Menings
LitNet se ruimte vir onderhoude, essays, seminare en rubrieke wat toonaangewende menings uitspreek.
LitNet's space for interviews, essays, seminars and columns that express groundbreaking opinions.
Bradley van Sitters se staatsrede-lofsang: Khoekhoegowab-, Nama- of "KhoiSan"-seënbede?
2019-06-25Bradley van Sitters het oornag bekend geword met die debat rondom die taal wat hy gepraat het tydens sy lofsang voor president Ramaphosa se staatsrede in die parlement op 20 Junie. Van Sitters, die eerste Khoi-lofsanger wat een van ons presidente al voor ’n staatsrede geprys het, het kritiek uit verskeie oorde ontvang. Kritici en ondersteuners het na verskeie tale en terme verwys (die “Khoisan-taal”, Khoekhoegowab, Nama en die groep Damara-Namas). Hier volg wat kenners op LitNet, Menán du Plessis en Kerry Jones, in die verlede oor die definisies van hierdie tale, die betrokke etniese groepe, en Khoekhoegowab as medium van onderrig gesê het.
Trane oorie veliede: die lied van ’n “nieblank”
2019-06-25"Intergenerational trauma – dis die draak se naam."
Leonardo da Vinci – veelsydige genie
2019-06-25"Historici beskou hom as die prototipe van die universele genie en die 'Renaissance-mens', ’n individu van onblusbare nuuskierigheid met ’n vindingryke verbeelding, een van die mees veelsydige en talentvolle mense wat ooit geleef het, ’n vernuftige ingenieur en uitvinder – wat die Nederlanders noem ’n 'vernufteling'."
SONA 2019: Cyril, ons man by die robotte
2019-06-24"Binnekort gaan robotte wat huise skoonmaak, alledaags wees, of so wil die ideaal dit hê. Florence (en miskien Nkosi ook) gaan dit nie alleen meer nié kan bekostig om die Gautrein te neem nie, sy gaan die bietjie werk wat sy het, ook nie meer kan kry nie."
Staatsrede Junie 2019: Is Cyril versin in sy kop?
2019-06-21"Sy toespraak was gerig op die middelklas. Dis immers hulle wat droom van ʼn sneltrein tussen Gauteng en Kaapstad. Die res van ons wil net asseblief graag hê Metrorail moet ons by ons fabriekswerk uitbring sonder dat die trein uitbrand, of ons beroof word, of die spoor gesteel word. Net van Eersterivier tot Kaapstasie of Soutrivier, asseblief."
Private-sector involvement as a key driver of successful land reform
2019-06-20"Ultimately, developing a new generation of farmer and successful models for facilitating land reform is not only a necessity in achieving a more equitable society, but also represents a commercial imperative to develop the successors to a fast dwindling and ageing population of white, commercial farmers."
Universiteite in Afrika: Is moderne kennis noodwendig Westers en daarom verwerplik?
2019-06-20"Sonder die vermelde universiteitsprodukte sou die stryd om dekolonisering minder doeltreffend gewees het. Versetbewegings soos Pan-Afrikanisme, négritude en Afrikanasionalisme was almal antikoloniaal maar nie noodwendig teen die idee van universiteite nie."
Schrijversengagement in Vlaanderen en apartheid. Phil du Plessis en Breyten Breytenbach
2019-06-20"De westerse wereld, zo zegt Breytenbach, is het vertrouwen in de eigen cultuur kwijtgespeeld. Het superioriteitsgevoel van de westerse linkse intellectueel is gebaseerd op niets anders dan illusies. De houding tegenover de apartheidspolitiek van Zuid-Afrika is hypocriet. Hoezeer verontwaardigd ook, het politiek beleid van westerse landen tegenover Zuid-Afrika heeft 'geen uitwerking', is een spelletje geworden."
Afrikaanse Taalraad trek jeugdiges saam in Jeugmaand
2019-06-20"Die leerders is geïnspireer om Afrikaans te koester as deel van hul identiteit en erfenis, hulle daarin uit te leef en nie skaam te wees oor die soort Afrikaans wat hulle praat nie."
Zeús, Oppergod van die antieke Griekse panteon, en die rare boodskap wat hy vir ons vandag nog inhou: deel 3
2019-06-19"Nou is dit so dat die ou Grieke ook die verhaal van die Groot Vloed vertel het. Vader Zeús het ook besluit om alle mense in ’n Groot Vloed te laat omkom (verdrink) omdat hulle nie meer op die regte wyse vir die gode op die Berg Ólumpos hul offerandes gebring het nie."
Die gevaar van die enkele narratief
2019-06-19"Dink hoe anders sou geskiedenisboeke uit my skooljare daar uitgesien het as die Slag van Bloedrivier vertel was uit die oogpunt van die Zoeloe-stryders. Of die aankoms van Jan van Riebeeck aan die Kaap uit die perspektief van die Khoikhoi. Dink hoe anders sou ons literêre geskiedenis lyk as die plaasroman deur die plaaswerker geskryf was."
Die siel van die akademie
2019-06-19"So pas is opgemerk dat sowel in die verhoor van Sokrates as in die verhoor van Christus nóg die goeie argument, nóg die veelseggende stilswye van die verhoorde genoeg was om sy onskuld te handhaaf en sy lewe gespaar te kry, en wel omdat die verhoordes die teiken van ’n ander agenda was. Ook Mandela en Breytenbach was by nabetragting die slagoffers van ’n ander agenda." Lees Johann Rossouw se professorale intreerede aan die Universiteit van die Vrystaat.
Cloete Breytenbach (1933–2019): die fotograaf wat die lensdigter genoem is.
2019-06-13"So sal hy seker deur die meeste oudkollegas onthou word – die ou met die glimlag, sonder woorde; die ou wat jou storie deur sy fotografiese deelname kon red."
Sypaadjie-gesprek: die dubbeltjies in die pad
2019-06-13"Wat het geword van die idee dat foute van die verlede nie herhaal moet word nie en dat almal 'gelyk' sal wees in ’n nuwe vry en regverdige Suid-Afrika?"
Herschelle Benjamin vertel wat Jeugdag vir hom beteken
2019-06-13Marli van Eeden gesels met Herschelle Benjamin oor Jeugdag wat jaarliks op 16 Junie gevier word: "Daar is nog voorbeelde van jongmense wat in opstand kom en hul stem laat hoor, maar ook in ander gevalle dit verloor, sodat die wêreld en ons land besef dat jongmense se rol in die samelewing nooit onderskat mag word nie."
Praktiese raad oor die versorging van ’n demensielyer
2019-06-12LitNet is #opdielug!
2019-06-12LitNet is #opdielug! Kom luister saam: Robyn van de Rhede en Menán van Heerden voer onderhoude met mense wat passievol is oor hul taal. Net op Radio 786. Eerste aan die woord: Universiteit Kaapstad-student Riyaadh Lawrence.
Sypaadjie-gesprek: Bettina Wyngaard lewer repliek op Wenkbrou se repliek
2019-06-12"Gebrek aan diversiteit, gebrek aan kulturele sensitiwiteit is ʼn industriewye probleem."
Mikrodosering?
2019-06-12Heinz Mödler skryf onlangs in ’n dagbladrubriek dat "pasiënte met middelweerstandige depressie en posttraumatiese stres, vir wie daar nie meer raad is nie, kan baat vind deur ’n kort kursus LSD ..., ecstasy ... of magic mushrooms ... te neem". Handré Brand ondersoek hierdie stelling.
Bekendstelling van die Winnie Rust-stigting
2019-06-11"Vir ons was die bekendstelling van die Winnie Rust-stigting ’n simboliese, nuwe begin. Ons wou dit graag met ander deel en die trauma van die moord en lang hofsaak na die agtergrond skuif. Ons was gretig om die rol van passiewe slagoffers te verruil vir dié van bouers van ’n beter toekoms vir ander. Ons het geweet dit sou nie maklik wees nie, maar ons moes iewers begin."
