Twee verbyryskietvoorvalle tydens Nuwejaar-feesvieringe in Johannesburg het 2020 op ’n tragiese noot ingelui. By die gewilde Poppy’s-restaurant in Melville is twee vroue doodgeskiet en minstens ses ander mense gewond toe daar uit ’n BMW op die restaurant losgebrand is.
In ’n ander voorval op Nuwejaarsoggend is minstens 11 mense gewond toe ’n man wat op die Nelson Mandela-brug gestaan het, geskiet het op ’n groep partytjiegangers wat die nuwe jaar tydens feesviering op die Mary Fitzgerald-plein in Newton, Johannesburg begroet het.
LitNet het Afrikaanse skrywers wat ’n verbintenis met Johannesburg het, gevra om hul gewaarwordinge oor dié gebeure met lesers te deel.
Lees die bydraes hier:

