Menings
LitNet se ruimte vir onderhoude, essays, seminare en rubrieke wat toonaangewende menings uitspreek.
LitNet's space for interviews, essays, seminars and columns that express groundbreaking opinions.
Rassisme, nasionalisme en die Gereformeerde tradisie: ’n onderhoud
2019-08-29"Ek het die radikale politieke omwenteling in ons land gedurende die 1990’s as ’n kind meegemaak." Pieter GR de Villiers gesels met JA Schlebusch oor sy artikel.
NouNet-mening: ’n Plaaskind probeer die K53 en die ongeskrewe padreëls van die stad met mekaar vereenselwig
2019-08-29"As plaaskind was dit vir my glad nie ’n probleem om uit te figure hoe om met die plaasbakkie te ry nie. Dit was eintlik heel eenvoudig. Maak seker die bakkie is uit rat, draai die sleutel, trap die clutch in, verander na eerste en trap die petrol. Daar gaan jy!"
Op weg na die volheid van die Afrikaanse taal
2019-08-28"Afrikaans is gevorm in die monde van al diegene wat aan die Kaap en in die binneland gebly het. Dit is in hierdie kreooltaal dat ons die oorblyfsels van die slawe se vreemde tale hoor, en die spore van hul ervarings."
Resensie: My mother’s mother’s mother deur Pieta van Beek en Annemarié van Niekerk
2019-08-28"Die titel van die boek is geneem uit Diana Ferrus se Ons komvandaan en dit word ingespan om die boek te raam as ’n teks waarin dit juis generasies vroue is wat deur hulle skryfwerk aan die woord kom."
Ou vlae, nuwe vrae
2019-08-27"Ten beste is AfriForum en hul ondersteuners onsensitief vir die ongelooflike skade wat aan swart mense spesifiek, en die breër samelewing in die algemeen, aangedoen is onder die gewapper van die ou vlag. Onsensitief op dieselfde manier as wat dit onsensitief is om die swastika by Joodse geleenthede te vertoon."
kykNET Silwerskermfees 2019: Wat’s in die spieël? Dagboek van ’n filmfees
2019-08-26"Wat is in die spieël? Dink ons krities genoeg oor die keuses wat óns maak in die lig van Bass se keuse en protes? Kan ons in solidariteit met Bass staan oor die objektivering van die vroulike liggaam, terwyl ons die omstredenheid terselfdertyd sien as ’n geleentheid om ’n gesprek oop te maak en krities te dink oor die objektiverings waaraan ons self daagliks skuldig is?"
kykNET Silwerskermfees 2019: Leon van Nierop se indrukke
2019-08-26"Die fees is verby. Tone is nie net in koue water gedruk nie, maar karakters en filmmakers het sommer kaalbas aan die diep kant ingespring."
kykNET Silwerskermfees 2019: Ikoniese verhaal van Racheltjie de Beer tot rolprent verwerk
2019-08-23“Die film bring gestalte, klank, beeld en ’n vars blik op ’n storie wat vir dekades lank in die gehoor se verbeelding geleef het.” Dít is wat die rolprent Die Verhaal van Racheltjie de Beer uniek maak, meen regisseur Matthys Boshoff. Hy vertel vir Marli van Eeden meer oor die rolprent.
Vannie Kaap memes: an interview with Samantha Roman
2019-08-23Vannie Kaap memes are super popular on social media. Cliffordene Norton interviews Samantha Roman about her thesis, entitled: "What Kaaps brings to the table: A sociolinguistic analysis of the intersection between language, food and identity in Vannie Kaap memes".
NouNet-mening: Beteken bo vyftig dat jy breindood is?
2019-08-23"Ons kan die internet 'surf' dat jou kop draai ... Ons reis alleen oorsee, ons klim Kilimandjaro en ons gaan stap die Camino ... Ons kan somme maak sonder ’n sakrekenaar of daai toepassinkie op jou slimfoon. Ons kan spel, ons kan ordentlik oor ’n telefoon praat ... Ons kan ’n debat voer in ’n raadsaal sonder om elke vyf minute op ’n selfoon te kyk."
Mercy Kannemeyer skryf oor Azille Coetzee se In my vel
2019-08-23Mercy Kannemeyer het onlangs met Azille Coetzee oor haar debuut In my vel gesels. Mercy skryf oor dié insiggewende gesprek.
Waarom kunsmuseums of waarom hoegenaamd kuns?
2019-08-23"In die museumkafee waar die gesprek plaasvind, is ’n groot klipmuur met San-rotskunsfigure daarop. ... As die mens tóé al nie sonder kuns kon leef nie, hoe sal die mens vorentoe daarsonder kan leef?"
Oproep om referate: Ontlaering 2020
2019-08-22Eerste oproep om referate: Ons nooi veral opkomende akademici, en navorsers en dosente wat in België, Nederland, Pole, Aruba, VSA, en Namibië met/oor die Afrikaanse letterkunde werk om deel te neem. Voorleggings van tot 300 woorde word ingewag teen die einde van September 2019, by unlaagering@gmail.com. #transnasionalisme #ontlaeringprojek
Herstandaardisering van Afrikaans: die tameletjie en uitdaging van opsies en besluite
2019-08-21"Die suksesvolle toekoms van die herstandaardisering van Afrikaans lê in versoening van variëteitgemeenskappe van Afrikaans en samewerking tussen taalorganisasies, taalliggame en universiteitsdepartemente."
Politieke vs kriminele vs morele aanspreeklikheid en die ANC-effek
2019-08-21"Almal gaan rustig voort met hul lewens en hul bedrywighede. Hoekom is daar geen gevolge nie? Smallnyana skeletons. Want niemand se hande is skoon nie. Niemand kan dus die vinger na ander wys, of hulle teregwys nie."
Aanvaar Afrika(ans) aan die US
2019-08-20"Dit is tyd dat ons weer eer bring aan hierdie vasteland wat ons taal help vorm het en dat ons ons deel doen om haar ander kinders ook te help."
NouNet-mening: Somers in Skotland
2019-08-19"Dit is werklik merkwaardig en spesiaal vir my om as skrywer en jong man weer hierdie tyd van die jaar in Skotland te wees. Edinburg is as UNESCO se eerste stad van Literatuur aangewys en Harry Potter-liefhebbers stroom steeds na die kafees waarin JK Rowling geskryf het."
Gelyke Kanse: Afrikaans, die sondebok
2019-08-15"Miskien het ons nog nie genoeg gedink oor die perverse kinkel wat sondebokkery in ’n koloniale samelewing soos ons s’n kry nie. Een, twee, drie, vier staan hulle in ’n ry: die rooi gevaar, die swart gevaar, die regse gevaar ... en Afrikaans. Op hierdie nimmereindigende zombie-banket kom sit ons altyd weer aan vir nog ’n gemarineerde, diepgebraaide stukkie van die sterwende droom om in hierdie land 'ons' te kan sê."
Gelyke Kanse: ’n onderhoud met Philip Spies
2019-08-15"Gelyke Kanse glo egter ook dat hulle saak oor meer as slegs taalregte gaan. Dit gaan ook oor Suid-Afrika se volhoubare ontwikkeling."
LitNet Akademies-resensie-essay: Koshuis en Hostel
2019-08-15"Selde die laaste tyd het ’n essay my geraak soos die opsommende een deur Enrico Pedro voor in die boek Hostel, saamgestel deur Hein Willemse en William Murray. Dit het ’n ongemaklike vraag geskep: In al die jare na die seminale Junie-opstande onder swart skoliere wat in Soweto begin het, het ek, en waarskynlik baie ander mense, die UWK se bydrae as ’n randverskynsel gesien."
