Menings
LitNet se ruimte vir onderhoude, essays, seminare en rubrieke wat toonaangewende menings uitspreek.
LitNet's space for interviews, essays, seminars and columns that express groundbreaking opinions.
Soos ’n Arend: 5 vrae aan Christa van Staden
2019-09-04“Hierdie navorsing bewys dat onderwysers ’n toepassing kan gebruik om gevorderde vorms van kennis te skep en te deel. Dit is baie belangrik, aangesien hierdie vorm van leer selde erken word omdat daar oor die algemeen aanvaar word dat onderwysers kursusse moet bywoon om te leer.”
Uit Afrika
2019-09-04"Derduisende mense verlaat glo Suid-Afrika om hulle heil elders te gaan soek. Maar waar is ons tuiste regtig? Het ander mense voor ons nie ook maar presies dieselfde gedoen nie – aanhoudend migreer? En weer migreer. Is ’n plek soos Nederland, Duitsland of Frankryk jou tuiste as jy jou gene dalk nie eens meer heeltemal kan identifiseer nie?"
Monsteragtige LP’s gekant teen vermindering van vet salarisse
2019-09-04"Ironies genoeg doen politici gereeld uitsprake dat die salarisrekening van die staatsdiens verklein moet word, maar noudat die parlement besluit het dat parlementslede (LP’s) se salarisse en byvoordele verminder moet word, het sommige siellose politici reeds hul misnoeë met dié voornemens te kenne gegee."
Mansmense
2019-09-04"Die wêreld praat genoeg van mansmense moet wiet wat reg en vekeed is. Maa as hulle dan wiet wat reg en vekeed is, hoekô stop hulle hulleself om te huil, of om te sê hulle is see, of voel see, of dat hulle hulp nodig het om die liewe te liewe?"
In memoriam: Dirk Laurie (1946–2019)
2019-09-03"Duisende sal Dirk hoogstens onthou van die Flinkdink-reeks op TV, en ander sal onthou hoe sy verkiesingsvoorspellings en ontledings alle ander oortref het. Baie studente van meer as een universiteit sal hom onthou vir sy unieke styl en eienskappe. Minder bekend is sy baie wesenlike, onbaatsugtige bydraes in baie bedrywighede soos Wiskunde-olimpiades ..."
Futiliteitsdilemmas en die Tweede Wêreldoorlog
2019-09-03Die Tweede Wêreldoorlog het net meer as tagtig jaar gelede, op 1 September 1939, uitgebreek. Handré Brand skryf ’n artikel oor "wat sou gebeur het"- of "sê nou maar"-vrae.
NALN-tydkapsule 3: ’n Grafsteen en ’n vliegtuigskroef
2019-09-02Reis saam met die Nasionale Letterkundige Museum en Navorsingsentrum (NALN) in Bloemfontein terug in die tyd. Leana Lategan gaan gereeld interessante, waardevolle en soms byna vergete argiefitems met LitNet-lesers deel. Jan Rabie en Jan FE Celliers was reeds aan die beurt, met Toon van den Heever derde op die lys.
NouNet-mening: Oor vrouelogika en ander geite
2019-08-30"Nadat ek vir jare die eienaardighede so eie aan vroue bestudeer het, het ek besluit om enkeles daarvan neer te pen."
Seepglad: die toekoms van seks, die internet en tuinelektronika
2019-08-29"Die robothandjies aan die binnekant sal die goed vat en stoor, sonder om dankie te seg. En jy sal betaal, maar nie eens met snapper nie. O, dis reeds aan die gebeur, in China, onder andere."
NHI, yea of nay?
2019-08-29"En miskien gan die keuse nie net oo voorreggie, maa dit gan oo dis elke mens se reg op goeie gesondheidsorg, never mind offit nou privaat of deurie staat is."
Rassisme, nasionalisme en die Gereformeerde tradisie: ’n onderhoud
2019-08-29"Ek het die radikale politieke omwenteling in ons land gedurende die 1990’s as ’n kind meegemaak." Pieter GR de Villiers gesels met JA Schlebusch oor sy artikel.
NouNet-mening: ’n Plaaskind probeer die K53 en die ongeskrewe padreëls van die stad met mekaar vereenselwig
2019-08-29"As plaaskind was dit vir my glad nie ’n probleem om uit te figure hoe om met die plaasbakkie te ry nie. Dit was eintlik heel eenvoudig. Maak seker die bakkie is uit rat, draai die sleutel, trap die clutch in, verander na eerste en trap die petrol. Daar gaan jy!"
Op weg na die volheid van die Afrikaanse taal
2019-08-28"Afrikaans is gevorm in die monde van al diegene wat aan die Kaap en in die binneland gebly het. Dit is in hierdie kreooltaal dat ons die oorblyfsels van die slawe se vreemde tale hoor, en die spore van hul ervarings."
Resensie: My mother’s mother’s mother deur Pieta van Beek en Annemarié van Niekerk
2019-08-28"Die titel van die boek is geneem uit Diana Ferrus se Ons komvandaan en dit word ingespan om die boek te raam as ’n teks waarin dit juis generasies vroue is wat deur hulle skryfwerk aan die woord kom."
Ou vlae, nuwe vrae
2019-08-27"Ten beste is AfriForum en hul ondersteuners onsensitief vir die ongelooflike skade wat aan swart mense spesifiek, en die breër samelewing in die algemeen, aangedoen is onder die gewapper van die ou vlag. Onsensitief op dieselfde manier as wat dit onsensitief is om die swastika by Joodse geleenthede te vertoon."
kykNET Silwerskermfees 2019: Wat’s in die spieël? Dagboek van ’n filmfees
2019-08-26"Wat is in die spieël? Dink ons krities genoeg oor die keuses wat óns maak in die lig van Bass se keuse en protes? Kan ons in solidariteit met Bass staan oor die objektivering van die vroulike liggaam, terwyl ons die omstredenheid terselfdertyd sien as ’n geleentheid om ’n gesprek oop te maak en krities te dink oor die objektiverings waaraan ons self daagliks skuldig is?"
kykNET Silwerskermfees 2019: Leon van Nierop se indrukke
2019-08-26"Die fees is verby. Tone is nie net in koue water gedruk nie, maar karakters en filmmakers het sommer kaalbas aan die diep kant ingespring."
kykNET Silwerskermfees 2019: Ikoniese verhaal van Racheltjie de Beer tot rolprent verwerk
2019-08-23“Die film bring gestalte, klank, beeld en ’n vars blik op ’n storie wat vir dekades lank in die gehoor se verbeelding geleef het.” Dít is wat die rolprent Die Verhaal van Racheltjie de Beer uniek maak, meen regisseur Matthys Boshoff. Hy vertel vir Marli van Eeden meer oor die rolprent.
Vannie Kaap memes: an interview with Samantha Roman
2019-08-23Vannie Kaap memes are super popular on social media. Cliffordene Norton interviews Samantha Roman about her thesis, entitled: "What Kaaps brings to the table: A sociolinguistic analysis of the intersection between language, food and identity in Vannie Kaap memes".
NouNet-mening: Beteken bo vyftig dat jy breindood is?
2019-08-23"Ons kan die internet 'surf' dat jou kop draai ... Ons reis alleen oorsee, ons klim Kilimandjaro en ons gaan stap die Camino ... Ons kan somme maak sonder ’n sakrekenaar of daai toepassinkie op jou slimfoon. Ons kan spel, ons kan ordentlik oor ’n telefoon praat ... Ons kan ’n debat voer in ’n raadsaal sonder om elke vyf minute op ’n selfoon te kyk."
