Menings

LitNet se ruimte vir onderhoude, essays, seminare en rubrieke wat toonaangewende menings uitspreek.
LitNet's space for interviews, essays, seminars and columns that express groundbreaking opinions.

JPJ van Rensburg, professor in Grieks op Stellenbosch, die man wat eerste was om die ou Grieke rêrig Afrikaans te laat praat

Gerrit van Wyk Kruger Menings 2019-08-07

"Ek is waarskynlik die enigste (hoewel veel latere) tydgenoot van wyle professor JPJ van Rensburg van Stellenbosch wat nog oorgebly het om, uit eie meelewing as oor- en oog-getuienis, hierdie verhaal in enige diepte te kan vertel."

Foeta Krige, die joernalis wat geweier het om ’n skoothond te word: ’n onderhoud

Jean Oosthuizen, Foeta Krige Onderhoude 2019-08-07

"’n Goeie joernalis is nuuskierig, maar eties, welbelese en ingelig, in voeling met die samelewing maar met ’n gesonde en natuurlike agterdog (George Claassen noem dit ’n 'bullshit detector')."

Spookstories: Stellenbosch of Dwelmbos? – 'n ware verhaal

Spook Louw Menings 2019-08-06

''’n Baie meer dringende probleem is dat my sigarette op is en dat die Reijger, Drommedaris en Goede Hoop skynbaar sopas in my brein anker gegooi het en jare van kak en swaarkry elke sekonde in elke stukkie van my lyf afspeel. Ek voel sleg. Ek kort 'n dop."

Gelyke Kanse-persverklaring: Konstitusionele Hof-toetssaak oor taal

PH Spies Universiteitseminaar | University Seminar 2019-08-06

Groot belangstelling heers onder akademici en in onderwyskringe oor 'n toetssaak in die Konstitusionele Hof rakende die omstrede kwessie van die reg tot onderrig in Suid-Afrika se inheemse tale op tersiêre vlak. Hierdie saak word Donderdag 8 Augustus 2019 in die Konstitusionele Hof in Johannesburg aangehoor.

LitNet Akademies (Opvoedkunde)-seminaar: Skoolhoofde en leierskap

Remona Voges, Mkululi Nompumza SA Skoleseminaar | Schools Seminar 2019-08-06

"I am of the opinion that when one is a part of an organisation, it is one’s experiences in decision-making that engender a sense of belonging and purpose."

Krimifees ’n Suid-Afrikaanse eerste

Bettina Wyngaard Rubrieke 2019-08-06

"Terwyl elke plaaslike literêre fees ’n paar panele vir krimi-skrywers het, is hierdie die heel eerste fees wat gewy is aan misdaad skryf in al sy aspekte."

WhatsApp as ondersteuningsplatform: ’n onderhoud

Naomi Meyer, Leah Slinger-Steenberg, Doria Daniels SA Skoleseminaar | Schools Seminar 2019-08-05

"In Suid-Afrikaanse staatskole is dit nie ongewoon dat leerders in ’n derde of vierde taal onderrig word nie."

Hoekom raak vroue verlief op moordenaars?

Carla van der Spuy Menings 2019-08-05

"Die redes hoekom vroue met mans agter tralies afhaak, het my nog altyd gefassineer. Wat sou die aantrekkingskrag wees?"

Langenhoven se 1923-verbeeldingsvlug maan toe

Koos Holtzhausen Menings 2019-08-04

"Die onlangse 50-jarige herdenking van Neil Armstrong-hulle se besoek aan die maan roep Langenhoven se boek Loeloeraai in herinnering. Loeloeraai is in 1923 uitgegee en is waarskynlik die eerste wetenskapfiksieboek wat in Afrikaans verskyn het."

Lindau Nobelpryswenners-vergadering: ’n onderhoud met twee studente

Cliffordene Norton, Hannes Thiersen, Hester Schutte Onderhoude 2019-08-02

Twee studente van die Noordwes-Universiteit (NWU) is vanjaar gekies om die beroemde jaarlikse Lindau Nobelpryswenners-vergadering by te woon. Hester Schutte, ’n PhD-student, en Hannes Thiersen, ’n MSc-student van die Sentrum vir Ruimtenavorsing in die Fakulteit Natuur- en Landbouwetenskappe, het die vergadering van 30 Junie tot 5 Julie 2019 in Duitsland bygewoon. Die Lindau-vergadering bring 30 Nobelpryswenners en ongeveer 600 beste voorgraadse en PhD-studente en navorsers ter wêreld bymekaar. Cliffordene Norton gesels met hulle.

Gedagtes oor die aanbieding van Bettina Wyngaard se "Hoekom sukkel liberal whiteys so om rassisme te veroordeel?"

Jaco Wium Menings 2019-08-02

"Ek het al gesien hoe mense ophou wil baklei en begin luister danksy 'n heel eenvoudige en eerlike erkenning van 'n ander se perspektief."

NouNet-mening: Skuldlas

Hendrik du Plessis NouNet 2019-08-02

"Waarom het ek nie hierdie goed op skool geleer nie? Wiskundig kan ek Sin, Cos en Tan om mooi kurwes op grafieke te trek, en ek kan Shakespeare verstaan, ek weet waar Saul vir Oupoot moes skiet en ek weet darem waar goud op die periodieketabel lê. Maar van belasting, lenings, bankrekenings, rentekoerse, dienskontrakte, en aansluitingskontrakte moes ek op die harde manier leer."

NouNet: publiseer jou mening op LitNet!

LitNet NouNet 2019-08-02

Het jy geweet jy kan op LitNet publiseer? LitNet gaan R1 250 beskikbaar stel aan die skrywers van NouNet-meningsartikels. Jy pen jou mening oor enigiets onder die son neer. Verkieslik iets aktueels, maar dit kan ook oor boeke, reis, of die lewe in Suid-Afrika, die liefde of iets wat jou irriteer, gaan. Laat hoor van jou!

NouNet-mening: Die Stilswye van Stilte

Kanya Viljoen NouNet 2019-08-02

"Maar is ons, as samelewing, besig om stilte te verloor? Is die idee van stilte, soos sekere dierspesies, besig om uit die kollektiewe geheue van die samelewing te verdwyn? Kan ons wérklik stil word?"

Mandeladag 2019: Alwyn Roux in gesprek met Andries Oliphant en Yves T'Sjoen  

Alwyn Roux, Yves T'Sjoen, Andries Oliphant Onderhoude 2019-08-01

Ter viering van Mandeladag op Donderdag 18 Julie 2019, het Alwyn Roux met Andries Oliphant van Unisa en Yves T'Sjoen van Universiteit Gent in gesprek getree oor hulle ervaring van die sewentigs en tagtigs in Suid-Afrika, die oorgang na ’n demokratiese bestel in die negentigs, en die eerste twee dekades van die Nuwe Suid-Afrikaanse samelewing.

LitNet Akademies (Opvoedkunde)-seminaar: Skoolhoofde en leierskap

Remona Voges, Darius Erasmus SA Skoleseminaar | Schools Seminar 2019-07-30

Remona Voges het met ’n musiekonderwyser, Darius Erasmus, gesels om uit te vind wat effektiewe leierskap in Suid-Afrikaanse skole vir hom beteken: "Die genot lê in gelukkige kinders. 'Only if they keep the teacher happy.'"

Veeltalige universiteite: ’n onderhoud met Emma Groenewald

Naomi Meyer, Emma Groenewald Onderhoude 2019-07-30

"Veeltaligheid kan mense verdeel, maar ook mense bymekaar bring. Die onus rus op die individu – indien ek bereid is om 'n ander taal aan te leer, al is dit net basiese kommunikasie, is ek bereid om van 'n ander te leer, respekteer ek die individu vir sy taaldimensie en beweeg ons nader na mekaar."

OB alweer in die sop

Bettina Wyngaard Rubrieke 2019-07-30

"Ek dink sy is absoluut lojaal en pligsgetrou in die uitvoering van haar pligte. Sy doen presies waarvoor sy aangestel is. Sy was waarskynlik net nooit aangestel om die openbare belang te beskerm nie."

Harry Kalmer en die troos van telefoontekste

Marita van der Vyver In memoriam 2019-07-28

"Terwyl ek my vingers oor die skerm rol en Harry se snaakse, slim, simpatieke, aweregse opmerkings lees, kan ek my verbeel hy's nog hier, kan ek myself amper oortuig dat ons jarelange internetgesprek net tydelik onderbreek is. Terwyl die nuus insink – en dit gaan lánk vat om werklik in te sink, weet ek nou al – het ek darem die triestige troos van telefoontekste."

Die tyd raak kort: 'n pastiche ter nagedagtenis aan Harry Kalmer

Jean Meiring In memoriam 2019-07-28

Jean Meiring bring hulde aan Harry Kalmer.

Top