Menings
LitNet se ruimte vir onderhoude, essays, seminare en rubrieke wat toonaangewende menings uitspreek.
LitNet's space for interviews, essays, seminars and columns that express groundbreaking opinions.
WhatsApp as ondersteuningsplatform: ’n onderhoud
2019-08-05"In Suid-Afrikaanse staatskole is dit nie ongewoon dat leerders in ’n derde of vierde taal onderrig word nie."
Hoekom raak vroue verlief op moordenaars?
2019-08-05"Die redes hoekom vroue met mans agter tralies afhaak, het my nog altyd gefassineer. Wat sou die aantrekkingskrag wees?"
Langenhoven se 1923-verbeeldingsvlug maan toe
2019-08-04"Die onlangse 50-jarige herdenking van Neil Armstrong-hulle se besoek aan die maan roep Langenhoven se boek Loeloeraai in herinnering. Loeloeraai is in 1923 uitgegee en is waarskynlik die eerste wetenskapfiksieboek wat in Afrikaans verskyn het."
Lindau Nobelpryswenners-vergadering: ’n onderhoud met twee studente
2019-08-02Twee studente van die Noordwes-Universiteit (NWU) is vanjaar gekies om die beroemde jaarlikse Lindau Nobelpryswenners-vergadering by te woon. Hester Schutte, ’n PhD-student, en Hannes Thiersen, ’n MSc-student van die Sentrum vir Ruimtenavorsing in die Fakulteit Natuur- en Landbouwetenskappe, het die vergadering van 30 Junie tot 5 Julie 2019 in Duitsland bygewoon. Die Lindau-vergadering bring 30 Nobelpryswenners en ongeveer 600 beste voorgraadse en PhD-studente en navorsers ter wêreld bymekaar. Cliffordene Norton gesels met hulle.
Gedagtes oor die aanbieding van Bettina Wyngaard se "Hoekom sukkel liberal whiteys so om rassisme te veroordeel?"
2019-08-02"Ek het al gesien hoe mense ophou wil baklei en begin luister danksy 'n heel eenvoudige en eerlike erkenning van 'n ander se perspektief."
NouNet-mening: Skuldlas
2019-08-02"Waarom het ek nie hierdie goed op skool geleer nie? Wiskundig kan ek Sin, Cos en Tan om mooi kurwes op grafieke te trek, en ek kan Shakespeare verstaan, ek weet waar Saul vir Oupoot moes skiet en ek weet darem waar goud op die periodieketabel lê. Maar van belasting, lenings, bankrekenings, rentekoerse, dienskontrakte, en aansluitingskontrakte moes ek op die harde manier leer."
NouNet: publiseer jou mening op LitNet!
2019-08-02Het jy geweet jy kan op LitNet publiseer? LitNet gaan R1 250 beskikbaar stel aan die skrywers van NouNet-meningsartikels. Jy pen jou mening oor enigiets onder die son neer. Verkieslik iets aktueels, maar dit kan ook oor boeke, reis, of die lewe in Suid-Afrika, die liefde of iets wat jou irriteer, gaan. Laat hoor van jou!
NouNet-mening: Die Stilswye van Stilte
2019-08-02"Maar is ons, as samelewing, besig om stilte te verloor? Is die idee van stilte, soos sekere dierspesies, besig om uit die kollektiewe geheue van die samelewing te verdwyn? Kan ons wérklik stil word?"
Mandeladag 2019: Alwyn Roux in gesprek met Andries Oliphant en Yves T'Sjoen
2019-08-01Ter viering van Mandeladag op Donderdag 18 Julie 2019, het Alwyn Roux met Andries Oliphant van Unisa en Yves T'Sjoen van Universiteit Gent in gesprek getree oor hulle ervaring van die sewentigs en tagtigs in Suid-Afrika, die oorgang na ’n demokratiese bestel in die negentigs, en die eerste twee dekades van die Nuwe Suid-Afrikaanse samelewing.
LitNet Akademies (Opvoedkunde)-seminaar: Skoolhoofde en leierskap
2019-07-30Remona Voges het met ’n musiekonderwyser, Darius Erasmus, gesels om uit te vind wat effektiewe leierskap in Suid-Afrikaanse skole vir hom beteken: "Die genot lê in gelukkige kinders. 'Only if they keep the teacher happy.'"
Veeltalige universiteite: ’n onderhoud met Emma Groenewald
2019-07-30"Veeltaligheid kan mense verdeel, maar ook mense bymekaar bring. Die onus rus op die individu – indien ek bereid is om 'n ander taal aan te leer, al is dit net basiese kommunikasie, is ek bereid om van 'n ander te leer, respekteer ek die individu vir sy taaldimensie en beweeg ons nader na mekaar."
OB alweer in die sop
2019-07-30"Ek dink sy is absoluut lojaal en pligsgetrou in die uitvoering van haar pligte. Sy doen presies waarvoor sy aangestel is. Sy was waarskynlik net nooit aangestel om die openbare belang te beskerm nie."
Harry Kalmer en die troos van telefoontekste
2019-07-28"Terwyl ek my vingers oor die skerm rol en Harry se snaakse, slim, simpatieke, aweregse opmerkings lees, kan ek my verbeel hy's nog hier, kan ek myself amper oortuig dat ons jarelange internetgesprek net tydelik onderbreek is. Terwyl die nuus insink – en dit gaan lánk vat om werklik in te sink, weet ek nou al – het ek darem die triestige troos van telefoontekste."
Die tyd raak kort: 'n pastiche ter nagedagtenis aan Harry Kalmer
2019-07-28Jean Meiring bring hulde aan Harry Kalmer.
Uitnodiging: skryf vir LitNet!
2019-07-26Het jy iets iewers in die media gelees wat jou ontstel? Voel jy sekere gesprekke en menings het nog meer toeligting nodig? Ons wil jou stem hoor!
Wie stileer vir Pickard Henn?
2019-07-26"Kyk net die haredos: onderlangs is dit skonerig geskeer en bo sampioen dit geil uit. Die baard is pure hipster-sjiek. So sag soos 'n kussing."
Weermagbeurtkrag
2019-07-26"Dis eintlik die gangsters wat ons nie sien nie wat wegkom met die grootste byt uit die misdaadkoek. Gesiglose haaie wat swem in die bloedbaddens rond gedrapeer in tuxedos en uncapped Wi-Fi connection. Hulle toesprake kap soos beitels teen die grafstene van die voortydige dood van jong gestorwenes."
LitNet Akademies (Regte)-onderhoud: ’n gesprek oor die Openbare Beskermer
2019-07-26"In die lig van die uitspraak teen haar en die reaksies op sekere verslae deur Mkhwebane, is ek van mening dat sy nie haarself tans goed van haar taak kwyt nie. Inteendeel dink ek dat haar optrede teenstrydig is met die baie belangrike verantwoordelikhede wat ’n Openbare Beskermer het."
Belge, boeke, Bloemfontein en Nederlandse vrae oor feite
2019-07-25"Geraldine Reymenants, die algemene verteenwoordiger van die Vlaamse regering in Suid-Afrika, was in gesprek met die Nederlandse skrywer Wytske Versteeg. Hulle is bygestaan deur Corneli van den Berg, die literatuurfeeskoördineerder vir die Vrystaat Kunstefees. Versteeg is ’n politoloog, maar ook ’n skrywer. Die gesprek oor haar navorsing was net so fassinerend as die gesprek oor haar fiksie."
Persverklaring: Saterdag 27 Julie 2019 van 9.00 tot 13.00 by SASNEV
2019-07-25Kom kuier saam! Op Saterdag 27 Julie 2019 vind daar ’n paar spesiale gebeure plaas by SASNEV in Pinelands. Almal is welkom om die bekendstelling van Die vrede kom later deur Diana Ferrus by te woon. Ook: “Stichting Trias Neerlandica” gaan as stigterslid amptelik aankondig dat ’n beurs gestig is vir Suid-Afrikaanse leerders van Hoërskool Groenberg (Grabouw) om in 2020 na Nederland te reis om hul taal en kultuurhorisonne te verbreed.
