede ontvang."
Die krag van een
2023-11-02"As sodanig het Rassie Erasmus hom as die hedendaagse draer van Danie Craven se onsterflike titel gevestig. Hy is Suid-Afrika se nuwe Meneer Rugby. Onder hom het ons hemel en aarde versit … Wat alles op een enkele slotsom uitloop: Ons is nou één. Die hoop is om verder hierop te bou."
