Menings

LitNet se ruimte vir onderhoude, essays, seminare en rubrieke wat toonaangewende menings uitspreek.
LitNet's space for interviews, essays, seminars and columns that express groundbreaking opinions.

Visioene van Syd (1946–2006)

Jaco Fouché 2015-03-23 "Eendag sal jy teen dagbreek regopsit
En die slapers na hulle waak aantref."

Poolshoogte-diskoers by die US Woordfees 2015: Bestekopname van die bestekopnemers

Izak de Vries 2015-03-20

"Sonja Loots, die gespreksleier, het opgemerk dat skrywers mekaar vroeër in kroeë ontmoet het, maar dat die kuberruim deesdae dié gespreksruimte vir skrywers geword het." Izak de Vries deel sy indrukke van die gesprek by US Woordfees 2015.

Tien vrae: Tossie van Tonder oor My African Heart

Tossie van Tonder (Nobonke), Naomi Meyer 2015-03-20 "Ek idealiseer al vir langer as 20 jaar dat al elf ons tale kan floreer om ’n digte netwerk van literatuur in Suid-Afrika teweeg te bring. Afrikaans is ’n lewensmag wat iets omtrent die oorlewing en florering van ’n identiteit in hierdie plek verteenwoordig. Laat dit enige vorm aanneem – hoe groter die verskeidenheid, hoe beter."

Menseregtedag en tannie Lee

Gustaf Pienaar 2015-03-20 Sy was 75 jaar oud was toe sy op 28 Januarie 1972 met die gereg in Kaapstad gebots het. Tannie Lee was 'n nooi met wie mens nie op Menseregtedag sou skoor soek nie.

ATKV Onderwys: die belang van beheerrade

Izak de Vries 2015-03-20 "'Onderwys is een van die kernpilare van ’n gemeenskap, en daarom is dit van absolute belang dat ouers moet besef hoe belangrik dit is dat hulle betrokke is by hul kind se skool.' Só sê Seymour Bothman, senior bestuurder: onderwys by die ATKV."

Aborsie, die groot keuse: moord of nie?

Jean Oosthuizen 2015-03-18 "Sowat die helfte van alle swangerskappe in Suid-Afrika eindig in aborsie."

Onderhoud: Toef Jaeger oor Koning Eenoog

Toef Jaeger, Jente Rhebergen 2015-03-18 Begin hierdie jaar verskyn Koning Eenoog, ’n 'migranteverhaal' deur Toef Jaeger, oor die lewe en werk van die skilder en skrywer Henk van Woerden. Toef Jaeger gesels in hierdie onderhoud oor dié boek, en waarom dit by Atlas Contact uitgegee is.

Colloquium Neerlandistiek: 13 en 14 maart 2015, Pretoria

Natasja le Roux 2015-03-18 "Een toonzetting van de kleurrijke gedichten van Rodhan al Galidi, een gesprek tussen de Ambassadeur van het Koninkrijk der Nederlanden en de  Algemeen Afgevaardigde van de Vlaamse Regering, de ingenieuze taalvondsten in de poëzie van Paul Bogaerts en de verfilming van De helaasheid der dingen: dé ingrediënten voor een geslaagd Colloquium Neerlandistiek, gehouden op 13 en 14 maart in Pretoria."

Martin Bossenbroek: Die Boereoorlog (uit Nederlands vertaal deur Anne-Marie Mischke)

Annemarié van Niekerk 2015-03-18 "Ek is my nie bewus van enige ander soortgelyk beeldende en treffende vertelling van die Boereoorlog nie. Die neutraliteit waarmee Bossenbroek skryf, is van so ’n aard dat selfs die-hard ondersteuners van óf die Boere- óf die Britse saak tydens die lees nie ’n oomblik te na gekom sal voel nie."

Die US Woordfees 2015 in beeld

Izak de Vries 2015-03-18 Izak de Vries deel sy foto's van die US Woordfees 2015.

"'n Vaatjie op bene"

Gustaf Pienaar 2015-03-18 "Die winkelier is later deur die hof as ''n vaatjie op bene' beskryf. Hy was 1,7 m lank, het 105 kg geweeg, en was daarby nogal kort van humeur, want hy het mnr A in die hitte van die argument na die warmplek gestuur."

US Woordfees 2015: Letterkunde en die liefde, teks en seks

Jean Oosthuizen 2015-03-17 "Seks is nie ’n toeskouersport nie, maar ’n belewenissport." Jean Oosthuizen kyk terug na die LitNet-gesprek oor liefde en die letterkunde by vanjaar se US-Woordfees.

US Woordfees 2015: Kyk God rugby?

Jean Oosthuizen 2015-03-17 "Die tragedie is dat ons maklik sê dáár is God as ons wen, maar die vraag is waar is God as ons verloor?"

Op de zolders van de Keizersgracht, Nederlands – Zuid-Afrikaanse geschiedenissen

Hendrik-Jan de Wit 2015-03-16 "De zolders van het Zuid-Afrikahuis bevatten een schat aan informatie. Dat laten de twintig bijdrages in het boekje van 86 pagina’s overduidelijk zien."

Ballade vir 'n Enkeling-lied: toe en nou

Hunter Kennedy, Naomi Meyer 2015-03-16 Die Heuwels Fantasties sing die temalied van die nuwe Ballade vir 'n Enkeling-film. Hunter Kennedy gesels met Naomi Meyer oor die verwerking van 'n liedjie wat hy self ook uit sy kleintyd onthou.

Foto's: André P Brink-gedenkuur by US Woordfees

Naomi Bruwer 2015-03-16 Die US Woordfees se skrywersprogram is vanjaar afgesluit met 'n gedenkuur vir André P Brink. Bekende medeskrywers en mense wat na aan Brink was, het uit sy werk voorgelees.

1976-2015: Hoe meer dinge verander, hoe meer bly dit dieselfde?

Bettina Wyngaard 2015-03-12 "Mens sou verwag dat die reaksie anders sou wees, maar weer word die polisie ingeroep om ’n vreedsame protes op te breek. En weer is die polisie se reaksie, om stun grenades en rubberkoeëls onder die kinders in te skiet, totaal uit proporsie met die aanvanklike protes."

Indrukke en foto's van Poolshoogte by die US Woordfees

Catrina Wessels 2015-03-12

"Weens beperkte tyd het die gehoor nie kans gehad om vrae aan die paneel te rig nie. Dit sê op sigself iets van die stand van sake in die Afrikaanse letterkunde 20 jaar ná demokrasie: daar is baie om oor te praat en daar is mense wat hulle daarmee bemoei."

US Woordfees 2015: Kan God eensydig wees?

Jean Oosthuizen 2015-03-11 Is God ’n man of ’n vrou? En kan God dalk selfs gay wees? 

Sanlam | LitNet-poësieslypskool by die US Woordfees 2015

Mellet Moll Akademies en skole 2015-03-11

 Mellet Moll beskryf dié dag as een van "slypstene en woordsmede". Naomi Bruwer deel haar foto's.

Top