Menings
LitNet se ruimte vir onderhoude, essays, seminare en rubrieke wat toonaangewende menings uitspreek.
LitNet's space for interviews, essays, seminars and columns that express groundbreaking opinions.
In my vel deur Azille Coetzee: ’n skrywer wat haarself blootlê sodat ons onsself kan sien
2019-08-14"Hierdie is ’n grondverskuiwende boek. Dit is slim. Dit is vlymskerp. Dit is uitstekend geskryf. Dit is ’n dapper skrywer wat haarself so blootlê, en wat haar eie verhaal gebruik om ons te laat besin."
Elgin Grabouw-krimifees 2019: waar kom al die misdaadverhale vandaan?
2019-08-13"Die land self beantwoord die vraag op die gespreksleier se lippe: hoe kry mens dit reg om aan te hou lewer en boek ná boek te produseer?"
Konstitusionele Hof, Gelyke Kanse en Universiteit Stellenbosch
2019-08-13"As Stellenbosch as 'n Afrikaanse universiteit verdwyn, gaan dit waarskynlik groot implikasies hê rondom die toekoms van Afrikaanse skole, tensy die ideaal van 'n groot selfstandige Afrikaanse universiteit baie gou werklikheid word."
Afrikaans, die lingua franca van die Suide
2019-08-13"Die lingua franca gan tog nog nooit dootie, maak nou nie saak wat mense doen en hoe hulle skellie. Afrikaans is ʼn taal wat sal bly loep in generasies wat nog gan kô, en die taal issie wittie, nevemind wat mense gloe!"
Video: Vrouedag 2019-gesprek met Diana Ferrus, Ntebaleng Morake en Bernedette Muthien by die Iziko Slave Lodge
2019-08-13Op Vrydag 9 Augustus 2019 het verskillende vroue by die Iziko Slave Lodge (Kaapstad) byeengekom om Vrouedag te vier. Diana Ferrus, Ntebaleng Morake en Bernedette Muthien het oor die struikelblokke wat Suid-Afrikaanse vroue ervaar en die rol van jong vroue in die Fallist-beweging gesels. Cliffordene Norton het die geleentheid bygewoon en foto’s geneem.
Brexit: Toekoms onduidelik
2019-08-12"Gaan Brexit plaasvind of nie – of gaan die Verenigde Koninkryk (VK) die Europese Unie (EU) met of sonder ʼn ooreenkoms op 31 Oktober verlaat?"
LitNet Akademies (Opvoedkunde)-seminaar: Skoolhoofde en leierskap
2019-08-12"Hoërskole sit met tieners wat maklik rebelleer, en waarteen beter om te rebelleer as ’n argaïese tradisie wat op jou afgedwing word? Tradisies moet aanpasbaar wees."
NouNet-mening: Bendegeweld op die Kaapse Vlakte – ’n humanitêre krisis
2019-08-08"Hoe gaan die weermag help om die probleme op die Kaapse Vlakte, waarvan bendegeweld maar net een is, op die lang termyn te help bestry?" Shirmoney Rhode deel haar ervaringe van lewe op die Kaapse Vlakte en gee haar mening oor die weermag wat daarheen ontplooi is om bendegeweld stop te sit.
NouNet-mening: Ons almal kan weer baat by ’n stukkie Madiba
2019-08-08"Verlede Dinsdagaand sit ek vroeg in my kar by die Nelson Mandela Foundation in Houghton. Ek is hier om die bekendstelling van Zelda la Grange se nuwe kykNET-reeks, Uitsonderlike Roeping, by te woon. Dit is ses uurlange episodes waarin Zelda terugstap op Madiba se spore om te gaan kyk wat hom gevorm het en om seker so ook te verstaan hoe hy ons gevorm het."
Vrouedag 2019: Waarom al die protes?
2019-08-08“Net diegene wat die skoen dra, weet waar dit druk.” Dit was een van die leuses van die Stemreg vir Vroue-beweging, maar in werklikheid ’n onderbeklemtoning van wat vroue probeer oordra het oor hoe hulle lewe regeer is, skaars 100 jaar gelede, skryf Elsabé Brits op die vooraand van Vrouedag.
Vrouedag 2019: Om tee te drink op Vrouedag is nie genoeg nie
2019-08-08"Het ons as Suid-Afrikaanse vroue al so gemaklik geword daarmee dat ons as ongelykes behandel word dat ongelykhede teen ons, ons nie meer ongemaklik maak nie? Ek persoonlik dink vroue het al so tevrede geword dat hulle nie veel meer wil eis nie." #vrouedag
Repliek op brief oor Gedeeltelik Bewolk in Die Burger
2019-08-08Huldigingsgeleentheid: Harry Kalmer
2019-08-08Die bekende skrywer, Harry Kalmer, se lewe word op 16 Augustus by 'n byeenkoms in Johannesburg gehuldig. Hier is nog besonderhede.
In gesprek oor witwees in Suid-Afrika met Melissa Steyn en Christi van der Westhuizen / In conversation about whiteness in South Africa with Melissa Steyn and Christi van der Westhuizen
2019-08-08Op versoek van LitNet het Kees van der Waal vrae oor witwees aan twee kenners, Melissa Steyn en Christi van der Westhuizen, gestel.
JPJ van Rensburg, professor in Grieks op Stellenbosch, die man wat eerste was om die ou Grieke rêrig Afrikaans te laat praat
2019-08-07"Ek is waarskynlik die enigste (hoewel veel latere) tydgenoot van wyle professor JPJ van Rensburg van Stellenbosch wat nog oorgebly het om, uit eie meelewing as oor- en oog-getuienis, hierdie verhaal in enige diepte te kan vertel."
Foeta Krige, die joernalis wat geweier het om ’n skoothond te word: ’n onderhoud
2019-08-07"’n Goeie joernalis is nuuskierig, maar eties, welbelese en ingelig, in voeling met die samelewing maar met ’n gesonde en natuurlike agterdog (George Claassen noem dit ’n 'bullshit detector')."
Spookstories: Stellenbosch of Dwelmbos? – 'n ware verhaal
2019-08-06''’n Baie meer dringende probleem is dat my sigarette op is en dat die Reijger, Drommedaris en Goede Hoop skynbaar sopas in my brein anker gegooi het en jare van kak en swaarkry elke sekonde in elke stukkie van my lyf afspeel. Ek voel sleg. Ek kort 'n dop."
Gelyke Kanse-persverklaring: Konstitusionele Hof-toetssaak oor taal
2019-08-06Groot belangstelling heers onder akademici en in onderwyskringe oor 'n toetssaak in die Konstitusionele Hof rakende die omstrede kwessie van die reg tot onderrig in Suid-Afrika se inheemse tale op tersiêre vlak. Hierdie saak word Donderdag 8 Augustus 2019 in die Konstitusionele Hof in Johannesburg aangehoor.
LitNet Akademies (Opvoedkunde)-seminaar: Skoolhoofde en leierskap
2019-08-06"I am of the opinion that when one is a part of an organisation, it is one’s experiences in decision-making that engender a sense of belonging and purpose."
Krimifees ’n Suid-Afrikaanse eerste
2019-08-06"Terwyl elke plaaslike literêre fees ’n paar panele vir krimi-skrywers het, is hierdie die heel eerste fees wat gewy is aan misdaad skryf in al sy aspekte."
